Page 2 of 3
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Thu May 07, 2020 6:54 am
by jankraay
Bighero6.5 wrote:Cz 550 416 rigby is sekerlik een van die mees ongeskukste gewere wat geen talentvole skut met respek behandel nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is daai 11.1.11 kolf ontwerp se skuld
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie
Posted: Thu May 07, 2020 7:42 am
by Lategan1
Koos Barnard wrote: Wed May 06, 2020 10:50 am
Die .243 waarvan ek ontslae geraak het, het ek ook 90gr Speers gelaai. Die geweer was baie akkuraat, maar die kolf het my nie gepas nie en die hele geweer was net lomp. Toe smous ek hom aan 'n man in Noord-transvaal wat baie gelukkig was met hom. Sommer eerste week al bosbok geskiet.
Wat sukkel julle manne so met die .270? My Blaser vreet alles vir soetkoek op. Net die 110gr maak so 'n bietjie oop, 1.25MOA op 100m.
Mooi loop
Jy is seker ‘n Stormer wat nou weer ‘n Blou Bul uitgevang het!!!! Bosbok dalk net 10m weg agter digte bos en die man juig oor sy roer, Koos?
Beste.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Thu May 07, 2020 10:14 am
by Koos Barnard
Jip ek skree vir en op die Stormers. Kan nie die omstandighede van die bosbokjag onthou nie. Ek het die geweer deur 'n vriend aan die Noord-Transvaler verkoop en hy het my net by 'n paar geleenthede gesê die man is baie gelukkig met die Musgrave

.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Thu May 07, 2020 10:35 am
by Henna308
Howa 22-250... Sou seker vandag 'n ander prentjie gewees het met al die ingevoerde dryfmiddels wat tans tot ons beskikking is. Ek was ingelig deur kenners op hierdie einste forum dat die drukvlak waarteen S365 met my koeëlkombinasie gewerk het veroorsaak het dat die dryfmiddel onvoorspelbaar was partykeer. Die geweer het nie noodwendig sleg geskiet nie, hy het net nie konstant goed geskiet nie... 2 jaar later en ek kan nie sê ek kom agter ek het hom nie meer nie.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie
Posted: Thu May 07, 2020 1:12 pm
by LoopSoosStroop

Wat het jy toe gebou op daai aksie?
Ek dink as mens net bokke in die vlaktes wil skiet sou daai ding lekker gewerk het, maar nie vir lang afstand gonge nie.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 1:59 am
by Bighero6.5
Bighero6.5 wrote:Cz 550 416 rigby is sekerlik een van die mees ongeskukste gewere wat geen talentvole skut met respek behandel nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het nou vir my ñ .375 Sako gekry in die plek van die 416 rigby. Ek het hom nognie geskiet nie maar ek beplan hom vir ñ kat jag. Ek hoop hy kan dieselfde werk doen as die 416, behalwe dat hy nie my stopsels in my tande sal los ruk nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 5:08 am
by Ferdi Bam
n 243W, pragtige Musgrave K98. Ons kon mekaar eenvoudig net nie vind nie.
Groete
Ferdi Bam
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 6:45 am
by toelie
Bighero6.5 wrote: Fri May 08, 2020 1:59 am
Bighero6.5 wrote:Cz 550 416 rigby is sekerlik een van die mees ongeskukste gewere wat geen talentvole skut met respek behandel nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het nou vir my ñ .375 Sako gekry in die plek van die 416 rigby. Ek het hom nognie geskiet nie maar ek beplan hom vir ñ kat jag. Ek hoop hy kan dieselfde werk doen as die 416, behalwe dat hy nie my stopsels in my tande sal los ruk nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink daai Sako van jou gaan net so hard skop:)
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 7:28 am
by Lategan1
Ek luister ook!
Beste.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 8:38 am
by knipmes
Stem saam met Toelie. Die Sako 375 is onaangenaam om mee te skiet. Jy sal eers oor n lang tyd as jy niks anders het nie gewoond raak aan die terugskop.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 11:22 am
by Wouter Roets
knipmes wrote: Fri May 08, 2020 8:38 am
Stem saam met Toelie. Die Sako 375 is onaangenaam om mee te skiet. Jy sal eers oor n lang tyd as jy niks anders het nie gewoond raak aan die terugskop.
Die nuwe Sako's is darem n hele perd van n ander kleur in vergelyking met daai ou Finbears.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 12:02 pm
by knipmes
Wouter
Ek kan jou seker glo dat die nuwe modelle nie so kwaai skop nie want ek het nog nie met een van hulle geskiet nie. Ek het so n paar jaar gelede met ander man se Sako 375 Brown Bear geskiet. Dit was n mooi geweer maar ook geniepsig.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 2:58 pm
by BigBoreFanatic
Dinsdagaand sommer hier op die plaas met die nuwe 416 Rigby geskiet.... Ek kon toe sien - en voel - wat gaan my nuwe 'favourite' geweer/kaliber wees.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 3:25 pm
by Lategan1
Opskrif lees, wat gaan jy wegsmyt? Na hierdie 416 belewenis wyl ons kruitbek sit, wat is uit?
