Page 2 of 4
Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Mar 16, 2018 10:05 am
by LRLaubscher
Ry 2.4 extra cab. Bakkie is ge-chip en degraaf 76mm free flow. 137kw en 507Nm.
My combined average is 9.8km/l en ek ry om te ry. As ek 130-140km/h ry kry ek 11.8km/l
2.4l maak baie meer sin as die 2.8
Soos hy nou staan gee hy n 4liter V6 al sy dae met letterlik dubbel die brand stof gebruik.
Ai, en nie eers te praat van hoe naer ek die Ford manne maak nie. Hulle kan nie verstaan hoe die 2.4tjie n 3.2l so pak slae gee nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Mar 16, 2018 11:39 am
by DWB
Apie wrote:Kallie404 wrote:Apie wrote:Ek ry die 2.4 dc 4x4 handrat met kappie nou so 64000km
Langtermyn gemiddeld so 11km/l
Ek ry maar gewoonlik bietjie nader aan 145 as aan 125 se kant.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Ek sluit aan by Apie. My vrou ry ook 2.4 DC handrat met kappie op en sy kry ook gemiddeld by die 11km/L. Het so week terug n maat se 2.8 Auto gery en sal nie ons 2.4 hand rat veruil vir die 2.8 nie.....................
Gister vanaf Ottosdal na Piet Retief
50/50 snelweg/distrikspaaie 12.2km/l gekry.
Ek dink die Auto sal dalk so .5 swaarder as die handrat wees.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
En jy groet nie?
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Mar 16, 2018 11:44 am
by Apie
DWB wrote:Apie wrote:Kallie404 wrote:
Ek sluit aan by Apie. My vrou ry ook 2.4 DC handrat met kappie op en sy kry ook gemiddeld by die 11km/L. Het so week terug n maat se 2.8 Auto gery en sal nie ons 2.4 hand rat veruil vir die 2.8 nie.....................
Gister vanaf Ottosdal na Piet Retief
50/50 snelweg/distrikspaaie 12.2km/l gekry.
Ek dink die Auto sal dalk so .5 swaarder as die handrat wees.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
En jy groet nie?
Sal volgende keer stop vir iets kouds!
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Mar 16, 2018 11:52 am
by DWB
Hehehe dis reg... ek was gister in Nelspruit!
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Mar 16, 2018 2:52 pm
by Langeraat
LRLaubscher, wie se chip het jy laat installeer en beinvloed dit enigsins jou waarborg? Daai is 'n hele paar perde en NM wat bygesit is...
Dankie weereens vir al die insette. Ek het toe maar geswig voor die versoeking...

Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Mar 16, 2018 2:56 pm
by Chevvy SS
[quote="LRLaubscher"]Ry 2.4 extra cab. Bakkie is ge-chip en degraaf 76mm free flow. 137kw en 507Nm.
My combined average is 9.8km/l en ek ry om te ry. As ek 130-140km/h ry kry ek 11.8km/l
2.4l maak baie meer sin as die 2.8
Soos hy nou staan gee hy n 4liter V6 al sy dae met letterlik dubbel die brand stof gebruik.
Ai, en nie eers te praat van hoe naer ek die Ford manne maak nie. Hulle kan nie verstaan hoe die 2.4tjie n 3.2l so pak slae gee nie.
Hoeveel loop hy op die speedo as hy vaskas is LR?
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Mar 16, 2018 3:26 pm
by JJV
Ek het al gehoor die Toyota manne hou van Dastek.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Sat Mar 17, 2018 11:50 am
by LRLaubscher
Chevvy, sy canopy hou hom effe vas maar 195km/h op speedo is algemeen. Sonder canopy so 205km/h.
Limiter is ont koppel
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Sat Mar 17, 2018 11:53 am
by LRLaubscher
Langeraat, bakkie so te sê reeds uit plan uit so irrelevant.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Sat Mar 17, 2018 3:07 pm
by 6mmMusgrave
Middag Almal
N Chip en exhaust nul en void jou warranty. As jy mooi praat met die mense kan hulle vir probeer planmaak maar meeste van die tyd nie.
Het al gesien hoe n oom n Land Cruiser V8 se turbo moes vervang omdadat hy n exhaust op gehad het en warranty wou niks weet nie.
As jy n chip het haal hom net voor die service uit en die rekenaar kan niks optel nie.
Groete Jacques
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Sat Mar 31, 2018 1:41 pm
by bokboran
My 2.4 4x4 DC auto gee net net 9km/L
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Jun 18, 2018 6:57 pm
by HJVisagie
bokboran wrote:My 2.4 4x4 DC auto gee net net 9km/L
ek het saamgery op n jag n naweek of wat terug in so ‘n 2.4, ons het brandstof gedeel en het op die ou end 9.5 km/l gegee. Het meestal 130-140 gery met 4 mense en baie bagasie in.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Nov 22, 2018 4:58 pm
by tau
Ek was so windgat oor my 2.4 se brandstof verbruik en sy spoed tot laasweek... ek het my en pel se toer motorfietse agterop gelaai en tot by Nam grens gevat en terug. 6km/l en 140km/h was hardewerk. My bakkie het nou 16000km op. Die bikes afgelaai en terug na normale ry en hy skiet weer na 1okm/l.
