Page 2 of 31

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Sep 01, 2022 7:35 am
by Lategan1
Rudi, hierdie lyk goed.

Volgende kaliber en toepaslike grein dalk vir 9.3x62mm?

Sterkte.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Sep 01, 2022 7:46 am
by Krobb
9.3 285gr is reeds beskikbaar Lategan, kyk heel eerste post.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Sep 01, 2022 7:50 am
by Lategan1
Krobb wrote: Thu Sep 01, 2022 7:46 am 9.3 285gr is reeds beskikbaar Lategan, kyk heel eerste post.
Yster, dankie misgekyk!

Dan blyk dit die .30 manne staan in die ry!

Beste.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Sep 01, 2022 8:34 am
by Rudi Fischer
Lategan1 wrote:Rudi, hierdie lyk goed.

Volgende kaliber en toepaslike grein dalk vir 9.3x62mm?

Sterkte.
Goeie more Lategan1

Kyk so bietjie daar by #10 op die draad.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Sep 01, 2022 8:38 am
by Rudi Fischer
Hier is nog een uit n 9.3x62

Waterbok is voor in die bors in geskiet en die koeel is in die pens gevind.


Image

Image

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Fri Sep 02, 2022 10:08 pm
by Hartskoot Hennie
Rudi Fischer wrote:375 H&H 300gr
Buffel op 80m geskiet.

Het nog nie n gewig op die herwinde koeel nie.

Image

Image

Image
Baie netjies Rudi! Ek sien self uit om met die 300gr .375 H&H koeëls te gaan jag.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Sep 08, 2022 9:19 am
by Hartskoot Hennie
Ek het gister my pakkie gekry! Dankie Rudi!

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Sep 10, 2022 3:00 pm
by Rudi Fischer
Vandag 416 RM gaan toets in wetpacks.
(Gebondelde koerant wat in water gele het van Dinsdag af)

Spoed was 2300 fps op n 400gr koeel.

Op 25m geskiet
Image

Op 100m geskiet
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Sep 17, 2022 3:29 pm
by Rudi Fischer
Klient het vandag die foto vir my gestuur.
Baie bly wanneer manne gelukkig is met my produk.

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Sep 17, 2022 5:39 pm
by Lategan1
:o Wat kan mens sê!

Beste beter beste.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Sep 17, 2022 7:38 pm
by Pvdw
Rudi die ontwerp laat my dink aan die Rhino sold shank. Nie dat ek jou produk wil vergelyk nie maar indien dit die selfde prinsiep is is dit 'n puik ontwerp. Die lood klink lekker om met 'n gewaarborgde soliede skag vir massa retensie. Jou produk lyk virseker netjieser en meer konstant as die Rhino's wat ek vir jare lank geskiet het. Nou moet ek net wag dat jy aan die .30 garde se behoeftes voldoen en dan 'n 150-156gr Safari Bullets vir die 6.5e maak.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Sep 17, 2022 7:43 pm
by Rudi Fischer
Pvdw wrote:Rudi die ontwerp laat my dink aan die Rhino sold shank. Nie dat ek jou produk wil vergelyk nie maar indien dit die selfde prinsiep is is dit 'n puik ontwerp. Die lood klink lekker om met 'n gewaarborgde soliede skag vir massa retensie. Jou produk lyk virseker netjieser en meer konstant as die Rhino's wat ek vir jare lank geskiet het. Nou moet ek net wag dat jy aan die .30 garde se behoeftes voldoen en dan 'n 150-156gr Safari Bullets vir die 6.5e maak.
Ek sal amper meer se dis in die klas van n Trophy Bonded Bear Claw / North Fork Image.

Maar baie dankie. Ek werk hard aan QC.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Sep 21, 2022 7:05 am
by Frederik
Gister 'n lekker verassing gekry.

