Page 2 of 4

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 9:48 am
by LUAN
Capt. Oblivious wrote:Berger kort om n lekker 275gr VLD in 375 te maak..
Soos daai Bob Beck wat hier kom langafstand jag doen het en toe sommer met sy 30-378 en bergers n buffel wil skiet en dan nog maak of dit n great jag koel is vir kort afstande. 3 skote "in the pocket" soos hy se en toe kry hulle die buffel eers die volgende dag...

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 9:56 am
by DWB
Kies vir jou enetjie :)

Vanuit my persoonlike versameling

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 10:15 am
by Koos Barnard
Dagsê
My .375H&H is baie akkuraat met Rhino se 380gr-koeëls. Ek het 'n paar bokke daarmee geskiet en een buffelkoei (my enigste buffel tot dusver). Die buffel is skuins van voor geskiet op 19 treë. Die koeël het die naaste skouerbeen gebreek, is deur die bokant van die hart en ons het dit net voor die boud aan die verste kant van die lyf uitgehaal. Dit het mooi omgeklink en in 'n reguit lyn gepenetreer. Trompsnelheid was 1890vps. Die buffel het sowat 15 treë verder dood neergeslaan. Of hierdie swaar koeël net so goed in ander gewere sal werk weet ek nie en ek weet ook nie of dit so goed op 'n groot buffelbul sal werk nie. 'n Enkele geval waartydens 'n koeël goed presteer het, is geen waarborg dat dit altyd so sal presteer nie.
Mooi loop

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 10:18 am
by Supacow
Rhino vir die wen as man na Deon se kikis kyk

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 10:24 am
by tau
DWB wrote:Kies vir jou enetjie :)

Vanuit my persoonlike versameling
Wat het die Rhino gedoen om so te lyk? Dit is vir my voorwaar mooi!!!

MAAAAAR nou seker die ou redenasie wie die Rhino gebruik en wie die Barnes of Peregrine gebruik. Die jagter gaan seker die eersteskoot op 'n "goeie" of gewenste hoek skiet en dus gaan die pad na die vitals beter wees. Die PH wat die opvolg skote gaan skiet vir sy brood en botter gaan seker baie keer die Buffel van agter of Q - away moet skiet en dan gaan die "overpenetrating" mono seker meer gewens wees om die langer pad na die vitals te kan vermag.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 10:44 am
by Frederik
tau wrote: MAAAAAR nou seker die ou redenasie wie die Rhino gebruik en wie die Barnes of Peregrine gebruik. Die jagter gaan seker die eersteskoot op 'n "goeie" of gewenste hoek skiet en dus gaan die pad na die vitals beter wees. Die PH wat die opvolg skote gaan skiet vir sy brood en botter gaan seker baie keer die Buffel van agter of Q - away moet skiet en dan gaan die "overpenetrating" mono seker meer gewens wees om die langer pad na die vitals te kan vermag.
Vir die PH is dit waar iets met lekker cutting shoulder op soliede mono metaal koeel mooi werk. Soos die Barnes en Impala dink daar is nog vervaardigers.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 10:51 am
by Gerhardu
DWB wrote:Kies vir jou enetjie :)

Vanuit my persoonlike versameling

Deon daai is baie smart. Kan sommer sien daai Rhinos is baas!

Jammer daar is nie n Dzombo in die mix nie.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 10:54 am
by Carel Kolesky
Die resies warm nou lekker op..

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 11:02 am
by DWB
2de ry van bo af in die middel is 'n 400 en 450gr Dzombo
Gerhardu wrote:
DWB wrote:Kies vir jou enetjie :)

Vanuit my persoonlike versameling

Deon daai is baie smart. Kan sommer sien daai Rhinos is baas!

Jammer daar is nie n Dzombo in die mix nie.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 11:09 am
by RiaanPretorius
Ek het so 2 weke terug myself in dieselfde dilemma bevind met n buffeljag wat oor my pad gekom het 15 Okt en ek het toe maar berus by Rhino . Die 350gr sagte punt teen 2220 f/s en 340gr soliede punt teen 2249f/s groepeer 10mm uitmekaar op 50 m. Ek sal oor 2 weke kan terug rapporteer as als goed afloop.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 11:17 am
by william007
Carel jy kan Hornady DGS ook gebruik. Ek skiet met hulle en werk baie goed op buffel.
Die kaans is goed dat daai buffels ons gaan storm , soek punt wat diep loop en bene breek.

Ek wag jou.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 11:23 am
by Wouter Roets
Sterkte Riaan!

Skiet reguit en raak en ek kan jou waarborg daai kombinasie sal sy deel doen.

