Page 2 of 2
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Tue Dec 20, 2011 1:49 pm
by blaser
ja dit is nie my stelling om te se skiet alles met no 7 nie maar ek weet as jou lead reg is dan is n gans se kop amper net soos n duif
as jou choke die hael bymekaar hou dan skiet jy dus na die kop[voorkant] van die gans jou lead moet reg wees
ek skiet nie ganse of makoue met no 7 nie maar ek het al
ek gebruik 4 of 5 maar skiet wel fisante met no 7
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Tue Dec 20, 2011 2:19 pm
by molopohunter
Dankie remington, nou verstaan ek wat jy wou se.
Ek het jou bietjie mis verstaan op die grotes

, ek dog jy skiet alle voels net met 7.
Ek wou net vir Ben die basic grotes gee vir die duiwe ding, maar ek dink as iemand nou al wou weet watse grotes vir wat...kom lees net weer die post.
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Tue Dec 20, 2011 2:38 pm
by blaser
dit is beretta wat alles met no 7 skiet
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Tue Dec 20, 2011 4:37 pm
by Beretta
Ben
Die meeste persone wat haelgeweer skiet weet nie hoe hulle gewere skiet nie (pattern)As ek jy is vat n stuk koerant of enige groot stuk papier en sit hom teen die draad vas loop so 25m terug en skiet die papier kyk hoe lyk jou pattern.Dit is hoe jou geweer groep of skiet hou dit in gedagte as jy skiet.Gaan dan so elke paar meters verder en onthou dit.Nou weet jy mos wat die limits van jou geweer/chokes is alles wat in daardie pattern kom sal val (met no7)

.
Beretta
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Fri Feb 10, 2012 5:24 pm
by Bosmeerkat
Hier is so bietjie van 'n tabel wat handing kan wees.
Haelgeweer patroon aanwending
Makoue. AAA en 1 to 3
Eende. 3/4
Tarentale 4/5
Patryse /Fisante 5/7
Kleiner vo?ls 7/9
Onthou daar is 'n rede vir die verskillende pilletjies. Gebruik dit.

Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Sat Feb 11, 2012 8:11 am
by Paul Jonker
Martin
Het jy dalk 'n tabel vir AAA tot LG. Ek wil net a idee kry waarvoor die grower pille gebruik word.
Dankie
Paul
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Sat Mar 03, 2012 9:41 pm
by Bosmeerkat
Paul
Ek is besig om aan 'n tabel te werk wat ek sal opsit so gou ek kan. Hou maar forum dop sal nuwe post skep.
Groete
Martin
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Wed Feb 19, 2014 12:14 pm
by 470rigby
Slang Viljoen wat met sy honde honderde jagters vergesel per jaar, het rekord gehou van dood versus kwes op tarentale, en onteenseglik met beduidende statistiek bewys dat #4 baie minder kwes as die groter nommers.
#7 het gewoon net die penetrasie van #4 nie (2.4mm vs 3.1mm korrels)
Ek dink ons skuld dit aan ons jagvoels om hulle met die nodige respek te behandel en so min moontlik te kwes.
Dankie molopohunter vir jou nugter denke.
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Wed Feb 19, 2014 12:32 pm
by WILLEBEES
Paul Jonker wrote:Martin
Het jy dalk 'n tabel vir AAA tot LG. Ek wil net a idee kry waarvoor die grower pille gebruik word.
Dankie
Paul
Hi Paul - miskien help dit jou in die tussentyd?
Shotgun_Shot Size.pdf
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Sun Mar 30, 2014 7:33 pm
by Bosmeerkat
Paul
Sorry man - was effe laks. Stuur my 'n mail na
lamprecht.m@gmail.com dan email ek jou baie detail oor tabelle. Ek kon nie die pdf aanhak op 'n pm na jou toe nie
martin
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Sun Mar 30, 2014 7:52 pm
by tripodmvr
470rigby wrote:Slang Viljoen wat met sy honde honderde jagters vergesel per jaar, het rekord gehou van dood versus kwes op tarentale, en onteenseglik met beduidende statistiek bewys dat #4 baie minder kwes as die groter nommers.
#7 het gewoon net die penetrasie van #4 nie (2.4mm vs 3.1mm korrels)
Ek dink ons skuld dit aan ons jagvoels om hulle met die nodige respek te behandel en so min moontlik te kwes.
Dankie molopohunter vir jou nugter denke.
Het dit al baie opgemerk dat weggaande tarentale nie met No. 5's neergesit word nie. Landing gear sak af maar hy vlieg tot 500 meter vêr voor hy gaan sit. Die No. 4's vou hom egter dadelik.
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Sun Aug 03, 2014 6:25 pm
by Hardekool
Lyk my die pryse het intussen redelik opgegaan. Het nou R100 betaal vir 25 Fiochi 7's. Is dit die going rate of kan mense nog goedkoper kry? Gebruik die meestal vir kleie.
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Sun Aug 03, 2014 6:32 pm
by tripodmvr
Blykbaar is pryse nou R1000 vir kas van 250. Dit klop met die prys wat jy betaal het.
Re: 12 BOOR PATROON PRYSE
Posted: Tue Aug 05, 2014 3:08 pm
by Proudprado
Het vandag net onder R1000 vir 250 nr. 7 betaal by Camdix in Krugersdorp.