Page 2 of 2
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 7:19 am
by Frikkie Coetzee
Net so terloops. Min maar min messe gaan deur n buffel se afslag sonder om stomp te raak.
Goedkoop messe (440) het jy n gross nodig.
Met my D2 mes moes ek hom na die tyd weer skerp maak maar hy het baie baie beter daaruit gekom as die goedkoper messe
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 9:40 am
by tau
Eduard Venter wrote: Sun Dec 12, 2021 8:03 pm
So 2 weke gelede misplaas ek my Kershaw en my Leatherman se sakkie breek. Intussen het ek nog net gesukkel. Nooit weer sny ek 'n rooibok se keel met een van daai klein dunlem matmessies nie!
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Ek dra altyd 'n mes. Man juwele noem ek dit.
'n Skede mes is 'n moet as ek jag. Ek het nou al baie, maar my klein Muele bly by my.
Ek is ook eendag so in matmes gebruik in geforseer...
Ek skiet een oggend 'n Kudu koei by my in Suidwes. Kopskoot en spring vinnig uit om haar te bloei voordat daar nie meer "pressure" oor is nie. Ek sit my geliefde Muela op die klip langs my neer.
Ons laai die Kudu en ry na die anderkant van die plaas, nie regtig uit om nog 'n bok om te skiet nie. Daar ry ons 'n giskoei Gemsbok raak. Ek skiet haar slegter as wat ek wou en dit raak so bietjie van 'n opvolg besigheid.
Uiteindelik skiet ek haar plat en soos julle gemsbok ken is sy nie lus om die ewige in te gaan nie. Toe ek afspring besef ek my mes is nog 15km weg van my in die berg. My beste plan is toe die matmes in my toolbox. Dit was aardig, maar ek kon darem die pens trek en die bok bloei.
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 10:40 am
by Wouter Roets
More Manne
Toe ek jonger was het n mens elke moontlike ding op daai belt van jou gedra dat dit gelyk het soos gadget man wat deur Afrika ploeter. Natuurlik was n oordentlike jagmes deel van die katoeters. Ja ek dra nog steeds nou en dan n jagmes, maar oor die algemeen met die grootwildjagte is dit net n knipmes in my sak wat my vergesel vir die eenvoudige rede dat ek, een nooit sonder een is nie en twee dat ek so lig as moontlik wil jag. Goed op jou belt raas as jou geweer daarteen stamp en verhinder baie keer waar jy jou geweer kan dra op hierdie uitgerekte staptogte.
Nou ek het so paar maande terug my Coldsteel Voyager gaan staan en verloor nadat ons meer as 20 jaar saam met mekaar was. Ek is nou nog smoor kwaad daaroor en moet bieg nog nie een van my horde ander mensse, want ek is n messlet, vul die leemte nie. Daai mes het my heel eerste buffel gecape, tesame met n handbyltjie want my PH, jagmaat en 4 gidse het al hulle messe op die een jagbakkie gelos wat oor die 7km van ons af gestaan het. So ja, jou mes is nie net altyd n lemoenskiller en kaaskoeksnyer op so n trip nie en ja ek was ontsaglik bly dat die mes van so n harde staal gebruik gemaak het. Ek mis jou ou grote of is dit nou ou kleintjie en mag die makmoer wat hom nou het delaaste vinger afsny met hom!
Groetnis
Wouter
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 10:45 am
by Lategan1
Kostelik ... makmoer

Mag hy net nie hier terugpraat nie.
Les is, kaaskoek se kors moet saggerig wees.
Beste.
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 11:01 am
by saswart
Koos Barnard wrote: Sun Dec 12, 2021 9:51 am
Iets wat my altyd laat glimlag is die manne wat met groot erns wil weet van watter tipe staal die lem gemaak is, hoe taai die staal is en hoe lank dit sy snykant sal behou. En dan weet ek daardie man maak soos Julian geskryf het... hy sny kaaskoek en dalk net miskien 'n lemoen.
Mooi loop
Ek wonder wat Oom Martiens sou se van die jagmesse...

Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 11:37 am
by Wouter Roets
Boys
So gepraat oor messe, het enige een van julle al iets gekoop by SA Knives? Pryse lyk vir my te goed om waar te wees. Wou nog altyd n Demascus lem jagmes he.
Groetnis
Die Makmoer
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 11:53 am
by Koos Barnard
Frikkie, ek stem saam met jou oor 440 en die ander soorte staal.
SAswart, ek het hom gevra toe sê hy:
"Hel Kola nou vra jy my 'n ding. Jong in ons dae het die jongetjiesmense mos amper amal mes gedra. Baie het BEST gebruik en baie anner manne Josef Rooigert. Dit was sommer sukke knipmesse met lemme wat gou roes as jy hom nou loop staan en verwaardeloos. Myne se lem was omtrint so lank soos my mittelvinger. En jy moes maar jou slypsteen byderhand hou. Swaarde het ons mos nou nie eintlik gedra nie. Daai het ons maar gelos vir manne soos Zorro en daai Sir Lance-wil-loop. Daai kêrelmens wat mos na prinses Guinea-veer gevry het. Ek meen sy swaard se naam was Ekskêlieber of so iets."
"Oom bedoel seker Sir Lancelot en Guinevere," sê ek toe.
"Ja Kola netso, ek praat van daai Vere-vrou. Mos al wat 'n man is loop staan en bevry. Van ou Merlin, tot koning Arse Sore en Lance-wil-loop. Mind you,daai swaard van sir Lance sil seker mooi te pas kom vir allie manne wat wil loop bakket list buffel en leeu skiet. Veral 'n buffel het mosse moedswillige taai vel. En loop jou skootjie nou nie so mooi soos jy gesien het Kruik Bodderton in sy video's wys nie kan jy mos altyd daai swaard op jou heup aantree om die buffel te probeer kafdraf. Daai sil nou vir jou 'n lekker bakket list afêre wees. Maar ek is bevrees jy sil eers moet loop klas vat by Zorro anners gaat jou bakket vol gate wees."
Mooi loop
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 4:13 pm
by Methos
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 4:54 pm
by HeinM
Koos Barnard wrote: Mon Dec 13, 2021 11:53 am

Puik

Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 9:03 pm
by Frikkie Coetzee
Koos. Ek hoop daai ou se mes sny beter as sy spelling en taal gebruik.
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Mon Dec 13, 2021 9:38 pm
by JJV
Sjoe, hectic, maar die honne bly gewillig!!!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Tue Dec 14, 2021 10:29 am
by Forester
Pluimpie vir Andries!
Hierdie mes is darem gebruik om te cape, ek wou seker maak die manne gebruik ‘n skerp mes…
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Tue Dec 14, 2021 10:40 am
by DWB
Wynand, ek dra presies dieselfde mes op grootwild jagte. Met ñ mopanie hef!
Re: Jagmes op grootwild jagte
Posted: Tue Dec 14, 2021 11:14 am

Top top!!