Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Vrekkit manne dit was vinnig.
Die man skiet konstant bo 80% en gaan Saterdag sy eerste kompetiesie skiet.
Hy het nou Enduro resies met sy bike gelos en wil eerder skiet.
Hy het gister sy Baikal pistool saam huistoe gebring en ek moes dit in die kluis bêre. Helse trots op homself. Hy skiet klaar beter as ek op 8 jarige ouderdom
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
311/400 op sy eerste komp. Hy het nie geweet hy moet vir 60 min sit nie en skiet toe sommer in 18 min klaar met 'n springer Baikal. Die mense langs hom het met CO2 pistole geskiet wat seker die hartklop help. Die Baikal is wel vrek akkuraat. Hulle skiet so 48 min en vat hulle tyd.
Hy het so volpunte target geskiet en dan met die volgende teiken is dit 2 flyers. Ek het buite lokaal gestaan en inloer dat hy nie voel daar is druk op hom nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.