Beste.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 5:09 pm
by JPS
Snaaks hoe baie se 303’s baie bokke geskiet het maar almal het hulle nie gelike nie...
My 303 met 200gn claw rondeneus koeëls vat ek inige dag in die bosveld in en is veral lekker om lekker groot Varke te stamp.
Ek het nog nie ‘n geweer wat ek van onslae wil raak nie.
Ek mag dalk paar gewere verkoop mettertyd maar nie omdat ek van hulle wil onslae raak nie.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 8:58 pm
by Pvdw
7mm RemMag. Aaklige ding!!
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Fri May 08, 2020 9:21 pm
by Konrad308
Winchester model 70 . 243 win. Ek wou hom weg smyt toe eerder loop weg gesmyt en die aksie gebruik om n 6mm Dasher te bou.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Sat May 09, 2020 7:34 am
by Danie01
Jis julle manne wat nog .270's oor het en wil weggooi, gooi maar hierdiekant toe!
Meeste 270 of eintlik al die 270's wat ek ke skiet baie mooi met 130gr koele en s365 tussen 2940 en 2970 sonder moeite.
Al geweer wat ek seker noe oor huil nie is my ou plakgeweer (stuk plank, met rubber rek en draad hakkie koeels). Het hom vervang met my oupa se bsa windbuks en was nie n dag spyt nie.
Gedink daar sal meer .303's wees wat die manne wil vervang.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Sat May 09, 2020 6:34 pm
by 6.5/284Norma
7mm Rem Mag
Re: Water geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie
Posted: Sat May 09, 2020 6:39 pm
by Friedland
Geno wrote:Ek is baie verlig dat my 6.5Grendel verkoop is.
Sent from my SM-G988B using Tapatalk
As ek mag vra, hoekom?
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Water geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie
Posted: Sat May 09, 2020 8:54 pm
by Flip Nel
Friedland wrote: Sat May 09, 2020 6:39 pm
Geno wrote:Ek is baie verlig dat my 6.5Grendel verkoop is.
Sent from my SM-G988B using Tapatalk
As ek mag vra, hoekom?
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Ek het my (kinders se) 6.5Grendel verkoop na ek een bok geskiet het. Ek is nie oortuig dat my kinders bokke effektief met hom sou kon dood nie en sal hul eerder my .260AI gee of die 7-08AI wat ek beplan om te bou.
Dit was 'n jong blouwildebees bul met 100gr Nosler Ballistic Tip Hunting teen 2680fps.
Eerste skoot skuins van agter op die oor knop op 210y
Tweede skoot voor die kop op 250y
Derde skoot tussen die oog en oor op 310y
Die vierde en laaste skoot is met 'n .243Ackley met 87gr VMax geskiet in die oor toe is hy eers dood.
Ek het al bitter baie BWB geskiet met 6mm's met 55gr Ballistic Tips en nog nooit sulke swak prestasie ervaar op helmet houe nie.
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t ... el#p803434
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Sun May 10, 2020 12:01 am
by Bighero6.5
toelie wrote:Bighero6.5 wrote: Fri May 08, 2020 1:59 am
Bighero6.5 wrote:Cz 550 416 rigby is sekerlik een van die mees ongeskukste gewere wat geen talentvole skut met respek behandel nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het nou vir my ñ .375 Sako gekry in die plek van die 416 rigby. Ek het hom nognie geskiet nie maar ek beplan hom vir ñ kat jag. Ek hoop hy kan dieselfde werk doen as die 416, behalwe dat hy nie my stopsels in my tande sal los ruk nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink daai Sako van jou gaan net so hard skop:)
Toelie hoekom sê jy so. Wat is my ander opsie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Sun May 10, 2020 12:58 am
by Lategan1
Bighero, Wouter het j geantwoord hieronder. Die vraag is dus watter model Sako het jy in die .375 of stel jy belang in?
Van die vroeër modelle was bekend vir die tandestorie wat jy hieronder beskryf het!
Beste.
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Sun May 10, 2020 8:20 pm
by Pappabeer
Die ou Sako Finnbears op L61 aksies was baie lig, en gevolglik het hulle maar effens getrap met 300gr fabrieksammunisie. Die nuwes Sako 85 groot kalibers in n ander storie. Beter balans, effens swaarder en skiet heel aangenaam tot en met .500 Jeffery. As jy n ou Sako het sit jy eenvoudig n kwikbuis in. Ek het n paar skote met oorlede Ian Goss sin geskiet en sy terugskop is minder as my 9,3x62. Nader aan n .30-06 met 220gr ammunisie
Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie
Posted: Sun May 10, 2020 9:38 pm
by Beer (Christo)
Ek het ‘n SAKO 85 Kodiak in 375h&h. Lekker lig om heeldag te dra. Recoil in normale jag omstandighede heel gemaklik.
Inskiet en lading ontwikkeling was nie meer lekker na ‘n klompie skote nie.