Page 2 of 2

Re: Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,

Posted: Wed Apr 18, 2012 12:45 pm
by johan1
Ek het nou n ander ding ontdek en nou kan ek nie skaapribtjoppies ander eet nie. Dit proe net reg vir my nie en dit is.........

Daai Robbinson spice botteltjie met die ligblou proppie, sout en asyn spice en daai bottetjie wat jy draai vir die swart peper.

Net dit. Ek belowe , net dit , en jy kan laat waai met daai sout en asyn. Mense dis verslawend

Re: Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,

Posted: Fri Apr 20, 2012 1:23 am
by visstok
Sal daai ene probeer! Ek hou nogal van daai sout en asyn spice. Dink dit kan oor lekker wees! Groete visstok

Re: Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:26 am
by johan1
Ek belowe jou jy sal nie weer  tjoppies op n ander manier eet nie. Daai goed is nie soos sout nie as jy te veel sout gooi kan jy daai vleis opvoeter , maar hierdie spice kan jy maar looi, praat ek myself in n skaaprib braai vir hierdie vrydag aand in

Re: Skaap Rib op die vuur resep gesoek asb,

Posted: Sat May 19, 2012 10:17 pm
by Chevvy SS
Vir my werk die gewone boereresep:

Gooi bietjie asyn oor en laat l? vir so 20 min. Skud af.

Gooi sout, swartpeper en bietjie growwe koljander op so 'n halfuur voor braai op een kant. "Klap" dit saggies in en herhaal op die ander kant.

Nou soek jy 'n stadige vuur. Alle stukke met been word op dieselfde kant van die rooster gepak.

Braai stadig en draai gereeld om.

As daar brandplekke op die vleis is, draai jy te stadig of jou 300m-kopskoot-storie is te lank.