Page 2 of 2

Re: Hatsan At 44

Posted: Fri Nov 24, 2017 12:13 pm
by Ratel
Carl wrote:Ratel,
Jy kan die mynah's op 70m roer. Ek het n duif op 90m geskiet. Baie lekker geweertjie.
Gaan na Tiger Wheel en vul daai silinder met Nitro! Dan kan jy die mynahs (algemeen bekend as Guptas) op 202m roer. AS jy nog die koele in silikon week oornag druk jy maklik 281m uit hom. Die wind maak hulle ook niks want hulle is snot glad so die BC is onberekenbaar.

Geluk met die nuwe speelding!

++>: ++>: Carl jy sal maak dat ek dit doen en dan terugkom en Oom Pine en Fanie stories hier vertel.

Re: Hatsan At 44

Posted: Sat Nov 25, 2017 4:30 pm
by Zuku
https://www.airrifle.co.za/ alle info wat jy soek hier beskikbaar

Re: Hatsan At 44

Posted: Thu Dec 21, 2017 10:40 am
by Ratel
So bietjie terugvoer. Ek was altyd skepties oor die Turke se roere wat hulle maak. Ek was aangenaam verras. Ek skiet JSB Monster 13, iets gr koeeltjies met die geweer. Eerste 10 skote 10 mynas waarvan die verste ongeveer 50 meter was. Ek is beindruk met die roer en op 15 meter dooie rus skiet ek gereeld verskeie skote waarvan almal mekaar sny. Dankie vir almal se raad hier oor die roer.

Re: Hatsan At 44

Posted: Tue Sep 11, 2018 4:20 pm
by IanR
Ek verneem die At44 is 5.5mm?
Watse pellets se julle werk beste? Ek het net altyd met die JSB 18gr geskiet.

Re: Hatsan At 44

Posted: Tue Sep 11, 2018 8:31 pm
by Ratel
IanR wrote:Ek verneem die At44 is 5.5mm?
Watse pellets se julle werk beste? Ek het net altyd met die JSB 18gr geskiet.
Nee jy kry hom in 4.5 mm ook. Ek skiet JSB monsters.

Re: Hatsan At 44

Posted: Mon Dec 24, 2018 7:31 am
by Ratel
Ouens dis nou bietjie meer as 'n jaar dat ek my PCP aangeskaf het. Wat 'n plesier om met so 'n akkurate windbuks te skiet. Ek kan spog om te se dat feitlik elke skoot 'n mynha oplewer. Die verste skoot ongeveer 60m dooierus.
Ek lees gister Herman Jonker se artikel in die Januarie SA Jagter tydskrif en kry sommer so 'n warm gevoel want ek vereenselwig presies met wat hy skryf. Daar is beslis plek vir 'n akkurate windbuks in 'n man se arsenaal.

Re: Hatsan At 44

Posted: Mon Dec 24, 2018 6:14 pm
by Barry Loock
Definitief.
Ek het nou nie n Hudson maar
CZ 200T geniet ek baie

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Hatsan At 44

Posted: Tue Dec 25, 2018 6:13 am
by Blitzzz
Verseker! My AirArms doen ook die meeste diens in my arsenaal. Plesier om te skiet en is super akkuraat.


Sent from my iPhone using Tapatalk