Page 2 of 3

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Tue Jun 28, 2022 2:21 pm
by Arnold
Nou wag ons net ...

Image

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Tue Jun 28, 2022 4:29 pm
by Swede
Watter kruit is gebruik?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Wed Jun 29, 2022 8:18 am
by Arnold
Swede wrote: Tue Jun 28, 2022 4:29 pm Watter kruit is gebruik?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Ek laai S365 vir 2870fps met die 165gr Huntac uit my 20" 30-06 ;)
Winchester doppe met 'n H2O kapasiteit van so 71.6gr en Federal se 210 match primer. Die node is eintlik hier by 2800fps maar hy skiet nie te sleg by 2870fps nie so ek gaan hom daar probeer met die monoliete aangesien dit nie 'n vêrskiet geweer is nie.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Wed Jun 29, 2022 11:36 am
by Swede
Dankie

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Mon Jul 04, 2022 2:12 pm
by Giepie
Ek het 2 pakkies 170gr vir 303 gekoop. In altwee was daar twee koeëls wat nie vir die 303 was nie, maar .308. Ek het die 2de pakkie s'n vandag terug gevat na Zimbi toe. Paul daar het vir Chris van Balistix daaroor gebel. Ek het toe self met Chris gepraat, hy was baie verleë daaroor, en gesê hulle kry nogal probleme in die verpakkings afdeling, maar iemand se agterente gaan geskop word. Ek is toe ruim vergoed deur Balistix. Groot waardering Balistix!

Ek het toe sommer die geleentheid gebruik om te noem dat ons jagters eintlik 150grs sou verkies. Hy verstaan 100%, maar volgens hom het die "303 verenigings" gesê die 170gr is nader aan dit wat die 303 skuts wil hê, dit is naby aan die 174gr. So dit is vir teiken skiet. Chris verstaan ons jagters se siening oor die monolitiese koeëls, maar sê hulle kan nie bekostig om 2 gewigte koeëls vir die 303 te maak nie, dit verkoop nie so baie as veral die .308 koeëls nie. Maar hy sê ons gesprek kan dalk iets aan die gang sit.

Nou moet ek net 'n bok gaan skiet om te sien hoe dit doen, ek moet ook net my kant bring. ;D Sover kry ek 'n 1" groepering, 42,1 gr S341 uit 'n 22" Lee Enfield N4Mk2, wat ek dink baie goed is vir 'n Lee Enfield.

Ek het groot waardering vir Chris se gesindheid en sal hulle waarskynlik bly ondersteun, ook in die ander kalibers.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Mon Jul 04, 2022 2:39 pm
by Arnold
Ons het die naweek toe 1 Rooibok, 2 Blesbokke en een Kudu geskiet met die 85gr Huntac. Ek het geen koeels om te wys nie aangesien almal deurgegaan het maar volgens die uitgangswonde gedoen het wat hulle moes. Wat weereens opmerlik was is dat skootplasing met monolitiese koeels belangrik is aangesien hulle minder sekondere kade maak.

Ek was baie tevrede en sal hulle in die toekoms weer gebruik. Daai 85gr @ 3400fps is 'n lekker kombinasie en met die min recoil het dit mooi gewerk vir die onervare jagters wat met die geweer geskiet het.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Mon Jul 04, 2022 2:41 pm
by Klein Chris
Dankie Giepie.
Ek sidder om te dink wat gaan gebeur as n nie oplettende herlaaier n 303 koeël deur n 308 of 30-06 ens jaag.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Sat Jul 30, 2022 9:03 am
by Faas
More Giepie

Ek hou jou vordering fyn dop, dink ook om hulle in my MK4 n1 te skiet. Hoe was jou groepeing met hierdie 42.8gr?

Dankie groete

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Sun Aug 21, 2022 1:43 pm
by J.A.N
Ek het vir die naweek se jag die 155gr Huntac in my 308 gebruik. Hulle het goed gewerk. Het kudu en twee Swartwildebeeste geskiet. Ek het geen koeël herwin nie, selfs op ñ blad skoot van 429m op die een Swartwildebees.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Wed Oct 12, 2022 9:01 pm
by Arnold
Het julle al na hierdie Huntac koeels gekyk en spesifiek na verskille tussen koeels in die boksie? Ek het nou nie regtig hierna opgelet nie want ek was haastig om te gaan jag maar nou met sou bietjie meer tyd sien ek taamlike verskil in lengte en dan die meplat.

