Page 2 of 3

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Wed Jan 15, 2020 9:28 am
by Wouter Roets
Supacow wrote: Wed Jan 08, 2020 1:35 pm Dis n no brainer ;)
Daar is net 2 bakkies....toyota en isuzu....
Ignorance is bliss!

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Wed Jan 15, 2020 4:11 pm
by DWB
Geniet jy nog jou Amarok Wout?

Die bestelling is in op 'n 2017 2.8 D/C 4x4!

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Wed Jan 15, 2020 4:58 pm
by JK
Plaas bakkie is n moeilike keuse deesdae. Hulle lyk maar gou gehawend. Alles net te sag. Ek hou maar by n cruiser, vir die harder werk ens, en ry met n opgeboude Willis Jepie (willies body en chassis, en toyota vir die res) om my rondtes te doen, en om kilos te spaar op die cruiser. Die jepie kan darem n koedoe bul vat ook.

Nissan en Ford skryf met n vurk as dit by parte kom. Isuzu se diens hier is maar pateties. So wat bly oor :) En VW is nie op my koop lysie nie. >:+

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Thu Jan 16, 2020 8:18 am
by Wouter Roets
DWB wrote: Wed Jan 15, 2020 4:11 pm Geniet jy nog jou Amarok Wout?

Die bestelling is in op 'n 2017 2.8 D/C 4x4!

Geluk Deon, baie lekker voertuig. Mag hy jou vreugdevolle kilos gee. Ja ek geniet nog my Amarok gate uit. Klim veel eerder in hom as in die 200 VXR elke more. Ek wil my verstout en se dit is die lekkerste voertuig wat ek al gery het en glo my ek is al deur karre. My broer se dieselfde en sy ander kar is n X3 M40, so dit se ook iets.

Groetnis
Wout

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Thu Jan 16, 2020 9:36 am
by NicoSmit
Ek het 3maande terug vir my 'n 2de handse Ford 2016 Ford 4x4 gekoop Die prysklas waar in ek gekoop het kon ek nie 'n 4x4 Hilux met dieselfde kilos en jaar kry nie . Ek is nou maar die swartskaap in die familie omrede ek 'n Ford ry en nie Hilux nie maar dis ook ok hy bring my waar ek wil kom met 'n goeie diedel verbruik en 'n gemaklike rit . Of hy die beste is is maar dieselfde as die 3006 vs die 308

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Thu Jan 16, 2020 4:49 pm
by DWB
Lekker Wouter! Baie Dankie!

Lekker Nico! Jy sal hom baie geniet, ek is half hartseer om myne te laat gaan, en vir sy prys sou min hom klop. Het darem nou self Noord van 130 000km met hom gery.

Ongelukkig is my inruil 'n tragiese storie. Op my vorige een het ek wel goed gedoen.

Ek koop nou maar Hilux met die hoop om hom tot 200 000km te ry en dan maklik in te ruil

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Thu Jan 16, 2020 9:08 pm
by JohanvB
So, ek ry ook Toyota, 2015 D4D, ja lekker, maar suip diesel!!

Nou die dag my Nissan ingeruil op 'n 2014 2.5 Triton Clubcab met 60 000 km op die klok.. Trek soos' n jet!!

Gaan kyk gerus die vid..2020 bakkie shootout... https://youtu.be/Ld1bMp5Hh1I

Jy sal verbaas wees oor watter bakkies waar kom..

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Fri Jan 17, 2020 7:56 am
by PaulM
Deon,

As jy die 2.8 met outomatiese ratkas gekry het, oorweeg gerus die "Torque Converter Lockup Kit". Dit haal die "hunting" wat die outo kaste
partymaal het in 6de rat, heeltemal uit die prentjie uit. Jy sal nie glo hoe dit daai bakkie se karakter verander nie. Loop soos 'n handrat in
'top gear'.

Praat met my, ek weet waar om die kits te kry....... ;D ;D

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Fri Jan 17, 2020 7:58 am
by DWB
Dankie Paul!

Ek sal met jou praat. Die Auto ding is nog nuut vir my

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Sun Jan 19, 2020 10:17 am
by Arnold van Wyk
PaulM wrote: Fri Jan 17, 2020 7:56 am Deon,

As jy die 2.8 met outomatiese ratkas gekry het, oorweeg gerus die "Torque Converter Lockup Kit". Dit haal die "hunting" wat die outo kaste
partymaal het in 6de rat, heeltemal uit die prentjie uit. Jy sal nie glo hoe dit daai bakkie se karakter verander nie. Loop soos 'n handrat in
'top gear'.

Praat met my, ek weet waar om die kits te kry....... ;D ;D
Paul, sal dit werk op 2.4 outo, wat is voordele en nadele ek op die punt om terug te gaan na handrat.

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Sun Jan 19, 2020 7:28 pm
by JK
Ek kry more n nuwe L50 auto 2.8 DC. Sal maar kyk hoe werk die ratkas. :-\

Ek onthou so 3 jaar teug het Toyota my n 2.8 auto gegee om te ry vir 2 dae. Die heen en weer skakeling van die ratkas was opmerklik, maar baie glad. Nie rerig gehinder nie. Met die FJ het ek baie keer die ding in 4e gelok om terug skop na 3e uit te skakel. Die 3l d4d Prado het nie daai issue gehad nie. Wonder hoe gaan die 2.8 in die Prado doen?

