Page 2 of 2

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Fri Oct 05, 2018 11:37 am
by Gawie(13mm)
Chevvy SS wrote:Oom PW, bel vir Gawie, julle is albei in die Paarl en 'n oproep kos 1c per minuut- dis goedkoper as data.
Wie seg ek en die Oom wil met mekaar praat? >:D

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Fri Oct 05, 2018 5:37 pm
by Gbyleveldt
PWV wrote:Indien iemand belangstel in 'n Howa "sneller-kit" kan hulle in aanraking kom met Andre Lamprecht by 082 nul ses ses nul 972. 'n Onderdeel word vervang wat hom ligter maak - tot by ongeveer 8 onse.
Andre is in die Kaap.
Om PW, jyt blykbaar vir Andre lekker diep in die poef gedrop met jou bekendstelling :) Baie dankie vir sy besonderhede, baie lekker ou om me te gesels oor koeitjies en kalfies.

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Fri Oct 05, 2018 6:53 pm
by Hansieslim
LUAN
Dankie vir die skakel na die video toe.
Ek is van opinie dat die Boere al meer met daai HACT gepeuter het. Van hulle breuk heelwat onder 1.5lb en is veilig.
Ek sien nie dat hy enigsins iets aan die voortrek gedoen het nie. Van ons hou nie van 'n voortrek nie. Op daai HACTs is ek al bewus van 2 maniere om die voortrek weg te neem. Ek is baie tevrede met myne op 1.2lb.

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Sun Oct 07, 2018 5:49 pm
by PWV
Gbyleveldt wrote:
PWV wrote:Indien iemand belangstel in 'n Howa "sneller-kit" kan hulle in aanraking kom met Andre Lamprecht by 082 nul ses ses nul 972. 'n Onderdeel word vervang wat hom ligter maak - tot by ongeveer 8 onse.
Andre is in die Kaap.
Om PW, jyt blykbaar vir Andre lekker diep in die poef gedrop met jou bekendstelling :) Baie dankie vir sy besonderhede, baie lekker ou om me te gesels oor koeitjies en kalfies.
Wat bedoel jy "in die poef gedrop"? Verduidelik bietjie.

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Sun Oct 07, 2018 7:19 pm
by 243Songdaug
Ons bestel so dat hy nie kan voorbly Oom

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Sun Oct 07, 2018 9:16 pm
by Gbyleveldt
243Songdaug wrote:Ons bestel so dat hy nie kan voorbly Oom
Presies soos jy daar se.

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Tue Oct 09, 2018 8:50 pm
by Christo J
Is daar iemand in Pretoria wat kan help om my Howa se sneller te stel?

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Tue Oct 09, 2018 11:23 pm
by SakoTrippel2
ChrisJan is in Roodepoort. Hy toor met 'n Howa sneller.

Groete
Frans

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Wed Oct 10, 2018 7:56 am
by dawiec
Geoffrey Barrabal (Wildman Cape Gate) doen ook 'n great job...my seun se Howa se sneller "getune" en baie tevrede

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Wed Oct 10, 2018 8:04 am
by Matewis28
Sub

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Wed Oct 10, 2018 11:43 am
by Christo J
SakoTrippel2 wrote:ChrisJan is in Roodepoort. Hy toor met 'n Howa sneller.

Groete
Frans
Sy nommer asb

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Tue Feb 05, 2019 10:29 am
by Gian_dP
PWV wrote:Indien iemand belangstel in 'n Howa "sneller-kit" kan hulle in aanraking kom met Andre Lamprecht by 082 nul ses ses nul 972. 'n Onderdeel word vervang wat hom ligter maak - tot by ongeveer 8 onse.
Andre is in die Kaap.
Ek het die naweek myne by Andre gekry.

Minder as vyf minute om in te sit. Voortrek heeltemal weg, breek sonder enige "creep". Het nog nie trekgewig gemeet nie, maar kan lekker lig gestel sonder moeite.

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Tue Feb 05, 2019 11:16 am
by PWV
Daar het julle dit nou! Dit werk!

