Page 2 of 2
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Sun Jun 11, 2023 10:29 am
by 30-06
Wat sal die oorsprong wees van die Musgrave brass met n G en 6 op? 30-06 kaliber.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Sun Jun 11, 2023 1:28 pm
by swc-tr
30-06 wrote:Wat sal die oorsprong wees van die Musgrave brass met n G en 6 op? 30-06 kaliber.
Die ammunisie is in Oostenryk deur Hirtenberg vervaardig, deur PMP ingevoer en getoets, en deur Musgrave bemark en versprei. Gedurende die 1970's gewees.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Sun Jun 11, 2023 7:25 pm
by Giepie
Ek het net gister van my "odd" 30-06 doppe hanteer, daaronder is daar 10 Mus doppe. so gou gaan uithaal en na gekyk. Daar was PMP doppe wat ek in die verlede gesukkel het met die vlamgate, maar die Mus doppe wat ek het se gate is "standaard" grootte. Ek weet nie of dit dalk al groter gesny was nie.
Daar is 4 verskillende stempel merke, G6, I7, J7 en K7. Ek het nogal gewonder oor die verskille.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Sun Jun 11, 2023 9:07 pm
by Cobus Wessels
Ek dink die 7 is 1977. Die alfabet is lot nommers
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Mon Jun 12, 2023 8:26 am
by 30-06
Wat is julle ondervinding met die doppe.
Kan n mens hulle maar gebruik?
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Mon Jun 12, 2023 10:13 am
by tripodmvr
Na soveel jare sal ek hulle uitgloei voor gebruik.
Re: Musgrave Ammunisie
Posted: Mon Jun 12, 2023 11:14 am
by 30-06
Het reeds gedoen.