Page 2 of 2

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Tue Sep 03, 2019 3:55 pm
by Vleisie
Die verskil wat ek gesien en gevoel het met Winchester Defender 124gr +P en Remington Golden Sabre 147gr in ñ G43 is die 124+P nie ñ aangename rondte om te skiet nie. Die 147gr standaard druk is baie gemakliker in die kleiner pistool, vir my vrou wat die G43 gaan dra sal ek verkies dat sy daardie ekstra gemak met die minder recoil het, wat veronderstel is om vinniger opvolg skote tot gevolg te he.
Die 124gr +P is meer hanteerbaar in my G19, maar as ek hulle uitgeskiet het, wil ek ook kyk om oor te gaan na 147gr Ranger T series.

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Tue Sep 03, 2019 4:44 pm
by LUAN
Daar was erens n toets gewees met al die verskillende 9mm sd ammo en daar was gevind dat die 147gr ranger beter gedoen het as die 127gr ivm penetrasie en omklink, bygese dit was nie n groot verskil. Ek dink jy kan maar enige van die goeie betroubare ammunisie gebruik solank jy dit eers toets en hulle 100% funksioneer in jou pistool. Skoot plasing gaan nogsteeds die grootste rol speel.

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Fri Sep 06, 2019 1:38 pm
by Piet375
Lucky gunner labs se toets

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Wed Apr 29, 2020 11:04 pm
by Sean3006
Note to self

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Thu Apr 30, 2020 9:00 am
by Askari
Het iemand al Peregrine se handwapen SD punte probeer?

https://besthuntingbullets.com/312-self-defence

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Thu Apr 30, 2020 9:32 am
by jankraay
Askari wrote:Het iemand al Peregrine se handwapen SD punte probeer?

https://besthuntingbullets.com/312-self-defence
Ek het. Hy het nie so lekker akkuraat in my pistool geskiet nie maar dit wat hy getref het, het hy gemors!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Thu Apr 30, 2020 10:13 am
by Ds J
Askari wrote: Thu Apr 30, 2020 9:00 am Het iemand al Peregrine se handwapen SD punte probeer?

https://besthuntingbullets.com/312-self-defence
Daar was al n verwoede gestry oor die monolitiese SV-koeëls vir handwapens, en ek dink nie dat die einde van die gesprek in sig is nie. Sodra n mens in rustigheid met enige van die voor- of teenstanders van n spesifieke ontwerp praat, klink dit goed. As n ander persoon dieselfde argumente hoor, opper hy weer volgende kommentaar wat die saak anders laat lyk. Ek ken n baie ervare oud-soldaat wat Eliminators dra; net so ken ek n koeël-ontwikkelaar wat THV's dra. Aan die ander kant het ek van n baie betroubare bron gehoor dat die SAP Taakmag met standaard PMP rondtes skiet.

In n handwapen is akkuraatheid belangriker as die soort koeël, ten minste vir die meeste algemene situasies.

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Thu Apr 30, 2020 12:02 pm
by Carl
Ds J wrote: Thu Apr 30, 2020 10:13 am ntwikkelaar wat THV's dra. Aan die ander kant het ek van n baie betroubare bron gehoor dat die SAP Taakmag met standaard PMP rondtes skiet.

In n handwapen is akkuraatheid belangriker as die soort koeël, ten minste vir die meeste algemene situasies.
Arme Takies dis al wat die regering vir hulle koop. Plus hulle is maar soos die res van SAPS gedwing om FMJ te skiet. Beslis nie omdat dit die beste is nie. Vra eerder wat 'n progresiewe en regdenkende regering vir hulle top soldate/polisie gee.

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Thu Apr 30, 2020 12:42 pm
by Ds J
Carl wrote: Thu Apr 30, 2020 12:02 pm
Ds J wrote: Thu Apr 30, 2020 10:13 am ntwikkelaar wat THV's dra. Aan die ander kant het ek van n baie betroubare bron gehoor dat die SAP Taakmag met standaard PMP rondtes skiet.

In n handwapen is akkuraatheid belangriker as die soort koeël, ten minste vir die meeste algemene situasies.
Arme Takies dis al wat die regering vir hulle koop. Plus hulle is maar soos die res van SAPS gedwing om FMJ te skiet. Beslis nie omdat dit die beste is nie. Vra eerder wat 'n progresiewe en regdenkende regering vir hulle top soldate/polisie gee.
Carl, die doel waarom ek dit genoem het, is om te bevestig dat selfs doodgewone en alledaagse volmantel ammunisie baie goeie werk kan doen mits die skote akkuraat is. Dit is die een saak waar jag en SV ooreenstem: niks klop akkuraatheid nie.