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Tue Feb 05, 2019 12:11 pm
by Berra .204
Ek het ook 3 van Andre se snellers. Die snellers kan baie lig gestel word maar ek het gevind dat hulle afgaan as die geweer gestamp word. So van 1lb af werk hulle baie mooi en veilig maar eks bang om ver onder dit te gaan. Stamp maar bietjie op die recoil pad of slaan met ‘n rubber hamer. Eerder velig as daai ekstra 10gr trekgewig.

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Tue Feb 05, 2019 3:46 pm
by Gbyleveldt
Myne hardloop al vir 4 maande soos ‘n droom. Ook lekker lig gestel en soos Berra hierbo noem; maak seker dat hy nie te lig gestel is nie, deur geweer ‘n paar lekker stampe te gee om seker te maak dat hy veilig is.

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Mon Aug 30, 2021 7:55 am
by Kaalvoetthysie
PWV wrote:
IMG-20181004-WA0012.jpg
Sneller-kit
Hallo manne,

Sien die is n redelike ou draad.

Is daar van julle wat die toe langtermyn getoets het? Is dit die moeite werd?

Groete
Thysie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Mon Aug 30, 2021 8:33 am
by Heinds
Kaalvoetthysie wrote:
PWV wrote:
IMG-20181004-WA0012.jpg
Sneller-kit
Hallo manne,

Sien die is n redelike ou draad.

Is daar van julle wat die toe langtermyn getoets het? Is dit die moeite werd?

Groete
Thysie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit hang af waarna jy opsoek is. As jy 'n jewel of Bix & Andy tipe sneller soek gaan jy teleurgesteld wees. Indien nie dan sal jy lekker regkom met die bogenoemde opsies. Jard maak ook 'n lekker drop in sneller wat jy baie lig kan stel. Single stage. Groete

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Mon Aug 30, 2021 8:47 am
by Toxxyc
Ek moet sê ek het met sneller gespeel (nie op Howa nie, maar punt geld) tot op die punt waar hy onveilig geraak het. Ja dit het 'n verskil gemaak en die geweer het lekkerder begin skiet soos ek gespeel het met die pull weight en overtravel van die sneller, maar dit het nogsteeds glad nie kers vasgehou by selfs die goedkoopste aftermarket sneller nie. Ek stel voor speel, geniet dit en kyk hoe dit vir jou werk, en as jy dan nog wil speel, kry 'n beter drop-in sneller. Dis die moeite werd (in my opinie).

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Mon Aug 30, 2021 9:40 am
by Gian_dP
Kaalvoetthysie wrote:
PWV wrote:
IMG-20181004-WA0012.jpg
Sneller-kit
Hallo manne,

Sien die is n redelike ou draad.

Is daar van julle wat die toe langtermyn getoets het? Is dit die moeite werd?

Groete
Thysie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Die sneller werk baie goed om die HACT sneller na enkelstadium te verander en lekker lig te maak. Soos Heinds sê, dis nie Jewel of B&A nie, maar baie beter as HACT. Jard is beter as die trigger kit, maar kos ook heelwat meer.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Mon Aug 30, 2021 12:50 pm
by Ranger
I have 3x Gun Bloke 1.5lb and 1x 1.0lb spring kits for sale, R350 each excl shipping

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Mon Aug 30, 2021 2:57 pm
by Kaalvoetthysie
Waar kry mens die Jard snellers en wat prys hulle? Na baie skool geld neig ek meer na die buy once cry once ding toe, maar weet ek kan nie die premium snellers bekostig nie, en glo ook nie ek’t vir my doeleindes so ‘n duur sneller nodig nie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Mon Aug 30, 2021 4:00 pm
by tripodmvr

Re: Aftermarket sneller vir Howa

Posted: Mon Aug 30, 2021 8:04 pm
by Ranger
Kaalvoetthysie wrote: Mon Aug 30, 2021 2:57 pm Waar kry mens die Jard snellers en wat prys hulle? Na baie skool geld neig ek meer na die buy once cry once ding toe, maar weet ek kan nie die premium snellers bekostig nie, en glo ook nie ek’t vir my doeleindes so ‘n duur sneller nodig nie


Sent from my iPhone using Tapatalk
https://threepercenttactical.co.za/

They bring in Jard now and then, I bought from them not so long ago.