Page 2 of 2
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Mon Jan 16, 2012 8:26 am
by Gerrit Visser
Piet ek wag nog, ek het meer gedink aan 'n dwarssnit foto wat jy met jou rekenaar kan doen. As jy my een wil sny is jy ook welkom ek weet jy sal hom beter aanmekaar kan sit as wat hy was.
G Gert
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Mon Jan 16, 2012 10:27 am
by baboonstalker
Gert, jy het mail.
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Sun Jan 22, 2012 1:23 pm
by Arnold
Ek wil net dankie s? vir Pieter. Sy aandag aan detail en ho? standaarde as dit kom by sy werk is iets om te sien/beleef.
Julle sal egter nog 'n bietjie moet wag vir my terugvoer oor die tromprem se werk verrigting, ek sal so spoedig moontlik die outjie toets.
Ek kon darem solank 'n foto neem van die nuwe stukkie stainless steel op my geweer.
[img width=560 height=416]
http://db.tt/0AZlOWWW[/img]
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Sun Jan 22, 2012 8:52 pm
by Monrique (SJ)
Kan nou self nie meer wag tot myne aanland en hom probeer op die .308 nie.
Die plan is juis om die komende naweek baan toe te gaan!!
Groetnis
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Sun Jan 22, 2012 9:25 pm
by Gerrit Visser
Arnold as daardie stortkoppie die helfte so goed werk as wat hy lyk.......... Ai en ek sukkel al reeds so om 'n paar punte bymekaar te maak. Ek sien jou darem seker by Ceres? Laas jaar die tyd het ek jou gevra om vir my 'n lading uit te werk nou vra ek 'n bietjie genade.
Piet Baboon jy mag maar.......
G Gert
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Sun Jan 22, 2012 10:43 pm
by Jagtersdok
Hehehe Nou wag ons net vir die knaldempers, ek so opgewonde soos dominis se dogter op sondagskool piekniek
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Sun Jan 22, 2012 10:56 pm
by baboonstalker
Hou moed Doc (en ander), by my vat dinge altyd so bietjie (en partykeer baie) langer as wat ek gedink het.
Hulle s? jy moet 'n ding eers goed kan doen voor jy hom probeer vinnig doen - kom ons s? maar net ek leer nog.
MJK sal jou mooi kan vertel "vinnig" is nie gou nie!

of was dit nou

Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Mon Jan 23, 2012 8:05 am
by Arnold
Gert, ek sal by Ceres wees. Ek soek net goe die inskrywings vorm. Laasjaar het ek bietjie gesukkel met my 308 wat loop op die afdraende pad was, vanjaar is ek eintlik nog besig om gewoond te raak aan die nuwe geweer, teleskoop en nou is daar nog 'n demper ook op.
Ongelukkig gaan ek nou nie eers 'n kans kry om my geweer te zero voor die Ceres skiet nie, so ek sal maar die oggend gou die ding moet doen.
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Mon Jan 23, 2012 8:37 am
by MJK
Kwaliteit neem tyd. Punt.
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Mon Jan 23, 2012 9:51 am
by WillemS
Arnold
Loop wen nou net by Ceres met al die verskonings van nuwe geweer, scope en MB dan skop ek jou g@t vol knoppe!
Sien julle daar!
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Tue Jan 24, 2012 9:54 pm
by THOMAST
So gepraat van Ceres Skiet- is die insrywingsvorms al beskikbaar op die web?
Of kort ek 'n nuwe bril?
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Wed Jan 25, 2012 7:13 am
by Christo
THOMAST wrote:
So gepraat van Ceres Skiet- is die insrywingsvorms al beskikbaar op die web?
Of kort ek 'n nuwe bril?
Hier het ek hom sommer "gecopy&paste.
SAFARI & OUTDOOR
WITZENBERG VELDSKIET 04 FEBRUARIE 2012 INSKRYWINGSVORM
LUCKY-DRAW Howa 1500 Hogue 30-06 Springfield GEWEER
Voorletters en Van: ........................................................IDNommer................?..................
Adres: ...
Telefoonnommer:.................................................Selfoonnommer:......................................
E-Pos adres: ...
Kaapjag Lidnr:.............................Kategorie:...............................(Kategoriee:)
(Veteraan 60 jr en ouer, Senior 50-59 jr, Man, Dame ouer as 18jr, Juniors 14-18jr M/F, Penkoppe 7-13jr M/F)
Skryf in deur die ingevulde inskrywingsvorm saam met bewys van betaling van die inskrywingsfooi aan die tesourier te besorg deur aflewering, pos, faks of epos. Bevestig telefonies of per faks dat u inskrywing ontvang is. Die besonderhede is as volg:
? Kontakpersoon: Jacques Visser
? Posadres: Posbus 386 Ceres 6835
? E-pos adres:
jvisser@erfdeel.co.za of
peter@hortec.co.za
? Faksnommer: 086 540 1433, Sel: 082 6993489 (JV) of 082 376 6826 (PdV)
? Inskrywing fooi: R180 vir Kaapjag en SAJSV lede, R200 vir nie lede, R30 vir addisionele ete
? Bankbesonderhede: Ceres Skietklub; Bank: ABSA, Ceres; Rekeningnommer: 9175263801; Takkode: 632005, Verwysing: ?Veldskiet? plus Voorletters en Van.
Vrywaring word vereis. Vul asseblief die vrywaringsvorm hieronder in en stuur dit saam met u inskrywing terug aan genoemde eposse of faks.
VRYWARING
Vir die Witzenberg veldskiet, gehou op Grootvlakte , op 04 Februarie 2012.
Ek,??????????????????????.

