Probleem met my howa 6.5x55

RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: Probleem met my howa 6.5x55

Post by RevA »

Conna Howa wrote:
Hercules Louw wrote:Conna, groepeer die geweer? Indien wel dan het die lang freebore, soos die ander manne al gesê het, absoluut niks uit te waai met die feit dat jy op afstande verder as jou zero regs skiet nie.

Watter Vortex ringe het jy? Is dit dalk daai goedkoper tactical ringe wat per ring afsonderlik verkoop word?
Veronderstel jou geweer lê op 'n skietbank opgelyn met 'n teiken en jy staan agter die geweer en kyk van bo-af na die geweer, en dat die geweer mooi regop is. Dan behoort jy te sien dat die scope regs van die loop lê en nie presies bo die geweer is soos dit behoort te wees nie. Jou kruis kan moontlik ook nog na regs kantel.
Dit is die vortex tactical ringe. Maar ek het hulle laat lap.
As ek die proses verstaan beteken lapping jou scope sit so mooi as moontlik in rings. So as jou rail of ringe effe skeef is, selfs n graad of twee beteken die lapping die scope gaan nie van daardie effe skewe posisie beweeg nie.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Probleem met my howa 6.5x55

Post by Hercules Louw »

Conna, leen of koop ander ringe, maak seker jou scope is met die kruisdraad mooi regop gemonteer en ek is omtrent 100% seker jou geweer sal dan reguit verder as 100m skiet.
User avatar
Dezman
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jul 11, 2017 6:23 pm

Re: Probleem met my howa 6.5x55

Post by Dezman »

Doen n tall target test op verskillende afstande.

Sent from my SM-A500F using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Probleem met my howa 6.5x55

Post by JPS »

Hercules Louw wrote:Conna, leen of koop ander ringe, maak seker jou scope is met die kruisdraad mooi regop gemonteer en ek is omtrent 100% seker jou geweer sal dan reguit verder as 100m skiet.
Nuwe ringe gaan Slegs werk As die rail 100% reguit gemonteer is. Tensy jy ringe met inserts soos die burris signature ringe gebruik. Ek het geweer waar an die rail gate skeef geboor is. Presies selfde probleem as hierbo en enigste manier sonder om rail gaite oor te laat boor was om die inserts te gebruik om die scope reguit te kry.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Probleem met my howa 6.5x55

Post by Hercules Louw »

JPS wrote:Nuwe ringe gaan Slegs werk As die rail 100% reguit gemonteer is. Tensy jy ringe met inserts soos die burris signature ringe gebruik. Ek het geweer waar an die rail gate skeef geboor is. Presies selfde probleem as hierbo en enigste manier sonder om rail gaite oor te laat boor was om die inserts te gebruik om die scope reguit te kry.
JPS ek het 'n sterk vermoede dat die betrokke Vortex ringe wat nie eintlik vir die montering van scopes bedoel is nie, 'n "offset" na regs het wanneer dit op die rail gemonteer word. M.a.w. die scope lê in geheel regs van die middellyn en nie noodwendig skeef nie. Indien dit die geval is dan kan 'n mens maklik die fout maak om die scope met die kruis ook nog skeef na regs te monteer in die proses waar jy die onderkant van die kruis na die middel van die grendel verwys. Indien die rail skeef sou wees is die kans goed dat hy dit nie sou kon zero op 100m nie en dan soos jy die ringe met inserts moes gebruik. Terloops was jou probleem geweer 'n Savage?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Probleem met my howa 6.5x55

Post by JPS »

Hercules Louw wrote:
JPS wrote:Nuwe ringe gaan Slegs werk As die rail 100% reguit gemonteer is. Tensy jy ringe met inserts soos die burris signature ringe gebruik. Ek het geweer waar an die rail gate skeef geboor is. Presies selfde probleem as hierbo en enigste manier sonder om rail gaite oor te laat boor was om die inserts te gebruik om die scope reguit te kry.
JPS ek het 'n sterk vermoede dat die betrokke Vortex ringe wat nie eintlik vir die montering van scopes bedoel is nie, 'n "offset" na regs het wanneer dit op die rail gemonteer word. M.a.w. die scope lê in geheel regs van die middellyn en nie noodwendig skeef nie. Indien dit die geval is dan kan 'n mens maklik die fout maak om die scope met die kruis ook nog skeef na regs te monteer in die proses waar jy die onderkant van die kruis na die middel van die grendel verwys. Indien die rail skeef sou wees is die kans goed dat hy dit nie sou kon zero op 100m nie en dan soos jy die ringe met inserts moes gebruik. Terloops was jou probleem geweer 'n Savage?
Nee dit is Vektor K98 aksie op my 25-06.
Post Reply