Begin speel met ladings op die Lott vir die 500gr 458 koeels.
Eerste toets paar weke terug besef ek moet meer poeier gooi en eindig toe op 82gr Norma 203B vir spoed net oor 2200fps.
Die verassing was dat ek presies dieselfde lading gebruik vir die 500gr Impalas wat ek vir BASA gebruik omdat dit goedkoop is en ook as solid.
Hulle skiet selfde spoed en beste van alles is hulle print op mekaar op 50 meter.

So nou of ek nie meer enigeiets te verander op my sight of ek nou wil jag met sagte punte of BASA wil skiet nie ook die perfekte kombinasie vir grootwild soft en solid wat selfde point of impact het op 50 meter.

Ek laai beide koele ekstra lank om die kruit in te pas met so 103-104% kompressie en pas nog mooi in die CZ550 se magasyn en feed baie lekker.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Oct 05, 2022 12:47 pm
by Rudi Fischer
Klient het nou net die vir my gestuur ….
Vanoggend n kameelperd om gedop.

300gr 375 H&H en n 450gr 458 Lott.

Sodra ek gewigte het en mooier fotos sal ek post.

375 Ingangs wond
Image

458 as n backup skoot gewees.
Image

Herwinde koeels.
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Oct 05, 2022 12:49 pm
by OupaZA
Baie Mooi!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Fri Oct 14, 2022 9:57 pm
by Rudi Fischer
Het vandag koeels terug gekry van kliente af wat in die laaste twee weke gebruik was op jagte.


Image

Image

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Fri Oct 14, 2022 10:43 pm
by Gideon@1
Baie mooi en baie geluk met ‘n puik produk!!
Goed om te sien dat eg Suid Afrikaanse produkte kers vashou met die beste!!
Well done!!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Fri Oct 14, 2022 10:46 pm
by Rudi Fischer
Gideon@1 wrote:Baie mooi en baie geluk met ‘n puik produk!!
Goed om te sien dat eg Suid Afrikaanse produkte kers vashou met die beste!!
Well done!!
Baie dankie

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Oct 15, 2022 10:20 am
by DWB
Lyk puik Rudi!

Tyd dat ek ook hierdie outjies in iets knorrig indruk!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Oct 17, 2022 5:54 am
by Frederik
Presies Deon om tyd en geld bymekaar te maak vir nog jagte en die koele te toets.

Ook baie lus om die 500gr 458gr koeel te toets in dik vellige dier.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Oct 20, 2022 8:59 pm
by Pvdw
Die solid shank ontwerp met lood neus is darm die beste van beide wêrelde. Nou net wag dat hulle in 156gr .264 gemaak word.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Tue Nov 08, 2022 10:57 am
by dawiec
baie geluk Rudi! dit lyk sommer puik en die "performance" is topklas!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Nov 14, 2022 8:31 pm
by Rudi Fischer
Naand Julle

Dog ek deel so paar foto’s van koeels wat ek gekry het wat op n onlangse Buffels jag gebruik was.

Die is uit 3 aparte buffels uit gehaal.

Kaliber was 404 Jeffery.

Die 458 Lott se 500gr is dwars deur die buffel gewees.

Die koeel is deur die skouer been en het die been heeltemal gebreek.
Image
Image

Die een is uit nek werwels gehaal
Image
Image
Image

Die een is voor die skouer in en op oor kant agter ribbes gevind.
Image
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Tue Nov 15, 2022 5:37 am
by Frederik
Rudi, die een 404 koeel 400gr op die nek was op pointblank geskiet op 1 meter net om die dood te verspoedig van die een buffel.
Baie verbaas gewees dat die koeel so bymekaar gehou het op die afstand en die nekwerwels gebreek ater die kop.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Tue Nov 15, 2022 7:11 am
by Rudi Fischer
Frederik wrote:Rudi, die een 404 koeel 400gr op die nek was op pointblank geskiet op 1 meter net om die dood te verspoedig van die een buffel.
Baie verbaas gewees dat die koeel so bymekaar gehou het op die afstand en die nekwerwels gebreek ater die kop.
Dankie vir die terugvoer