Page 2 of 4
Re: Swak werk
Posted: Sun Oct 30, 2011 9:28 am
by Zack Benade
Hallo Almal
Dieselfde probleem het my ook oorgekom. Ek het na een van die duurste taxidermis in die land gegaan en hulle het my cape ook nie gebruik nie. Ek het my eerste rooibok met die boog wat 'n Black Face impala was opgestop. Toe ek hom terugkry was dit 'n gewone rooibok cape.
Ek was baie teleurgestel en het die taxidermis laat weet. Na 'n geveg het ek belowe om sy naam en sy werk te noem tussen al my skietvriende. Dit gaan nie vir my oor die geld nie want hy het my hele memory verwoes. 'n Ander cape sal die nie beter maak nie.
Ek moes opgestaan het vir my reg en hom vir skadevergoeding aangevat het. Deur my geld terug te vat is ek nog steeds slegter af. Dit maak my kwaad as mense in ons klein skietwereld mekaar openlik verneuk en nog steeds wegkom hiermee.
Groete
Zack
Re: Swak werk
Posted: Wed Nov 09, 2011 2:14 pm
by Gameskin
Johan as ek mag vra waar het jy dit laat doen.??
Re: Swak werk
Posted: Wed Nov 09, 2011 8:27 pm
by Johan04
Gameskin
Ek is op die oueinde op 'n goeie voet met die mense uitmekaar,so ek gaan nie hul naam hier bekend maak nie.
Hoop jy aanvaar dit so.
groete
Johan
Re: Swak werk
Posted: Thu Nov 10, 2011 2:24 pm
by Gameskin
Re: Swak werk
Posted: Fri Nov 11, 2011 7:43 am
by Frederik
Ons het al heel paar stelle afgetrap met taksidermie oor die jare en ek moet se dit is nie maklik om iemand in die hande te kry wat weet wat hy doen en terselfde tyd sy papiere by die huis ook reg hou nie. (Dit is nou meestal met uitvoer van trofees)
Net 'n voorstel of twee volgende keer as julle 'n trofee gaan ingee wat opgestop moet word.
- Maak seler die cape word ordentelik gecape en hanteer.
- Vervoer van bok na slagplek, moet nie die bok sleep veral op die dele wat jy wil laat opstop. Pak gras, takke en blare onder die bakkie dat die bok nie skuur teen die bak en hare verloor selfde as sleep net op die nodige dele.
- Koedoe, njala, bosbok, eland en rooibok onder andere kry verskriklik maklik "hairslip"
- Blou/Swart wildebeeste, blesbokke en hartbeeste kry nie so maklik "hairslip" nie.
- In die warmer jagtye veral maak seker die vel kom af so spoedig moontlik en koel hom af kry bak emmer en gooi sout en water as mengsel nog beter gooi proppie Detol ook by as die vel klaar gecape is, nie net tot by die kop nie. (Geen metaal bakke nie die soute sal roesmoerke los op die vel)
- As dit warm is en jy wag vir vervoer na slagplek gooi maar jou drinkwater oor die bok se cape uit en vryf dit liggies in enige iets om die vel vinniger te verkoel.
- Voor jy begin slag kan jy die cape en dele rondom afspuit dal dit vinnig verkoel.
- By trofees kom cape eerste en dan die vleis cape die dier tot by die nek en sny kop af voor jy verder slag en binnegoed uithaal. (Koel cape af met water)
- As jy jag waar dit koud is het jy meer tyd om jou dinge te doen.
- Klaar gecape beteken oore omgedop, lippe, neus gesny en vel kompleet van die kop af.
- Leer jouself gerus hoe om dit te doen want baie van die hande op die plase weet nie hoe om dit reg te doen nie.
- Dit vat tyd ja maar hoeveel trofees gaan jy op so een trippie skiet en hy gaan baie lank in jou huis staan.
- Dan los die cape in die soutwater mengsel vir so paar uur of oornag.
- Hang die cape oor hout tot hy "drip dry" is en dan sit jy hom in die sout en maak seker die sout word ordentelik in die voue, ore en lippe ingevryf.
- As die cape nog nie droog is maar julle moet ry rol hom op met die sout en vat hom so saam.
- Moet nooi 'n nat cape in plastic vervoer nie die plastiek laat die vel sweet, gooi hom liewers oop in bakkie.
- Merk die skedel en cape as jy nie tags het nie maak seker jy verlaat nie die taksidermie voor jy sien die skedel en cape het jou tags op met die regte besonderhede nie.
- En dan maak seker jy gee jou trofee met die regte papierwerk in jagregte en permitte.
Daardie paar stappe en daar is nog baie meer maak seker dat jy jou deel gedoen het om die vel te versorg as jy dit reg gedeon het en jy jou trofee terugkry met hairslip verkeerde cape slegte werk dan weet jy wie het die fout begaan.
50% van trofees se kondisie word in die veld gedoen die ander 50% is uit jou hande.
Dan neem fotos van paar verskillende hoeke en meet die dikte van die nek net agter kop en dan waar die nek en lyf bymekaar kom ander goeie mates is oog tot neus en oog tot oog as jy die mates gee vir die taksidermie dan moet hy die dit aanpas totdat die bok by die regte mates aankom.
Dit is 'n klomp werk en paar goed om te onthou maar daardie troffe gaan jy jare voor kyk dit is die moeite werd.
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:09 pm
by Geno
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:13 pm
by Skolla
Die kameraman is seker vrek lelik?
Lyk of hulle vir hom geskrik het!
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:13 pm
by Nuweseun
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:16 pm
by BLOK
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:25 pm
by Geno
Waar's die boogforum manne? Daar was op 'n tyd 'n rooikat op gewees wat BAIE sleg gedoen was. Dalk kan iemand vir ons daai foto soek en opsit.....
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:27 pm
by Nuweseun
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:29 pm
by Beretta
Geno
Nou weet ek waar my buurvrou se kat is jou straat kat

