Page 2 of 3

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sat Apr 24, 2021 5:51 pm
by projagter
Wat is jul ondervinding van die sustac in vergelyking met bogenoemde aanbevelings.

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sat Apr 24, 2021 5:58 pm
by projagter
Sustac het beslis die mees indrukwekkende ( sinvolle ) toetsmetode en video daarvan -- maar dit is al 3 jaar oud en tegnologie staan nie stil nie
????? Wonder hoekom die sustac eienaars so stil is?

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sat Apr 24, 2021 6:09 pm
by Klein Karoo
Ek het 3 recoil reapers, 375 Ruger / 30-06 en 308.

Op al die bogenomede werk die CMG uitstekend en sal weer die selfde roete gaan.

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sat Apr 24, 2021 9:36 pm
by BeesBreet
Die sustac, is die stilste en vat die meeste recoil weg... dit gesê as ek weer koop sal ek hom nie oorweeg nie asgv die prys.


My kop staan deesdae warrior toe as die silencer n brake moet by he. (Lees waarde vir geld)

Voor ek gekruisig word, dit is my opinie, gevorm op persoonlikke ervaring.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sat Apr 24, 2021 11:33 pm
by projagter
Klein Karoo. Iets wat tevredenheid bied op die 3 kalibers moet beslis oorwweg word. Ons soek juis demper vir 308 vir kinders se skietslag.

BeesB. Ek hou baie van wat ek sien en lees van die Sustac -- maar die prys het gemaak dat ek nog weglê en verder kyk vir waarde vir geld. Netso. Hier word niemand gekruisig nie -- soek mos net persoonlike gevoel en tevredenheid.
Heel paar manne wys duim vir die warrior. EN AS hy nie break moet hê nie wat dan?

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 5:57 am
by projagter
Accurate arms het bygekom as moontlikheid. Hou van hul afrikaans op hul web en nog mooi vrou ook.

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 7:08 am
by jankraay
Ek gebruik Gunwarrior met n internal en external brake op altwee my komp gewere(.338 AI & 7mm Shehane) en is baie tevrede!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 8:55 am
by BeesBreet
projagter wrote:Klein Karoo. Iets wat tevredenheid bied op die 3 kalibers moet beslis oorwweg word. Ons soek juis demper vir 308 vir kinders se skietslag.

BeesB. Ek hou baie van wat ek sien en lees van die Sustac -- maar die prys het gemaak dat ek nog weglê en verder kyk vir waarde vir geld. Netso. Hier word niemand gekruisig nie -- soek mos net persoonlike gevoel en tevredenheid.
Heel paar manne wys duim vir die warrior. EN AS hy nie break moet hê nie wat dan?
Sonder n brake raak die lys van moontlikhede en opsies baie langer, stem sou nogsteeds vir Warrior gaan, maar dit hang af van baie faktore.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 10:12 am
by projagter
BeesBreet wrote: Sun Apr 25, 2021 8:55 am
Sonder n brake raak die lys van moontlikhede en opsies baie langer, stem sou nogsteeds vir Warrior gaan, maar dit hang af van baie faktore.


Daar is beslis baie faktore soos jy sê -- stem. Maar wil klank en terugskop vermindering teen
n prys as hoof gebruiksrede en wegspring stel. Daarna sal ek dan na grootte, gewig, looks ens. ens. kyk.
Wat prys betref -- 'n duisend of wat die kant of daardie kant toe sal nou nie so vreeslik saak maak nie maar dan moet dit darem resultaat geregverdig wees.
dankie

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 10:18 am
by projagter
jankraay wrote: Sun Apr 25, 2021 7:08 am Ek gebruik Gunwarrior met n internal en external brake op altwee my komp gewere(.338 AI & 7mm Shehane) en is baie tevrede!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Op daardie twee menere sal die full monty beslis die regte keuse wees. Die feit dat die eksterne brake gebruik kan word soos nodig is belangrike punt. My gedagte gaan nogal in daardie rigting. Wat maak die eksterne brake aan die klank.

dankie.

