Page 2 of 2

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Fri May 18, 2018 11:31 am
by Jackalsniper
Weet nie hoe waar dit is nie,maar iemand het vertel dat die boere van die omgewing glo n paar
karkasse van gevangde diere voor hulle plaas hek gaan afgelaai het...

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Fri May 18, 2018 11:35 am
by Chevvy SS
Capt. Oblivious wrote:Ek sit en giggel soos n laerskool meisie ++>:
En Boesman vat die gat, hy is oor die halflyn en hy systap 9 man op jaracal, hy's oor die kwartlyn en pass vir Andre, en hy druk hom!

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Fri May 18, 2018 11:39 am
by ruaanb
Chevvy SS wrote:
Capt. Oblivious wrote:Ek sit en giggel soos n laerskool meisie ++>:
En Boesman vat die gat, hy is oor die halflyn en hy systap 9 man op jaracal, hy's oor die kwartlyn en pass vir Andre, en hy druk hom!
Oor die druk weet ek nie....dink Andre gaan fumble as hy pryse sien.

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Fri May 18, 2018 2:55 pm
by PWV
ruaanb wrote:
Chevvy SS wrote:
Capt. Oblivious wrote:Ek sit en giggel soos n laerskool meisie ++>:
En Boesman vat die gat, hy is oor die halflyn en hy systap 9 man op jaracal, hy's oor die kwartlyn en pass vir Andre, en hy druk hom!
Oor die druk weet ek nie....dink Andre gaan fumble as hy pryse sien.
En die bokke bly agter die pale!

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 3:29 pm
by Andre121
PWV wrote:Die mods moet hier ingryp! Klomp ouens wat hierdie nuwe ou nie goed behandel nie!! >:D

Hi PWV

Ek bly in bloubergstrand, het so 3 jaar terug af kaap toe getrek, Jag al omtrent so 15jaar en het al die hele Noordlike provinsies vol gejag.

Ek is opsoek na lekker plase wat ek elke jaar kan gaan jag is nie meer lus om 800km te ry vir n paar bokke nie.

Enige hulp sal waardeur word,

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 3:51 pm
by Andre121
Jag gemeenskappe staan gewoonlik saam, Lyk my nie in die weskaap nie.

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 4:07 pm
by Gian_dP
Andre121 wrote:Jag gemeenskappe staan gewoonlik saam, Lyk my nie in die weskaap nie.
Weskaap staan ook saam. Word deel van die gemeenskap dan sal jy sien.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 4:18 pm
by joe rocket
Verseker, veral as jy n nuwe lid is en jouself gaan voorstel soos die forum reëls vereis.

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 4:37 pm
by Springkudu
Andre121 wrote:Jag gemeenskappe staan gewoonlik saam, Lyk my nie in die weskaap nie.
Hier moet ek met jou verskil. Hier is manne wat ek van geen kant af ken nie wat my in hulle huise genooi het en uit hulle pad gegaan het om my te help, jy sal verseker gehelp word, maar soos hulle sê kom praat eers bietjie saam en stel jouself voor dan maak die manne se harte vinnig oop.

Ongelukkig is Jagplase hier in die Weskaap maar skaars en bietjie aan die duur kant, ek ry Ooskaap toe vir my jag, maar ek het nie 'n probleem om een keer per jaar soontoe te ry vir 'n jag. Google bietjie The Vale in die Karoo (Net so buite B-Wes). Hy is een van my kliente en het 'n jag plaas, ek dink net hy vat groepe in en sy pryse is ook nie van die goedkoopste die laaste keer wat ek navraag gedoen het, maar miskien kan hy dan vir jou 'n plaas se kontak besonderhede gee wat klein groepe invat.

Hoop jy kom reg.

Groete

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 4:48 pm
by PWV
Andre121 wrote:Jag gemeenskappe staan gewoonlik saam, Lyk my nie in die weskaap nie.
Andre, daar is redes waarom jy jouself moet voorstel hier op die forum. (Kyk by die "Board Index", dan "post" jy op die regte plek waar jy jou kan voostel).
Hier is te veel "fly-by-nights" wat hier inloer, by uitstek net tot voordeel van hulself.

Soos die manne hier noem, as jy deel word van die jaracal-familie, sal hulle uit hul pad gaan om jou te help.
Ek sal maak of ek nie die aantyging teen Weskaap-mense gelees het nie! ???

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 4:52 pm
by joe rocket
Andre jy gaan sukkel om hierdie jaar in die Weskaap te jag. Ek jag by twee plase in die Weskaap en weens die droogte word daar nie vanjaar gejag nie. Gaan vanjaar Ooskaap toe.