?IDNommer??..

..

.

, vrywaar hiermee die grondeienaar, Spekrivier Eiendoms Beperk, en die Kaapse Jagters en Wildbewarings-vereninging, hul amptenare en lede teen enige aanspreeklikheid wat betref eise, hofgedinge, aanspraak op vergoeding of koste wat teen die bogenoemde organisasies, amptenare of lede deur enige persoon, insluitende my boedel, my afhanklikes en myself, ingestel mag word voortspruitend uit my deelname aan en/of my teenwoordigheid by ?n byeenkoms te bogenoemde skietbane.
Ek onderneem verder om enige eise wat uit genoemde omstandighede mag voortspruit teen enige van die bogenoemde organisasies en hul lede te laat vaar en nie op te volg nie.
Geteken te

????????????????????op

?????????2012.
HANDTEKENING:

???????????????
Getuie 1:???????????. Getuie 2:???????????????.
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Wed Jan 25, 2012 9:41 am
by Arnold
Ceres se inskrywingsvormsit
Ek dink ek gaan die een uitsit en vir julle ouens ook 'n kans gee. Gaan eerder bietjie tyd saam met die baba en die res van die gesin geniet.
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Wed Jan 25, 2012 10:43 am
by MJK
Dankie Arnold...
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Tue Feb 07, 2012 9:50 am
by MJK
Terugvoer van my kant af
Die nuwe ontwerp van Pieter is baie effektief. Die foto geplaas deur Pieter is die een wat op my 308 gemonteer is.
Ek het ondervind dat die terugskop baie effektief gedemp word en dat die recoil op die 308 (155gr Nosler Competitions @ 2910 f/sek) baie minder is as die van 'n 243. Vir die eerste keer kan ek nou skote deurvolg op gongs en ander teikens (kan sien waar ek tref)
Geen akkuraatheid is ingeboet nie, inteendeel ek dink die akkuraatheid van geweer het toegeneem.
Tov die geraas - ek het Saterdag deelgeneem aan die Ceres Veldskiet en het lateraan saam met die manne in dieselfde aflos geskiet - nie een het gekla oor skokgolf / stof / klank nie!!
Die werk deur hom verrig is van hoogstaande gehalte en daar is algehele "attention to detail" .
Ek sal die tromprem te alle tyd aanbeveel en is gewis 'n goeie belegging op my geweer.
Dankie Pieter - uitstekende werk en een BAIE tevrede klient!!!
Ps net nie weer iets vinnig doen as jy klaar is nie....
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Tue Feb 07, 2012 10:03 am
by Arnold
Ek is baie jaloers. Ek het nog nie eers 'n kans gebry om 'n skoot af te trek met my MB wat so mooi netjies {gou die oggend ...

} opgesit is nie.
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Tue Feb 07, 2012 10:09 am
by Gerhard
Ek dink ek moet maar dalk so lank een bestel vir die 30 06...
Netjiese terug voer MJK.
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Tue Feb 07, 2012 10:36 am
by Johan JvR
More manne
Ek wil een kry vir my 300WinMag. Pieter - neem jy al bestellings?
groete
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Tue Feb 21, 2012 9:41 pm
by baboonstalker
Ek het vanmiddag die foto van John Matthee (Safari and Outdoor Stellenbosch) ontvang. Ek sal dat die prentjie self sy storie vertel...
[size=small]"115g berger vld op 100m 4 skote meet 0.177 eerste regte skote met die muzzelbrake.dis kleiner as die kaliber[/size]
[align=left]John Matthee"[/align]
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Wed Feb 22, 2012 3:00 am
by Monrique (SJ)
Dagse almal
So het ek my muzzlebrake van Pieter (Baboonstalker) af gekry om te toets.
Ek gaan n nuwe topic begin vir my bevindinge! Hou die spasie dop.
Groetnis
Re: Baboonstalker Trompremme
Posted: Thu Feb 23, 2012 8:41 am
by Arnold
Sien asb. my terugvoer oor die tromprem hier
http://jaracal.com/index.php/topic,9081.0.html
'n Opsomming van die terugvoer: Pieter maak 'n kwaliteit produk wat werk!