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 10:28 am
by projagter
'n Vriend maak gister die stelling: "mens moet maar mooi besluit oor 'n knaldemper, want daar word meer eerstekeer knaldempers verkoop wat nie aan die verwagting voldoen nie as wat verkoop word wat wel aan die verwagting voldoen. En baie is tevrede omdat hulle nie van beter weet nie."
Bekvol??

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 10:30 am
by jankraay
Hang af waarna jy verwys. Die is verseker nie Warren se 1ste KD nie en ek het al Aimzonic, Hog en Oryx gebruik maar nie een van hulle kom naby die Warrior nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 12:26 pm
by projagter
Ek dink hy verwys na eerste knaldemper wat 'n skut aankoop -- sonder huiswerk en praktiese vergelyking -- wat dan wanneer gebruik word nie aan die verwagting voldoen nie. Ekself het al twee dempers, op aanbeveling van slim guntiffie gekoop, redelik vinnig afgehaal.
Die Warrior lyk my verdien paar regmerke.
Enige kennis van Accurate Arms se produk??

ek luister graag.

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 2:13 pm
by jankraay
Ek sal laat iemand daai fotos kom opsit van daai KD dan besluit jy maar self. Ek is nie bereid om my geld op so iets te spandeer nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 4:03 pm
by projagter
Reg so.

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sun Apr 25, 2021 5:00 pm
by projagter
Die Oryx manne is doodstil????

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Mon Apr 26, 2021 9:25 am
by projagter
Moet ons nie Trueworx ook oorweging gee nie?

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Mon Apr 26, 2021 9:26 am
by jankraay
projagter wrote:Moet ons nie Trueworx ook oorweging gee nie?
Enige tyd ja


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Mon Apr 26, 2021 10:08 am
by projagter
jankraay wrote: Mon Apr 26, 2021 9:26 am
projagter wrote:Moet ons nie Trueworx ook oorweging gee nie?
Enige tyd ja


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek vind net nêrens inligting oor die Trueworx soos met die ander nie??

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sat May 15, 2021 10:05 am
by Chris (vdB)
Hi Projagter

Het jy al n' besluit gemaak van wat jy gaan gebruik? Ek wil self een aanskaf, maar sukkel om n' besluit te maak tussen die Recoil Reaper en die Warrior

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sat May 29, 2021 3:42 pm
by projagter
Chris. Die Recoil Reaper is toe die keuse -- persoonlike aandag en reaksie op vrae deur die vervaardiger het deurslag gegee.
Wagtyd van 12 weke.

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Sat May 29, 2021 5:48 pm
by Chris (vdB)
projagter wrote: Sat May 29, 2021 3:42 pm Chris. Die Recoil Reaper is toe die keuse -- persoonlike aandag en reaksie op vrae deur die vervaardiger het deurslag gegee.
Wagtyd van 12 weke.
Dankie, ek het toe ook in tussen my bestelling in gesit vir n' Recoil Reaper.

Groete

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Wed Jun 16, 2021 1:34 pm
by projagter
Chris (vdB) wrote: Sat May 29, 2021 5:48 pm
projagter wrote: Sat May 29, 2021 3:42 pm Chris. Die Recoil Reaper is toe die keuse -- persoonlike aandag en reaksie op vrae deur die vervaardiger het deurslag gegee.
Wagtyd van 12 weke.
Dankie, ek het toe ook in tussen my bestelling in gesit vir n' Recoil Reaper.

Groete
Het jy al joune gekry en wat is jou bevinding??

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Wed Jun 16, 2021 5:24 pm
by Chris (vdB)
Ek wag nog vir hom, sal eers einde Julie hom kry. Het jy joune al gekry?

Re: Knaldemper met ingeboude brake.

Posted: Wed Jun 16, 2021 5:41 pm
by PWV
Ek verseker julle. Julle gaan nie teleurgesteld wees met die recoil reaper nie. Puik stukkie tegnologie teen 'n billike prys.