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 5:06 pm
by Andre121
Hi Manne

Jammer het nie die reels geken nie, ek trek trug oor die gemeenskap,

Ek het twee plase gekry wat die jaar jag maar die verblyf pryse is taamlik duur, hulle wilds pryse is nie vir my te sleg nie.

Ek sal ook nie omgee om bietjie verder te ry nie weet net nie waar mens jag naby die area nie die naaste plaas wat ek ken is 1800km vanaf die kaap.

Is daar meer reels waarvan ek moet weet net vir die toekoms?

Ek glo ook dat ek nie sommer net jag plase se details uitgeee nie vir die Flyby night ouens nie.

Groete

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 5:21 pm
by Andre121
Springkudu wrote:
Andre121 wrote:Jag gemeenskappe staan gewoonlik saam, Lyk my nie in die weskaap nie.
Hier moet ek met jou verskil. Hier is manne wat ek van geen kant af ken nie wat my in hulle huise genooi het en uit hulle pad gegaan het om my te help, jy sal verseker gehelp word, maar soos hulle sê kom praat eers bietjie saam en stel jouself voor dan maak die manne se harte vinnig oop.

Ongelukkig is Jagplase hier in die Weskaap maar skaars en bietjie aan die duur kant, ek ry Ooskaap toe vir my jag, maar ek het nie 'n probleem om een keer per jaar soontoe te ry vir 'n jag. Google bietjie The Vale in die Karoo (Net so buite B-Wes). Hy is een van my kliente en het 'n jag plaas, ek dink net hy vat groepe in en sy pryse is ook nie van die goedkoopste die laaste keer wat ek navraag gedoen het, maar miskien kan hy dan vir jou 'n plaas se kontak besonderhede gee wat klein groepe invat.

Hoop jy kom reg.

Groete
Hi Springkudu

Ek het pryse by hom gekry al en lyk nie so sleg nie maar ja hy vat groot groepe, ek sal hom n lui gee en hoor oor die kleiner plase,

Baie dankie

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon May 21, 2018 7:01 pm
by Riebeeker
Kyk na die reëls oor die verkoop van items. Jy moet so tydjie lank lid wees en darem al 'n bydrae gemaak het. Hier vat ons mekaar op die woord en vertrou mekaar. Help baie as die manne jou eers leer ken.

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Mon Jun 21, 2021 12:21 pm
by Swys14
lag...sluk...haal asem...lag (kannie glo ek het die draad gemis nie!)

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Wed Jun 23, 2021 8:25 am
by THOMAST
Lees jy maar stadig,Swys14? :) ;D ;)

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Wed Jun 23, 2021 4:52 pm
by Viking
Ek wonder of Swys14 in die Vrystaat woon - het gehoor hulle is altyd agter (stadig) >:D

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Fri Jun 25, 2021 3:18 pm
by Francois Hugo
Manne, Manne,

Moet erken ek het lanklaas effe geroofkyk op die forum, maar die een het ek effens geniet, al was dit so ten koste van "arme" :) Andre en die "geagte" Dr. >:D

PS wat is die luiperd jag koste toe!!? ++>: ++>:

Groete uit die Namakwaland

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Fri Jun 25, 2021 5:09 pm
by Smith223
Francois Hugo wrote: Fri Jun 25, 2021 3:18 pm Manne, Manne,

Moet erken ek het lanklaas effe geroofkyk op die forum, maar die een het ek effens geniet, al was dit so ten koste van "arme" :) Andre en die "geagte" Dr. >:D

PS wat is die luiperd jag koste toe!!? ++>: ++>:

Groete uit die Namakwaland
Ek is seker Joe kan die nuuste nommer vir jou verskaf dan kan jy gerus bel en uitvind. Ek het so paar weke terug iets gesien van R1000 Takbokke of so iets. ++>: ++>: >:D

Re: Jag Plaas naby beaufort wes/oudtshoorn

Posted: Fri Jun 25, 2021 6:18 pm
by joe rocket
Francois Hugo wrote: Fri Jun 25, 2021 3:18 pm Manne, Manne,

Moet erken ek het lanklaas effe geroofkyk op die forum, maar die een het ek effens geniet, al was dit so ten koste van "arme" :) Andre en die "geagte" Dr. >:D

PS wat is die luiperd jag koste toe!!? ++>: ++>:

Groete uit die Namakwaland

Daai boom hugger vra nou R999. 99.