Ek het in 8 dae 5600km gery en ons het 2 x 2.8 Hilux 4x4 gehad wat ons vir die rofste dele in die noorde van Nam, Caprivi en Botswana ondersteun het. Hulle het 5.5-6km/l geaverage in die sand en tweespoor.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Nov 22, 2018 7:04 pm
by Apie
My 2.4GD6 D/C handrat met Aluminium kappie op se gemiddeld oor 103000km is so 10.9km/l
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Oct 29, 2019 4:42 pm
by Arnold van Wyk
Sukkel om 9km/l te kry en ek ry mooi, moes nooit outo gekoop het nie daai hmmmm hmmmm hmmmm maak my op.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Oct 29, 2019 6:27 pm
by Apie
Apie wrote:My 2.4GD6 D/C handrat met Aluminium kappie op se gemiddeld oor 103000km is so 10.9km/l
Sent from my iPhone using Tapatalk
My handrat nou op 147000km
Brandstof laaste 15000km met BFG AT bande op so gemiddeld 10.5km/l
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Oct 29, 2019 8:59 pm
by Langeraat
My Lux staan nou op net so onder die 28k km met gemiddelde verbruik van 10.76km/l. Ek ry hom egter nie te hard nie. Heeltemal tevrede sover.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Oct 29, 2019 9:16 pm
by Arnold
Hoeveel van julle gee die verbruik wat die bakkie se rekenaar jou gee teenoor dit wat jyself uitwerk?
Ek het in my vorige voertuie altyd ondervind dat die rekenaars lae brandstofverbruik aanwys.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Oct 29, 2019 9:22 pm
by jankraay
Arnold wrote:Hoeveel van julle gee die verbruik wat die bakkie se rekenaar jou gee teenoor dit wat jyself uitwerk?
Ek het in my vorige voertuie altyd ondervind dat die rekenaars lae brandstofverbruik aanwys.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Daai blerrie ding jok altyd...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Oct 29, 2019 9:55 pm
by Langeraat
Myne se verbruik is gelog met Fillup app van dag 1 af so dit is naby aan ware verbruik.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Oct 29, 2019 10:56 pm
by HunterB
Ek het die 2.4 DC auto 2x4 en ek moet mooi ry (20% dorp en plaas paaie en 80% langpad) om by 10 na 10.5km/l te bly. Hy is standard met die tralies van Toyota
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Wed Oct 30, 2019 6:26 am
by Apie
Arnold wrote:Hoeveel van julle gee die verbruik wat die bakkie se rekenaar jou gee teenoor dit wat jyself uitwerk?
Ek het in my vorige voertuie altyd ondervind dat die rekenaars lae brandstofverbruik aanwys.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Die akkuraatste wat ek nog gesien het was my vrou se 2003 160GLE Corolla, sy rekenaar was spot on!
Die 2.4GD se rekenaar is redelik naby aan die werklike verbruik.
Die swakste nog was ‘n Golf 4 Tdi
Maklik 2km/l meer gewys as die werklike verbruik
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Wed Oct 30, 2019 8:55 am
by Wouter Roets
Boys
Al maak jy die som op jou eie rekenaar by die pomp werk jy nog steeds op die kar se gemete kilo's wat ook gewoonlik optimisties is.
Een van ons bestuurders het nou sy 2.8 4x2 outomaties se ECU sagteware laat doen en het op sy eerste tenk diesel al klaar n 2l/100km verbetering gekry met stadsverkeer. Ek en hy het ook so bietjie bakkies gaan meet en ek moet se ek ry hom nie verskriklik ver weg met my V6 Amarok nie. Ek is heel beindruk.
Groetnis
Wout
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Wed Oct 30, 2019 9:45 am
by Chevvy SS
Boys
Al maak jy die som op jou eie rekenaar by die pomp werk jy nog steeds op die kar se gemete kilo's wat ook gewoonlik optimisties is.
Party heelwat meer as ander Wouter. Ook snelheidsmeters.
As iemand 660 km ry teen 140km/h en 60 liter brandstof ingooi, doen hy mos baie beter as die voertuig wat 620 km ry teen 129km/h ry en 60 liter ingooi? Toevallig was dit 2 bakkies wat dieselfde pad op dieselfde dag gery het met spoedkontrole aan.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Oct 31, 2019 1:23 pm
by tau
My 2.4 is lig op brandstof oor sy speedo so lieg. 140km/h is 129km/h op my GPS.
As jy vrag of waentjie op sy gat sit gaan hy vinnig na 6km/l.
Wouter jou Amarok is seker nie standaard nie? My Pa het die Taureg settings laat opsit

vroetel wa beetle nou.