Laat weet bietjie wat julle ervaring is.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu Oct 13, 2022 9:29 am
by apiemarais
Hi Arnold ek het dieselfde ondervind en vir Roelof n mail gestuur op 8 Aug. Hy het nie eens die moeite gedoen om te antwood nie

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk


Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Tue May 09, 2023 11:26 am
by Giepie
Ek is besig om die .303 te verkoop, ek het ongelukkig nie kans gekry om dit op 'n bok te toets nie. Intussen 'n 30-06 aangeskaf, nou soek ek oefen koeëls, maar waarmee ek ook kan jag. Ek wil ook graag die plaaslike mark ondersteun. Ek het die 175gr Target gekry en nog net 1 keer met dit geskiet, maar die groepering was so 6", terwyl ek met ander koeëls ,5" groeperings gekry het. So ek neem aan die lading was nie reg nie. Hoe groot verskil maal die HBN op die lading op QL? Ek wat sal die "friction redaction multiplier" op QL wees? Die default lyk soos ,66

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Tue May 09, 2023 12:43 pm
by tripodmvr
Giepie, is die groep met 'n knaldemper aan geskiet?

Gebruik die 0,66 by die "friction proofed". Het dit nog altyd aanvaar en so gebruik.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu May 11, 2023 10:35 am
by Giepie
Ja, met knaldemper. nêrens genick of niks nie. Hoekom sal die demper so 'n verskil maak?

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu May 11, 2023 3:03 pm
by tripodmvr
Dit mag dalk lyk of die koeël nie die demper raak nie. Haal dit af en kyk hoe lyk die groepe dan.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu May 11, 2023 3:50 pm
by Capt. Yoda
Met 6duim groepe kan jy amper beter af wees om die bok met die demper te gooi

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu May 11, 2023 4:40 pm
by Giepie
Maar ek kry ,5" groepe met Hornady's. Hornady's is ongelukkig net amper 3x die prys, so net vir jag. Sal maar verder "speel" met die Balistix. ;D

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu May 11, 2023 4:54 pm
by OosKaapJagter
Die balistix 175gr is 'n monolitiese koeël en is dus langer as 'n loodkern koeël.

Kan dit wees dat die groefdraai van Giepie se dertig-nul-kwes sodanig is dat dit nie die balistix stabiliseer nie? Daar is darem 'n massiewe verskil tussen 'n halfduim groepering en 'n sesduim groepering.

Probeer dalk 'n dertig kaliber in 'n ligter gewig; die koeël sal korter wees.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu May 11, 2023 5:34 pm
by Cobus Wessels
Onthou dat meeste Europese. 30 lope slegs 1:11 draai het. Selfs 165g monolitiese punte is baie naby aan te lank.
As jy Sak, Tikka, Blaser etc gebruik moet jy dalk baie ligter gaan.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu May 11, 2023 7:56 pm
by Giepie
Ek het 'n Howa met 1:10 draai. Ek gaan eers my ander koeëls se ladings reg kry, CSX is reg, nou wil ek Lapua 167gr reg kry vir gonge, 175gr Sierras dan volgende. Dan die loop ordentlik skoon maak voor ek weer die Balistix vat.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Fri May 12, 2023 9:53 am
by Wouter Roets
Giepie

6 duim groepe dui dat daar iets groot fout is.

Groetnis
Wouter

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Thu Jun 29, 2023 10:24 pm
by Giepie
Ek kan terug rapporteer dat ek oor begin het met my lading ontwikkeling van 175gr Target op die 30-06. Dit is vir met S365. Met 3 skote snyers op 100m gekry het. Die spoed was net bietjie min na my sin, 2573v/s, maar vir teiken skiet tot 300m sal dit ok wees. Met Reloder 17 kry ek 2760v/s sonder enige te hoë druk tekens, maar moet verder kyk vir beter groepe, dan kan ek kyk na die Huntac vir jag.

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Fri Jun 30, 2023 8:46 am
by OupaZA
Hi Giepie,

Wat was toe die fout, kan net lading 'n 6duim groep maak (of was dit nie op 100m nie?).

Groete

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Fri Jun 30, 2023 8:52 am
by Capt. Yoda
Dink Giepie het dalk met die 3de skoot van sy stoel af geval

Re: Balistix Huntac koeëls?

Posted: Fri Jun 30, 2023 12:14 pm
by Giepie
Was op 100m. Ek kan nie die rede sien nie. Wat ek wel nou gedoen het was om die loop deeglik skoon te gemaak het voor ek weer met die HBN begin skiet het. Die vorige keer was tussen ander kooëls gewees. Ek het eers so 5 skote met ander kruit maar selfde koeëls as foulers geskiet. Dit was interessant hoe die spoed van elke skoot vinniger geword het. Na ek die ladingontwikkeling skote geskiet het, het ek weer 3 skote met "fouler" ladings geskiet en die spoed was so 30v/s vinniger. Sal bietjie die volgende skote se spoed dophou om te vergelyk.

So my vraag nou vir die manne wat HBN gebruik, kan julle ook die verskil met en sonder HBN so agterkom? Ek het ook gehoor die loop maak baie makliker skoon met die HBN.