Page 2 of 3

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Wed Oct 26, 2011 5:31 pm
by Jaco Swart
Wout

Jammer om te hoor.

Wat het gebeur?

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Wed Oct 26, 2011 5:54 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne

Dankie vir die woorde n mens het dit maar nodig.

Die manne het gister probeer n bloed en maaginhoudmonster vat maar die renoster het erg begin ontbind vanwee die warm weer wat veroorsaak dat die twee monsters nie veel beteken nie. Sy maag was wel vol lusern. My beste raaiskoot is maar stres tesame met dihidrasie. Dieselfde ding het n paar dae vroer gebeur met ons vennoot in hierdie renosterprojek. Syne het meer te doen gehad met die vangers wat nie hulle storie geken het nie en te laat in die dag die dier gevang het.

Die kameelperd se kondisie het maar redelik agteruit gegaan die jaar nadat hy 6 jaar terug n 416 Rigby koeel in die heup ontvang het. Ons het maar gehoop en bid hy hou vir hierdie jagtog maar dit was toe nie vir ons beskore nie.

Groetnis
Wouter

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Wed Oct 26, 2011 6:23 pm
by axe942
Ai... Sterkte daar.

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Wed Oct 26, 2011 8:58 pm
by JPS
Ai Wout,

Dit iis nou verskriklik jammer, sterkte vir julle manne daar.

JP

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 7:10 am
by grumpy
Aai. Dit is so hartseer. n Man sien so uit na die nuwe dier maar ons weet nie wat gaan aan in hulle koppe nie en al die stress saam met dit.

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 7:37 am
by Gerhard
Wouter,

Jammer om te hoor van die slegte nuus.

Het jy hom verseker?

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 7:43 am
by GreyGhostGear
Ai Wouter,

Dis nou sommer baie hartseer. Dink aan julle,

Sterkte en sterk staan,
Petrie.

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 7:46 am
by BLOK
Wout

Dis nou groot skade, wragtag slegte nuus. Mens het gewoonlik soveel verwagtinge en dan kom iets soos dit en sit mens weer heeltemal terug. Ek hoop julle het virsekering op die diere gehad want anders is dit boonop n groot finansiele verlies ook.

Sterkte

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 8:09 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

Weereens dankie vir die medelye. Ja ons het darem die renoster verseker maar as jy die versekeringsbedrag in ag neem plus die 15% bybetaling dan is daar nogsteeds n groot verlies bedrag ter sprake. Dit was ons eerste tree met eksotiese wild so n persoon is maar nou huiwerig met verdere beleggings. ??? Maar soos hulle se wie nie waag nie wen nie!

Groetnis
Wouter

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 8:21 am
by Geno
Baas Wout.

Jammer om te hoor mater, sulke goed gebeur ook maar. Sterk staan, en soos jy s?: "wie nie waag nie, wen nie!".

Groete,
Eugene

NS. Was daar nie dalk baaltou of iets in die lusern nie?

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 8:57 am
by Wouter Roets
Geno

Dit is een van die eerste dinge waaroor ons seker gemaak het. Die renoster het lank op boma gestaan so n mens weet nie wat daar gebeur het nie. Maar daar is geen tekens daarvan nie.

Groetnis
Wout

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 10:19 am
by FE
Jammer om te hoor van jou groot skade.

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 12:31 pm
by DWB
Baie jammer om te hoor.

Mag julle met 'n nuwe dier in puik kondisie geseen word.

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 2:09 pm
by baboonstalker
Wouter, Beste wat jy nou kan doen is om die twee horings vyn te maal en te b?re vir "tye van nood" Vroulief dink straks die Noster is die beste belegging wat jy nog gemaak het!

Sterkte, dinge loop nie altyd klopdisselboom nie, maar soos die manne ges? het, wie nie waag nie wen nie en die ou wat nognie verloor het nie, het nognie probeer nie.

BS

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Thu Oct 27, 2011 2:33 pm
by Skolla
Wouter

Jammer oor julle verlies.
Ek wil graag weet, mag jy nou daardie horings verkoop? Alles was tog wettig.

Skolla

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 10:19 am
by Wouter Roets
;D ;D ;D Ek glo as jy dit doen gaan dinge sommer punt in die wind wees!

Skolla

n Mens kan ongelukkig geen handel dryf  in renoster horing nie. Ek mag daai horing nie eers aan jou verkoop vir een rand nie! Die versekerings maatskapy vat gewoonlik die horing. :'( Daai horing is n minimum van R650 000 werd.