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Thu Apr 30, 2020 12:48 pm
by Carl
Ds, die grootste probleem met FMJ is nie doodmaak vermoë nie dit is oorpenetrasie.

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Thu Apr 30, 2020 1:57 pm
by OosKaapJagter
'n Vriend van my in die SAPD het onlangs 'n amptelike skietdag gehad; net so voor alles onder grendel geplaas is. Hulle was toe uitgereik met ammunisie van Russiese oorsprong en nie eens PMP rondtes nie.

Vir die .45 pistool gebruik ek Winchester Ranger T-series 230gr en ook Sig Sauer V-Crown 200gr. Die eerste prioriteit is dat die ammunisie foutloos moet voer sonder enige storings. Die enigste rondtes wat nie daardie toets geslaag het nie was PMP se vlieënde asbakke wat hulle destyds vervaardig het. Die tweede prioriteit is akkuraatheid en hanteerbaarheid. Na hierdie eerste twee toetse geslaag is, kyk ek hoe maak die rondte oop op teikens.

Tans wag ek nog vir my 9mm Ruger se kaartjie waarna 9mm ammunisie relevant sal begin raak. Ek glo ek sal waarskynlik vir iets met 124gr koeëlpunte soek.

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Thu Apr 30, 2020 4:16 pm
by Ds J
Carl wrote: Thu Apr 30, 2020 12:48 pm Ds, die grootste probleem met FMJ is nie doodmaak vermoë nie dit is oorpenetrasie.
Carl, sover ek weet is daar drie sake ter sprake wanneer dit oor die werkverrigting van SV-ammunisie gaan. Help gerus reg as dit nodig is!
  • Penetrasievermoe"
Dit gaan oor die onvermoe" van ouer polisiekalibers soos die .38Spl, .38S&W ens om deur glas, metaal, hout, been ens te skiet en boonop nog voldoende te penetreer om n aanval te stop. Daarom het n mens meer spoed nodig, want dit gee penetrasievermoe".
Die nadeel van die goeie penetrasievermoe" is dat die koeel maklik oorpenetreer. Daarvoor help die holpunt weer.
  • Slaankrag
Handwapens het n redelike lae stopvermoe" tensy n mens van die ou grotes praat, soos bv n 44Mag. Vir die standaard SV-kalibers is dit dus nodig dat elke enkele greintjie slaankrag na die teiken oorgedra word om die aanvaller te stop. 'n Standaard volmantelkoeel wat net n gaatjie voor en agter maak laat te wense oor omdat dit juis nie die gewenste effek op die aanvaller het nie.
  • Oorpenetrasie verhinder
Dit is hier waardie kopseer ontstaan. n Patroon wat voldoende kan penetreer om n aanval te stop, kan maklik regdeur n teiken skiet in iemand of iets anders beseer. n Patroon wat net-net voldoende penetreer om bv die hart met n frontale skoot te beskadig, sal dit nie noodwendig kan doen as n arm raakgeskiet word nie, en ook nie as n mens deur n medium soos n kar se deur moet skiet nie.

Samevatting: die ideale SV-patroon kan dus deur byna enige alledaagse hindernis skiet, genoegsaam penetreer om n aanval te stop, en net genoeg penetreer om nie oormatig te penetreer nie. Dit is inderdaad n taai toffie.

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Sat May 24, 2025 6:37 pm
by Piet375
So die russian SAPD ammo was NET vir skiet oefening. Ander ammo word gebruik operationeel. Nog steeds die selfde ou 115gr FMJ. Sover "dood maak" vermoe gan kan ek die stelling maak FMJ en JHP die selfde vermoe het. Wat maak dood? Bloedverlies( oorgroote meerderheid met handwapens) en/of vernietiging lewensbelangrike orgaan.

Die nuwe "fluted" style koels lyk baie belowend.

Jou beste SD ammo is ranger T(147gr in meeste pistoole of 127gr +p+ uit glock 17 lengte loop), golden sabre en die barnes x. Dan kom jou speer gold dots, xtp is ook nie sleg nie mits jy daai koel kan kry om vinnig genoeg uit jou pistool te skiet.

Vergeer van "slaan krag", geen so ding. Handwapens is nader an .22lr as wat julle besef...

Re: Keuse van SD ammo

Posted: Sat May 24, 2025 7:09 pm
by Piet375
En laaste taakmag gebruik watse ammo hulle wil gebruik. Die eliminator wat op die thv ge baseer is juis vir hulle ontwerp. Die operateurs gebruik watookal hulle wil. Baie van hulle koop hulle eie ammo.