Re: Geweerkolf
Goeiemore
'n Vriend van my vertel my gister van die webwerf en dat ek ernstig gesoek word. Ek pleit skuldig, maar dit is darem nie net my skuld nie. Vodacom het die grootste aandeel.
Vir die wat belangstel hier is die omstandighede. In die fabriek het slegs een van die vertrekke nou en dan amper sein. Die foon le daar rond en ek antwoord hom wanneer hy lui en ek is nie met ander kliente, wat die moeite gedoen het om tot by my te ry besig is nie. As ek in 'n ander vertrek is waar dit partykeer raas hoor ek hom nie. Terugbel is nie 'n opsie nie, om 10 plus geweer manne op 'n dag terug te bel en gewere te gesels is groot pret, maar dit laat 'n dag omvlieg. Ek vra egter nie geld vir telefoon konsultasies nie en solank ek kuier staan die ander werk stil.
Ons besef daar is 'n probleem en ons het beloftes, net tyd gaan leer of iets daarvan kom.
Intussen kyk op die webwerf:
www.armtec.co.za of e-pos by
jchrisk@absamail.co.za.
Die e-posse antwoord ons gewoonlik in die aand as gewone mense slaap so as dieselfde persoon my weer dieselfde goed as 'n ruk terug vra gaan ek hom ignoreer.
Daleen se MTN netwerk is gewoonlik meer betroubaar, 083 531 5860.
Ons probeer om 'n goeie balans tussen bekostigbaarheid, kwaliteit en diens te handhaaf.
In elk geval dit lyk na 'n bakgat webwerf, ek is ingeskryf en sal gereeld kom draai.
Mooibly
Chris Kruger
ARMTEC
082 853 7134