Page 2 of 5
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 3:37 pm
by BeesBreet
Dumbluck wrote:BeesBreet wrote:Jammer vir die hijack. Ek al deur n paar spyderco messe, hulle clips jou eenvoudig nie. Ervaar iemand anders die selfde?
Sent from my iPhone using Tapatalk
My clip het redelik kwaai gehaak so kon verstaan dat myne afgebreek het.
Kon iemand al ander clips gekoop kry?
Ek het op 'n tyd probeer en kwaai rondgebel, ma het toe opgegee.
Enige kommersiële duikers met Atlantic Salt messe? Julle haal mos die clip af, ek sal hom koop.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Clips koop en vervang het Ek al baie gedoen. Maar dan later kom hul los of die skroef draad aan die hef se kant strip… ja locktite en the works
Dankie vir die draad ek jou dop
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 4:26 pm
by Capt. Yoda
Kershaw shuffle maar al wat hy eintlik sny is gister se braaivleis in my kosblikkie
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 5:45 pm
by Askari
Dumbluck wrote: Thu Mar 31, 2022 3:20 pm
BeesBreet wrote:Jammer vir die hijack. Ek al deur n paar spyderco messe, hulle clips jou eenvoudig nie. Ervaar iemand anders die selfde?
Sent from my iPhone using Tapatalk
My clip het redelik kwaai gehaak so kon verstaan dat myne afgebreek het.
Kon iemand al ander clips gekoop kry?
Ek het op 'n tyd probeer en kwaai rondgebel, ma het toe opgegee.
Enige kommersiële duikers met Atlantic Salt messe? Julle haal mos die clip af, ek sal hom koop.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Probeer
https://www.knifeguy.co.za/ of Whatsapp Martin op nul824405882.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 7:17 pm
by Dumbluck
Baie dankie, Bees het ook vir my aangestuur
Sal maak laat my Native weer 'n plesier is om te dra.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Thu Mar 31, 2022 7:28 pm
by jager
Ek is al deur die hele spektrum van goedkoop, na so duur ek is bang om die ding te gebruik. Deesdae is daar 'n spyderco pacific salt lc200n in my sak. Vir my gebruik is dit amper die perfekte mes, tot daar 'n spydiechef lightweight uitkom....
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Fri Apr 01, 2022 1:19 am
by Pappabeer
Benchmade Osborne design elke dag in die hospitaal
As ek bosvarke jag en slag n Victorinox Hunter Pro M Alox
Ek het altyd n Havelon met so 15 nr 60 post mortem lemme beet
Soms n Spyderco Paramilitary II Titanium
Soms n Spyderco Delica as ek dink ek gaan hom verloor
As ek met n oopvisier jag dra ek n fixed blade uit NZ deur Gary von Gruff. Lieflike mes met n mild steel lem wat flymskerp slyp in minute, en n mooi patina ontwikkel.
In die kamp n stel Kershaw Blade traders.
Agterop die bakkie is twee kapmesse of kelembes om n skietpad oop te kap op n varkvoer
Daar is ook altyd n Victorinox multitool in my camelback, en n Leatherman Wingman in my rangebag. En n Coldsteel kudu (aka Okapi) in my bakkie.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Fri Apr 01, 2022 8:03 am
by Ockert1992
PB, netjies uit een gesit en 'n paar lekker messe wat jy daar het.
As ek so kyk lyk my is Spyderco redelik gewild onder die knipmesse en dan Leatherman onder die multitools.
Hier is hoe en waar ek myne tans gebruik:
Elke dag dra is Spyderco Delica.
In die bakkie is die Honey Badger en Leatherman Wave II.
Agter in bakkie gereedskap kis is 'n goedkoop tipe fixed blade in plastiek houer.
Vir jag gebruik ek die volgende:
In rugsak - Havolon met verwyderbare lemme.
Verder wissel ek tussen 'n fixed blade, ou kershaw gemsbok en die Delica.
Die res lê in die kluis.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Fri Apr 01, 2022 8:25 am
by Jakkie07
Tussen n Victorinox Alox and n mes van n mesmaker virend.
Dit hang maar af van die broek wat ek die dag dra, die Alox is lig en dra maklik in enige broek. Die ander mes het gewig aan hom.