Manne ek vir baie jare Rhino's in my 375 Ackley en 458 Lott geskiet. Ek is destyds weg van hulle agv hulle QC. n 2mm lengte verskil op hulle 458 500gr solids was vir my net een te veel. Vir die van julle wat hulle nou gebruik, hou lyk die QC deesdae?

Groetnis
Wouter

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 11:24 am
by Wouter Roets
william007 wrote:Carel jy kan Hornady DGS ook gebruik. Ek skiet met hulle en werk baie goed op buffel.
Die kaans is goed dat daai buffels ons gaan storm , soek punt wat diep loop en bene breek.

Ek wag jou.
William

Carel het gevra vir die beste 375 koeel, nie die crapste nie! ;D ;D ;D

Groetnis
Wouter

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 12:00 pm
by DWB
Wouter, ek kyk nie, ek laai en skiet hulle net :) :)

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 12:09 pm
by Capt. Yoda
LUAN wrote:
Capt. Oblivious wrote:Berger kort om n lekker 275gr VLD in 375 te maak..
Soos daai Bob Beck wat hier kom langafstand jag doen het en toe sommer met sy 30-378 en bergers n buffel wil skiet en dan nog maak of dit n great jag koel is vir kort afstande. 3 skote "in the pocket" soos hy se en toe kry hulle die buffel eers die volgende dag...

Hulle het seker gestoei om n 375 koel in daai dop te maak pas

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 12:16 pm
by LUAN
Capt. Oblivious wrote:
LUAN wrote:
Capt. Oblivious wrote:Berger kort om n lekker 275gr VLD in 375 te maak..
Soos daai Bob Beck wat hier kom langafstand jag doen het en toe sommer met sy 30-378 en bergers n buffel wil skiet en dan nog maak of dit n great jag koel is vir kort afstande. 3 skote "in the pocket" soos hy se en toe kry hulle die buffel eers die volgende dag...

Hulle het seker gestoei om n 375 koel in daai dop te maak pas
Comment was oor die vld koel nie die kaliber

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 02, 2018 1:16 pm
by DWB
Hier is ñ meer opgedateerde weergawe...

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Thu Oct 04, 2018 10:00 am
by Lourens Potgieter
Deon jy moet bietjie name van die doppe en punte druk en op jou kas plak anders dink ek alles is 404......

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Thu Oct 04, 2018 11:09 am
by DWB
Hahaha sal jou moet opvoed. 95% van die koeels is wel 404

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Thu Oct 04, 2018 1:51 pm
by OomMatt
Gerhardu wrote:
Capt. Oblivious wrote:Berger kort om n lekker 275gr VLD in 375 te maak..

Man skiet net Rhinos!!!
+1
Soos ek ook mos gese het - skiet Rhino's

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Thu Oct 04, 2018 6:36 pm
by DWB
Skiet hom eers met ñ Swift, dan ñ Barnes en laaste ñ Rhino.

As jy hom eerste met ñ Rhino skiet gaan jy nie kans hê om die ander te gebruik nie :laugh: :laugh: ++>:

PS: Dit was lekker om weer grootwild hier te praat al het Siebert die blerrie sniper mafia ook hier probeer insleep!

Bekruip hom tot lekker naby! Onder 50m en geniet elke oomblik!

O ja, moenie nou bekommer nie, maar die siekte is erg verslawend!

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Thu Oct 04, 2018 9:58 pm
by Capt. Yoda
Deon as ek eendag n buffel skiet het ek darem Aframes (oues so hulle breek nie) maar is lekker om te sien wat die manne se wat dit al gedoen het

Die laaste tyd is dit net QL en jag met tyken koels en soos jy se is lekker om van jakals jag en groot kalibers te lees ook

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 5:22 am
by DWB
Is reg! Moes jou darem so bietjie gas gee!

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 7:26 am
by Frederik
Ek dink ons praat heeltemaal te min grootwild oop die forum en dit is waar drome gebou word.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 9:43 am
by OomMatt
DWB wrote:Skiet hom eers met ñ Swift, dan ñ Barnes en laaste ñ Rhino.

As jy hom eerste met ñ Rhino skiet gaan jy nie kans hê om die ander te gebruik nie :laugh: :laugh: ++>:

PS: Dit was lekker om weer grootwild hier te praat al het Siebert die blerrie sniper mafia ook hier probeer insleep!

Bekruip hom tot lekker naby! Onder 50m en geniet elke oomblik!

O ja, moenie nou bekommer nie, maar die siekte is erg verslawend!
Ek stem , laaste een moet Rhino wees , anders vat jy al die pret uit die jag.
Beplan juis my 2de volgende jaar , meskien dan doen wat ons preek , gooi eers ander koeel , dan met my Rhino's