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Mon Jan 20, 2020 6:02 am
by ruaanb
Die manne sit die kits selfs in die 200 Cruisers veral in.

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Mon Jan 20, 2020 8:42 am
by Wouter Roets
More Manne

Kan julle asb bietjie meer uitbrei oor die kits? Waar kan n mens kry en hoe werk hulle in praktyk?

Groetnis
Wouter

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Mon Jan 20, 2020 6:16 pm
by Malan123
Ek sal ook graag wil weet. Werk hy op fortuner ook?

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Mon Jan 20, 2020 6:34 pm
by Malan123
Bygese, ek ry 'n 3.2l ford auto en al wat ek moes by koop is 'n stel tralies ;D :laugh: >:+

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Mon Jan 20, 2020 7:01 pm
by johans
so 2jaar terug het ek en my dieselfde tyd 2nuwe bakkies gekoop,hys n toyota man en ek ford.hyt die 2.4ekstra cab gevat en ek die 2.2 ford supercab.op daai stadium was hulle prys omtrent dieselfde.
vir my is die ford se interior baie beter,lyk ook beter as die hilux met die suk tablet wat daar voor sit.

rygerief is die ford ook vir my beter,hy ry sagter

die hilux trek wel beter

as ek dit nie mis het nie is toyota duurder as ford op die stadium?dus my volgende vraag: as jy meer vir die hilux betaal moet jy mos natuurlik beter inruilwaarde kry,of mis ek iets?

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Mon Jan 20, 2020 7:17 pm
by DWB
Johans,

Toyota het my beter inruilwaarde as Ford gebied op my Ford..... Dis ñ hartseer storie.

Ek hoop nou maar my verliese word beperk vorentoe.

Malan123 raak ñ baie geldige punt aan van hoe min die Ford kort....
Hilux kom met ñ shopping list uit soos dit vir my voel...

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Mon Jan 20, 2020 8:08 pm
by johans
DWB wrote: Mon Jan 20, 2020 7:17 pm Johans,

Toyota het my beter inruilwaarde as Ford gebied op my Ford..... Dis ñ hartseer storie.

Ek hoop nou maar my verliese word beperk vorentoe.

Malan123 raak ñ baie geldige punt aan van hoe min die Ford kort....
Hilux kom met ñ shopping list uit soos dit vir my voel...
o.k dan maak dit sin

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Tue Jan 21, 2020 6:41 am
by ruaanb
Wouter ek kry vir jou die cruiser info

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Tue Jan 21, 2020 6:46 am
by ruaanb
John Raynor 061 497 4482. Skakel hom vir cruiser 200 sin. Hy is agent vir Richards Auto in Aus

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Tue Jan 21, 2020 8:05 am
by Wouter Roets
Dankie Ruan ek maak so!

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Tue Jan 21, 2020 1:27 pm
by ruaanb
Plesier die manne praat net met lof van die.

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Tue Jan 21, 2020 6:19 pm
by Danie01
johans wrote:so 2jaar terug het ek en my dieselfde tyd 2nuwe bakkies gekoop,hys n toyota man en ek ford.hyt die 2.4ekstra cab gevat en ek die 2.2 ford supercab.op daai stadium was hulle prys omtrent dieselfde.
vir my is die ford se interior baie beter,lyk ook beter as die hilux met die suk tablet wat daar voor sit.

rygerief is die ford ook vir my beter,hy ry sagter

die hilux trek wel beter

as ek dit nie mis het nie is toyota duurder as ford op die stadium?dus my volgende vraag: as jy meer vir die hilux betaal moet jy mos natuurlik beter inruilwaarde kry,of mis ek iets?
Johan,

Ek het n 2018 model 2.4 hilux extended cab en het vandag met n skok agtergekom hoe baie geld ek verloor het in minder as 2 jaar en net 21000km op die klok.

Ek wil dit inruil vir iets wat beter ry, beter rygerief vir die langure opi pad en ook dalk meer veilig is tov airbags ens, dalk n dubbel cab of net luukser supercab (auto, cruise control, etc)?

Ek het die bakkie gekoop vir R370k, twee maande voor die facelift en die boekiewaarde is tans R248k inruil en R276k verkoop. Hoogste aanbod tans met n inruil is R250k!!! Meeste sê ek sal wel meer kry as ek uit die hand verkoop en praat van rondom R320k, dalk R330k.

Wat is n 2018 2.2 xl ford ranger supercab nou werd, wat soos jy hierbo genoem het, min of meer dieselfde gekos het in 2018?

Weet iemand dalk van n 2018 model 2.2xls supercab of double cab met lae kilos op wat te koop is?

Groete
Danie

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Tue Jan 21, 2020 8:07 pm
by dehacked
Danie01 wrote:

https://www.cars.co.za/mobile/for-sale/ ... a/5593135/

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Tue Jan 21, 2020 8:16 pm
by Gbyleveldt
Dis vir my asof die ouer D4D bakkies amper dieselfde tweedehands verkoop as die GD6 bakkies. EK’s nou juis deur die proses gewees toe ek jag bakkie gesoek het