Dan soms sal ek die Opinel vat.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Fri Apr 08, 2022 9:39 am
by Ratel
Ek is op soek na die oorsponklike okapi wat voor 1988 deur Soligen vervaardig was en dan ook na die Kudu mes wat basies n verbetering van die okapi was. Soek dit vir my versameling. Weet iemand dalk waar hierdie messe te koop is.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Fri Apr 08, 2022 12:21 pm
by Pappabeer
Ek het n oorsproklike Okapi en n Coldsteel kudu, maar nie te koop. Ek kyk uit vir jou
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Fri Apr 08, 2022 1:20 pm
by Supacow
Sharp Edge het altyd die Kudu verkoop
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sat Apr 16, 2022 8:38 am
by ruaanb
Ek het 2 van daai Coldsteel Kudu’s by iemand hier op forum gekoop. Is vlymskerp en maklik om vlymskerp te hou.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sat Apr 16, 2022 8:39 am
by ruaanb
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sat Apr 16, 2022 2:04 pm
by Ratel
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sat Apr 16, 2022 7:37 pm
by Vleisie
Ek dra nou al vir n klompie jare die volgende kombinasie:
Leatherman Charge met sy ekstra bit set op die heup.
Honey Badger Wharncleaver medium D2 in my broeksak gehak met sy knip.
CRKT Minimalist Bowie in sy kydex skede heel voor op my belt suiwer vir as die pawpaw die fan strike.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sun Apr 17, 2022 5:22 pm
by Chris (vdB)
Kan julle manne dalk se waarmee julle jul messe skerp maak ook. Sal mens n' Honey Badger met D2 lem, se lem opneuk as jy hom sommer deur een van daai slypers met die V wat Crown verkoop trek?
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sun Apr 17, 2022 5:43 pm
by Ds J
Chris (vdB) wrote: Sun Apr 17, 2022 5:22 pm
Kan julle manne dalk se waarmee julle jul messe skerp maak ook. Sal mens n' Honey Badger met D2 lem, se lem opneuk as jy hom sommer deur een van daai slypers met die V wat Crown verkoop trek?
D2 sal waarskynlik "daai slyper" beskadig
Chris, die maklikste is met skuurpapier op n stukkie sagte leer. Dit gee n effe ronde snyvlak, maar hy is sterker as die gewone reguit snyvlak, en slyp vinnig. Die nadeel is dat hy bietjie vinniger wegslyp as met n gewone slypsteen, maar darem stadiger as met n bandslyper.
As dit n spogmes is sal ek eerder die moeite doen om hom met iets soos n Lansky of n Warthog of n Tormec te slyp, of iemand betaal om dit professioneel te doen.
Die deurtrekslypers is regtig net goed genoeg vir messe met swak staal, of as jy werklik nie omgee nie.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sun Apr 17, 2022 6:45 pm
by Eduard Venter
As jy nie hou van sukkel nie, kry 'n warthog en klaar. Ek slyp elke jaar minstens een stel steentjies weg op hom. Ek het 'n lansky ook en gebruik hom, die resultaat is indrukwekkend maar dis nie bedoel vir die besige jagseisoen nie.
Vir uit en uit 'n selfverdediging mes sal ek op iets soos 'n lansky stel slyp. Hy gaan mos lank hou en vlymskerp wees die dag as jy hom nodig het.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sun Apr 17, 2022 6:56 pm
by Ratel
Chris (vdB) wrote: Sun Apr 17, 2022 5:22 pm
Kan julle manne dalk se waarmee julle jul messe skerp maak ook. Sal mens n' Honey Badger met D2 lem, se lem opneuk as jy hom sommer deur een van daai slypers met die V wat Crown verkoop trek?
Warthog en Lansky.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Sun Apr 17, 2022 10:39 pm
by OosKaapJagter
Ek het heelwat ouer tipe Kershaws, 'n paar CRKT M16's en 'n Gerber Applegate-Fairbairn.
In die jagveld en by die viswater dra ek deesdae 'n Morakniv Companion. Dit is uitstekende waarde vir geld, baie bruikbaar en jy huil nie baie as jy dit sou verloor nie. Vir die prys is dit onverbeterlik.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Mon Apr 18, 2022 3:52 am
by Chris (vdB)
Dankie julle
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Mon Apr 18, 2022 11:08 am
by Capt. Yoda
Ek het n Warthog multi edge as ek bou naam reg het en die V vir kombuis messe maar ek gebruik maar n lansky op my messe, die warthog is vir my n gesukkel
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Mon Apr 18, 2022 4:29 pm
by ruaanb
Ek het so paar jaar gelede een van die Monkey messe gekoop wat opslag gemaak het. Daai ding is hard verby. Ek is deur n stel warthog stene net op hom in 3 maande. Ek gebruik die mes baie.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Apr 20, 2022 2:07 pm
by Toxxyc
Ek gebruik 'n Worksharp om my messe skerp te hou. As jy dink die Warthog is vinnig, wag tot jy die meneer gesien het. Jou messe bly stomp tydens load shedding maar dis OK.
Re: Messe - Wat dra julle deesdae?
Posted: Wed Apr 20, 2022 3:15 pm
by Capt. Yoda
Praat ons van die Warthog? Ou wat dink hys vinnig het bitter baie tyd maar daai Worksharp is netjies