Beretta
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:34 pm
by Gerhard
Ek huil my dood as my trofee so lyk.
Waar kry n man weer die geld om n luiperd te gaan jag omdat n taxidermy jou trofee op gedinges het...

Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:44 pm
by Nuweseun
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:48 pm
by Geno
Dis hy ja!!!!!!!
Die Taxidermis is mos van Bethal af?
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:50 pm
by Beretta
Ludwig
Nee hel het die kat aids

en die buurvrou se vals tande
Beretta
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:51 pm
by Nuweseun
Daai kat lyk of hy uit 'n gremlin fliek uit kom?!!!
Ek is stom geslaan!!!!
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:51 pm
by Gerhard
Daar val ek weer van my stoel af oor daai Rooikat soos ek lag...
Moes in Geno of Blok vas geloop het 02:00 die oggend... :o ;D
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 3:58 pm
by BLOK
Gerhard
Loop skeit, dink eerder is hierdie kat se broer wat ek die week een aand as n uil misgis het

sy en daai uil se oe is darem amper eeners. Dalk n reuse oor uil die wyfie beet gekry en dis die nageslag

Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 4:13 pm
by Rigby
Dankie Boys!
Ek het nou die stukkie humor nodig gehad! Knerses sou darem wat wou gee om so gebit in die hande te kry om sy haaspasteie mee te verslind...
Re: Swak werk
Posted: Wed Dec 21, 2011 4:52 pm
by theedge
Re: Swak werk
Posted: Fri Mar 16, 2012 8:36 am
by Roger
Julle maak my bang

Ek is vanoggend laat weet my goete kom more middag 3uur. Ek het dit Julie & Aug al in gestuur.
Roger!
Re: Swak werk
Posted: Thu Mar 22, 2012 12:36 pm
by johan1
Ek het nou myself amper doodgelag vir daai mounts, dis n absolute skande, ek sal name en shame as dit met my gebeur, daai mens hoort nie in die bedryf nie, Jy betaal jou stert af om te gaan jag, en die kans dat jy iets spesiaal skiet gebeur min..... dan moet so iemand kom en alles op voeter. nee nee !
Name en shame!!!!!. Manne en maninne , julle moet mooi huiswerk doen voor julle gaan inhandig. Ek vat niemand se woord nie ..ek gaan kyk self. gaan doen selfs huiswerk voor jou jagtrippie en kry verwysings. Ek slaan daai krom rooikat weer in stukke met n piksteel
johan1
Re: Swak werk
Posted: Thu Mar 22, 2012 1:56 pm
by Marc
Ker?ls dis bitterhartseer vir die man wat gehoop het om iets oor te hou na die jag MAAR .....
BWHAAAAHAAAAAHAAAA, LMGA vi daai kat, watter cartoon kom hy uit

Re: Swak werk
Posted: Fri Mar 30, 2012 8:37 pm
by LouisR
Hierdie fotos raak net al erger. As die manne dan nie wil name en shame nie, wat van plekke noem wat goeie werk doen sodat ander hul kan ondersteun nie? 'n Mooi trofee bly daem iets besonders.