Groetnis
Wouter

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 10:44 am
by BLOK
Wouter

Dink jy nie dalk in jou geval is dit dan eerder beter om nie die versekering te gebruik nie. Met die wat hulle dalk wil horing handel wettig is dit nie n moontlike beter lang termyn belegging nie. Dit is mos n wettig gekoopte dier wat natuurlik gevrek het so jy behoort tog binne die wet te wees as jy die horing hou en stoor. Al wat nou gaan gebeer as jy eis is versekering gaan oor n jaar of twee daai horing verkoop en duisende op jou verlies maak.

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 10:51 am
by baboonstalker
Die horing se wettige markwaarde is R0 omdat jy nie in hom mag handel nie. Kan jy nie die "trofee" by die versekering koop en ten minste die noster teen jou muur hang as aandenking?
As die mark dan oopmaak het jy altyd die opsie om jou trofee te verkoop. (ek wonder wat die markwaarde van horing sal wees as handel daarin wettig is?)

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 11:07 am
by Boerseun123
Jammer om te hoor Wout! Dit is 'n slegte hou en groot verlies. Moet net nie moed verloor nie! In wat ek gelees het vroeer in die thread is julle koppe reg opgeskroef om met die volgende projek sommer dubbel terug te kry!!! Hierdie was bad luck en dit gebeur. Moet nie dat dit julle onder kry nie!

Groete
BS

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 12:15 pm
by Skolla
Wouter Roets wrote: Die versekerings maatskapy vat gewoonlik die horing. :'( Daai horing is n minimum van R650 000 werd.
Voor ek hom vir hulle gee teen daai prys snuif ek hom self op!

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 3:16 pm
by Wouter Roets
Blok

In die toekoms met die moontlike oopstelling van handel sal dit defnetief beter wees om nie te verseker nie maar huidig sal jy dom wees om nie versekering uit te neem nie. Dit is maar gewoonlik net met die vangs en vervoer waar daar n redelike risiko is. Wat met ons gebeur het is maar die uitsondering op die reel. Renosters is een van die gehardste spesies en gee oor die algemeen min probleme. Ons vennoot in die renosterprojek is bitter groot in die bedryf en het nog bitter min sulke probleme ondervind.

Manne wanneer die dier gevrek het is hy die eiendom van die versekeringsmaatskappy en met die monntlike oopmaak van handel in die renosterhoring sal daar nie n manier wees dat hulle hom nie sal vat nie. Huidig kan jy hom nie koop by hulle nie want dan is dit mos weer handel.

Nee wat ons gaan voort met die eksotiese diere, hierdie is maar net so "klein" struikelblok wat maar net gevat moet word. Ek en my broer het gestraand gelag, so bietjie gehuil en dan maar weer gelag tussen die Jonny Walker's! Was maar seker die braaivleisvuur se rook wat die trane veroorsaak het! Dit is maar al waaraan ek kan dink wat dit veroorsaak het! ???

Groetnis
Wouter

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 4:12 pm
by JACQUES BOTHA
wouter blok neels
So van die osop die jas of is dit nou van die renoster na die magnum
Ek sien die manne en maninne pryk weer trots op die artikel wat pragtig geskryf is deur ons forum dok.
Sien die tikkery maak dat die manne sommer mooi in die magnum skryf..
Op die foto ons eie WOUTER EN Jagtersdok EN sy pragtige dogtertjie..
Mooi gemaak manne ..
Jacques

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 4:20 pm
by BLOK
JB

Nog nie gelees nie maar gesien, stem saam ek dink die forum spoor nogal die manne goed aan en dis lekker om te weet en die skrywers te ken

Neels, weereens mooi gedoen vir haar en ons is almal saam trots

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 4:25 pm
by Wouter Roets
Jacques

Ek was net so verras toe mense my begin bel en se my medesynebal gesig is in die Magnum! Dokkie het nie mens n clue gegee dat hy ietsie gaan skryf nie. Ek dink dit was n pragtige artikel( nie oor dat ek daarin was nie! ;D)

Groetnis
Wout

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 4:38 pm
by Biker
Ek is bly julle is opgewonde maar hoe skiet mens n renoster mis ???Gee my enige dag n skelm jakkals . Soos hulle se " it is like hitting n cow's ass with a racket "
Groete Biker