Page 2 of 2
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Wed Mar 22, 2023 3:45 pm
by tau
Arnold wrote: Wed Mar 22, 2023 8:06 am
Andre308 wrote: Tue Mar 21, 2023 9:30 pm
As ek daardie syfers so kyk dan is die 6.5 SAUM die gatskop rondte
Op die 260AI hardloop ek teen 2880 fps met 'n 156gr en gebruik hom tot op so 1.2km, die SAUM gaan daai koeël seker teen so 3000fps kan stoot uit 'n 26" loop met so 10gr meer dryfmiddel. Is die verskil in windskuif die ekstra koste werd?
Arnold jy weet mos die wind gee nie om wat die skoot kos nie....
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Sat Mar 25, 2023 6:15 am
by Andre308
Arnold wrote: Wed Mar 22, 2023 8:06 am
Andre308 wrote: Tue Mar 21, 2023 9:30 pm
As ek daardie syfers so kyk dan is die 6.5 SAUM die gatskop rondte
Op die 260AI hardloop ek teen 2880 fps met 'n 156gr en gebruik hom tot op so 1.2km, die SAUM gaan daai koeël seker teen so 3000fps kan stoot uit 'n 26" loop met so 10gr meer dryfmiddel. Is die verskil in windskuif die ekstra koste werd?
Nou daar is hoe jy die wiskunde werk.
Ek oortuig myself weer so. Ek skiet n 140gr Berger teen net oor die 3000fps met H1000 teen ligte druk teenoor jou combo waar jy 156gr skiet teen meer druk en n warm kruit vir 3 clicks wind op 1200m minder. Ek kan my geweer mag laai oor die tpl binne die kort aksie se spec is. Die prys verskil tans tussen die 2 koele is so dat ek maklik die 10gr kruit daaruit kan finansier.
MAAR, as ons kyk na xsssa se baan, dan is daar net 3 teikens anderkant. 1000m. Dit is 17% van die teikens. Op nader teikens is die windskuif weglaatbaar klein, so dan is die plat trajek van die 3000fps weer n bonus wat ek wen.
Dit is nou werklik n Golf GTI teen n M3 vergelyk.

Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Sat Mar 25, 2023 8:19 am
by Lategan1
Wiskunde maak dit altyd interessant, tog nie noodwendig die bepalende faktor nie, dit is ‘n aspek daarvan.
Dit is soos wanneer mense 150gr koeëls wil laai in ‘n 7mmRM! Logika, dalk minder belangrik. Wat ek wel weet, om +_67gr in ‘n groot donker gat agter ‘n 7mm puntjie te gooi wyl die blik gluck gluck maak, maak seer in rande!
Maar, dit is lekkerrr.
Op ernstiger noot. Die bepaling van die optimale 6.5 met alles in ag genome, is interessant. Dit kom my voor die vereiste afstand gaan op die einde van die dag die besluit beïnvloed.
Beste.
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Sat Mar 25, 2023 9:09 am
by Andre308
Lategan1,
Dit is soos jy se, maar baie ander faktore speel n rol vir ons in Suid Afrika wat elke geweer eienaar is ag moet neem.
Mens kan dink dat die SAUM n lekker dop is vir die lang koele en kompetisies skiet en dat die 140gr koele nie die beste uit die geweer bring nie, maar neem hierdie in ag:
Ek het n 308win, 6.5 SAUM en n 338 RUM. Net die 308 en 6.5 kan gemaklik mee gejag word. My seuns is nou 11 en 9 jaar oud. 11 jarige moet nou begin saam skiet, maar die 308win se stampie is bietjie baie vir hom en is balisties nie naby die 6.5 vir kompetisies skiet nie. So ek het die 6.5 n silencer-brake combo opgesit en hy is nou baie mak.
Ek moet magasyn lente laai vir jag sodat n opvolg skoot vinnig kan gemaak word. Om n nuwe geweer aan mekaar te sit kos nou oor die R50k om reg te wees vir al hierdie doeleindes. Ek kan 3 keer die 6.5 se loop vervang met daardie R50k. Saam met dit kos n 140gr eldm R13, n 140gr Berger jag hybrid R16 en n 156gr Berger al R19+
Dit is maar ons moeilike ekonomie, my cashflow en ons lang geweer lisensie proses wat my in n rigting stuur. Daardie gesegte van "loop eers n myl in n ander man se skoene" is hier baie waar. Ons moet maar dit wat in die kluis is maak werk vir nou tot n ander besluit weer meer sin maak.
MAAR, die 6.5 SAUM bly die Big Daddy van die kort aksie 6.5'e en dit bly die slot som

Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Sat Mar 25, 2023 10:25 am
by Capt. Yoda
Klink vir my of julle klomp eintlik 6mms kort
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Thu Mar 14, 2024 8:20 pm
by Arnold
Sommer so ietsie hierso ...
6.5-284 ... 26" loop en ek skiet 'n 153.5gr teen 2970fps
Dopkapasiteit is iets hier by die 67.1gr
Ek dink hy gaan nog mooi skiet as ek kyk na die 5 skote, al sit daai een so bietjie weg.
Hierdie was skote 16-20 wat ek met die geweer geskiet het om spoed te toets.
WhatsApp Image 2024-03-03 at 10.14.40.jpeg
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Fri Mar 15, 2024 7:40 am
by Koos Barnard
Aitsa, dit lyk belowend Arnold! Ek glo dié roer gaan sy kant bring.
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Fri Mar 15, 2024 7:51 am
by Lategan1
Mooi en lekker Arnold. Moet sê, sal self wil kom kyk hoe skiet hy en dalk voel!
Lyk my jy wil Andre se “Big Daddy” onttroon? (Hy het darem kortgat spesifiseer.)
Geniet.
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Fri Mar 15, 2024 8:39 am
by Arnold
Daar is vir almal 'n plekkie onder die son en soos Andre noem is elke ou se omstandighede anders.
Almal het hulle voor en nadele net soos die Lapua 6.5-284 doppe baie goedkoper as 6.5 PRC doppe is het Lapua vir eers ophou om 6.5-284 doppe te maak en daarom dat die internationale F-klas skut weg beweeg van die 284 dop en die 6.5 PRC dop begin gebruik om amper dieselfde te doen (maar beter).
Variety is the spice of life

Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Fri Mar 15, 2024 5:52 pm
by Andre308
Lategan1 wrote: Fri Mar 15, 2024 7:51 am
Mooi en lekker Arnold. Moet sê, sal self wil kom kyk hoe skiet hy en dalk voel!
Lyk my jy wil Andre se “Big Daddy” onttroon? (Hy het darem kortgat spesifiseer.)
Geniet.

Hy trek nog so 7gr H2O dop kapasiteit kort voor hy die SAUM gaan onttroon.
En as Arnold hom gaan improve, dan sal ek die SAUM ook n 40grade skouer laat sny net om dwars te wees.

Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Mon Mar 18, 2024 4:21 pm
by Valley Pursuits
My Lapua 6.5x55 come out at 57.2
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Mon Mar 18, 2024 7:53 pm
by Glocked
Capt. Yoda wrote: Sat Mar 25, 2023 10:25 am
Klink vir my of julle klomp eintlik 6mms kort
Jis as Howa nou net nice wil wees en vir ons armgatte 'n 6XC doen met 26" dik loop !
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Mon Mar 18, 2024 9:45 pm
by Arnold
Glocked wrote:Capt. Yoda wrote: Sat Mar 25, 2023 10:25 am
Klink vir my of julle klomp eintlik 6mms kort
Jis as Howa nou net nice wil wees en vir ons armgatte 'n 6XC doen met 26" dik loop !
Hierdie is nie n 6mm draad nie en die 6xc is elkgeval irrelavant vandat die 6CM beskikbaar is
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Mon Aug 26, 2024 11:19 am
by Arnold
Sommer gou bietjie terugvoer oor daai 6.5-284.
153.5gr Berger @ 2985fps uit 'n 26" loop met 58.3gr Retumbo.
Nou het ek 'n beter begin vir ladingontwikkeling maar hy skiet alreeds baie lekker en mooi konstant op afstand.
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Fri Sep 13, 2024 8:41 am
by Arnold
Weet iemand dalk wat die dopkapasiteit van die 6.5 of 7mm Sherman Short is?
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Fri Sep 13, 2024 3:53 pm
by Capt. Yoda
Arnold wrote: Fri Sep 13, 2024 8:41 am
Weet iemand dalk wat die dopkapasiteit van die 6.5 of 7mm Sherman Short is?
Arnold, as ek reg onthou van toe ek een wou bou is dit so tussen 69.5 en 71gr met die verslillinde doppe beskikbaar
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Mon Sep 23, 2024 7:51 am
by Drenalinjunkie
Arnold wrote: Mon Aug 26, 2024 11:19 am
Sommer gou bietjie terugvoer oor daai 6.5-284.
153.5gr Berger @ 2985fps uit 'n 26" loop met 58.3gr Retumbo.
Nou het ek 'n beter begin vir ladingontwikkeling maar hy skiet alreeds baie lekker en mooi konstant op afstand.
Hi Arnold,
Ek het onlangs my 6.5x55AI se 30" loop korter gesny na 26" wat hom beter maak vir jag doeleindes. Ek het gedink ek gaan heelwat spoed verloor maar skiet nogsteeds die 156gr Berger teen 2930fps met 50.4gr N560. Glo nie ek sal weer sommer n 30" loop op die 6.5 sit nie. Die kombinasie jag bitter lekker en ek kry nog die spoed wat ek soek.
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Mon Sep 23, 2024 4:17 pm
by Bonesjara
264 win mag. 80.2gr water
Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Mon Sep 23, 2024 6:14 pm
by Giepie
Verskil die dopkapasiteit nie ook van geweer tot geweer nie? My Howa 30-06 en my seun s'n, albei met Lapua doppe, verskil 0,5gr. Dit kan 'n verskil maak, al is dit baie klein.
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Tue Sep 24, 2024 10:43 am
by Arnold
Bonesjara wrote: Mon Sep 23, 2024 4:17 pm
264 win mag. 80.2gr water
Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Dankie, ek sit hom by op die eerste plasing
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Tue Sep 24, 2024 10:45 am
by Arnold
Giepie wrote: Mon Sep 23, 2024 6:14 pm
Verskil die dopkapasiteit nie ook van geweer tot geweer nie? My Howa 30-06 en my seun s'n, albei met Lapua doppe, verskil 0,5gr. Dit kan 'n verskil maak, al is dit baie klein.
Hierdie is heeltemal waar, die verskil is egter tipies minder as die verskil tussen dop ontwerpe.
Re: 6.5mm dop capasitiet, 6.5 PRC en ander?
Posted: Fri Sep 27, 2024 2:38 pm
by Boomstomp
Ek dink die lys kort nog die 6.5x68s