Page 2 of 3

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Thu Aug 02, 2018 12:00 pm
by heywillie
Geno, gooi vir jou 'n thermal kamera op:

https://www.droneworld.co.za/thermal/

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Thu Aug 02, 2018 12:12 pm
by tripodmvr
Net 'n waarskuwing. Volgens regulasies van Burgerlugvaart moet 'n hommeltuig wat vir besigheidsdoeleindes gebruik word deur 'n gekwalifiseede loods gevlieg word. Tuig moet ook net binne sig wees gedurende die waarnemings. Onthou dat sommige persone vastevlerktuie gebruik.

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Thu Aug 02, 2018 12:12 pm
by finch
Het nou die dag hierdie video gesien en gedink dit kan handig wees vir die boere wat net n ogie van bo wil he (hetsy, foto van krib, of kyk waar bokke nou is etc) Maar die ding sal seker ook maar n plaas se prys kos. Plus sy landing lyk nie baie elegant nie.

https://youtu.be/EdQzoVoXV20



Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Thu Aug 02, 2018 1:17 pm
by Joe13

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Thu Aug 02, 2018 1:21 pm
by Geno
Dankie sover julle.

Weet enigiemand wat die RPL (lisensie) kos?

Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:00 pm
by DiscoBiscuit

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:05 pm
by DiscoBiscuit
Dagsê,

R26 500 by UAV Industries.

Mooi dag!

Herman.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:53 pm
by tripodmvr
Dutch 3D Aerial Scanning Project to Reduce Rail Travel Delays - 02/08/2018


ProRail, the company in charge of managing and maintaining the Netherlands’ railways, is using 3D aerial imagery to reduce travel disruption. The company has scanned more than 7,000km of railway tracks over recent months, and the imaging project is due to be completed this summer. The resulting Lidar images will be used to produce a detailed 3D map which will help to minimise delays by enabling ProRail employees to see areas of track that need replacing or where trees need to be cut down.

According to ProRail, tree branches falling on the overhead lines or leaves on the track already cause disruption to the rail service on a weekly basis, and even more frequently in the case of stormy weather. It can take up to six hours to clear a tree from the tracks, so the company is keen to take preventative action wherever possible.

Lidar technology is used to scan railway tracks.
Lidar technology is used to scan railway tracks.
Laser scanners
The 3D images are being captured from the air using a helicopter – fitted with three cameras and two laser scanners – that flies at an altitude of 190m above the tracks. The aerial images are so detailed that signs and the numbers on signal boxes and points are clearly legible. The resulting 3D map will enable maintenance workers to locate and assess issues such as points problems and to initiate a fast response. The map will also be used to boost ProRail’s vegetation management and tree-felling programme. The company hopes that this project will reduce delays by 5 to 10% over the next three years.

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Fri Aug 03, 2018 1:29 pm
by Bushwack
Hoender hokke (28 x 100me) op hoender plase kan gewas / berook word met drones...dra kapasiteit 60kg...nie baie arbeid nodig om hokke meer te was nie, groot besparing...

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Fri Aug 24, 2018 10:49 am
by Joe13
Kyk net na die nuwe een, fantastiese produk.



Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Fri Aug 24, 2018 12:28 pm
by Capt. Yoda
Baie netjies daai!

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Oct 08, 2019 9:57 am
by RasenDes
Ek het so 3 weke terug met 'n Australier gesels oor dieselfde onderwerp.
Hyt my vertel dat drones aangewend word by die strande op te kyk vir haaie sowel as verdrinkings tydens piek vakansie tye

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Oct 08, 2019 10:18 am
by J le Roux
Drone fotografie/videos vir troues ens. is hoogmode hier in die Noorde. Die manne maak glo goeie geld, maar jy moet ure insit en naweke werk.

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Oct 08, 2019 10:29 am
by M98mauser
Wel ons gebruik dit om mee te hengel. Lekker groot asse lekker diep te gaan gooi. BAie duur speeletjie want die goed hou redelik baie van swem hulle moer maar in die see! Daar is omtrent nie n drone hengelaar wat nog nie een verloor het nie. Maar dit is baie vinniger as n vlieer.

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Oct 08, 2019 11:24 am
by Jake1
Met die sardien loop doen die hengelaars met drones baie goed, ek is net bang mens verloor die drone in die see, dis vrek duur!

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Oct 08, 2019 11:47 am
by Blitzzz
Daar is van hulle wat kan swem


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Mon Feb 24, 2020 3:19 pm
by Jaco v Zyl
Ek oorweeg ook n drone.Ek wil graag by jul hoor wat al een n geruime tyd het, is hulle die moeite werd vir werk of is dit wit olifante, en net n lekker speelding?
Ek wil lyndrade,water en bees kyk .
Ek luister graag na jul opinies.

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Mon Feb 24, 2020 3:45 pm
by Geno
Lyndrade gaan jy nie so lekker kyk nie. Bees en waters kyk werk hy wel mooi voor.

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Mon Feb 24, 2020 9:58 pm
by JohanvB
Jammer as ek hier Hijack..maar as iemand 'n Drone wil koop, myne is in die mark..Phantom 4 R10000

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Feb 25, 2020 9:21 am
by Capt. Yoda
Geno het jy daai drone al in gespan om vis te vang?

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Feb 25, 2020 10:51 am
by toxicsox
Ek het 'n Mavic Pro2 - eerstens hy vlieg waar hy wil so hoog hy kan. Ek het nog nooit by 'n plek gevlieg waar hy beperk was nie.
Nie eers in die middel van Moreleta Park Pretoria nie. (voor iemand my wil skiet, ek het net footage geneem van die plakkerskamp om te sien wat gaan daar aan...)
Die probleem is jy sien nie altyd die bokke op jou selfoon waarmee jy vlieg nie - die skerm is net te klein.
Jy het die opsie om jou iPad te gebruik maar dan raak die gekarwy van extra tech bietjie baie.
As jy later terugspeel op jou rekenaar dan sien jy die bokke hardloop of wegkruip of wat hulle ook al besig is mee.

Die goed is fantasties - ek gebruik myne meestal vir photoshoots vir Corporate Kantore maar om wild te gaan soek vind ek die groote van jou selfoon skerm beperk jou baie.

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Feb 25, 2020 11:55 am
by joe rocket
Ek wens ek het n drone dan kan ek my buurvrou wat so kaalgat tan afneem. Miskien die beeld materiaal dan vir haar man stuur.

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Feb 25, 2020 12:12 pm
by Alwyn
Ons voorige "landlord" het ook op n Sondag middag met sy drone kom kyk wat aan gan….. Tot die een mooi sonskyn Sondag middag toe papa in sy adams pakkie by die deur uitstap die agter plaas in en die drone gan groete het.... not n good sight...

Ek sal ook hou van een, maar vir visvang!!

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Feb 25, 2020 12:18 pm
by toxicsox
joe rocket wrote: Tue Feb 25, 2020 11:55 am Ek wens ek het n drone dan kan ek my buurvrou wat so kaalgat tan afneem. Miskien die beeld materiaal dan vir haar man stuur.
Hoe weet jy jou buurvrou tan kaalgat?

Re: Drones. Wie doen wat daarmee?

Posted: Tue Feb 25, 2020 1:57 pm
by joe rocket
Hoe weet jy jou buurvrou tan kaalgat?
[/quote]

Wanneer sy hoor ek is in die tuin staan sy op en groet vriendelik netso oor die muur sonder n handdoek.