Page 2 of 2

Re: Supersoniese Knal -

Posted: Sun May 21, 2023 2:18 pm
by Lategan1
Uitstekend, dit ondervang ook die klap van ‘n sweep!

Beste.

Re: Supersoniese Knal -

Posted: Thu Sep 07, 2023 8:43 am
by TFDADD
Nou geruime tyd ná hierdie bespreking en nadat die betrokke jagpaas eienaar op versoek hierdie plasing gelees het, kan ek soos hierna terugvoering gee:
Jagplaas eienaar verstaan nou die volgende -
1. Dat knaldempers alleenlik vir die mense in die onmiddellike omgewing van die vuurwapen afgevuur, die dryfmiddel ontbrandingsklank demp. dit geld ook vir diere in daardie onmiddellike omgewing.

2. Die supersoniese knal van koeëls wat vinniger as die snelheid van klank vlieg, kan nooit deur 'n knaldemper vasgeheg aan 'n jaggeweer wat daardie koeël afvuur, gedemp word nie.
Dus wild wat gejag word op afstande sê verder as ongeveer 100 meter en verder, sal wel die supersoniese knal van hoë spoed koeëls hoor - met of sonder knaldemper op jaggeweer.

Gedurende 'n jag middel Augustus vanjaar, op dieselfde jagplaas as waar ek voorheen nie toegelaat was om sonder knaldemper te jag nie, is ek toegelaat om vanjaar sonder knaldemper (en dit nogal met my Sako 7mm Rem Mag en koeëlspoed van 3750vps), ongehinderd te jag.

Re: Supersoniese Knal -

Posted: Thu Sep 07, 2023 4:16 pm
by JF123
Wanneer daar sonder knaldempers gejag word, dan hoor die bokke die plofgeluid van die gewere en kyk op om te sien waar die geluid vandaan kom. Daar sien hulle vir Piet en Riaan staan. Volgende week is Danie met sy .300 WSM daar. Na 'n tyd word die plof geluid (en die pyn kreet van hulle makkers) gekoppel aan mense en die bakkie waarin hulle ry. Vinnig leer die bokke dan om mense te vermy. Dit is hoekom dit moeiliker is om bokke laat in die seisoen te jag op plase waar daar nie knaldempers gebruik word nie. Word gewoonlik gesê die bokke is wild geskiet.

Die supersoniese knal se rigting is van die punt waar die koeël se trajek die naaste aan die bok is. So, wanneer hulle in die rigting van die knal kyk sien hulle nie mense nie. Daarom is dit gewoonlik is dit makliker om te jag op plase waar knaldempers gebruik word veral laat in die seisoen.

Re: Supersoniese Knal -

Posted: Sat Sep 09, 2023 1:19 pm
by TFDADD
Ai JF123, met hierdie wat jy skryf:
Volgende week is Danie met sy .300 WSM daar. Na 'n tyd word die plof geluid (en die pyn kreet van hulle makkers) gekoppel aan mense en die bakkie waarin hulle ry. Vinnig leer die bokke dan om mense te vermy.
Kan mens nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat bokke hoogs intelligent is nie.
G'n wonder daar is 'n spreekwoord wat sê: " 'n Man is 'n bok en 'n bok is 'n bli.sem", of hoe dan nou?