Hi Wouter, Deon en Tripod
Ek het nou my eerste herlaai agter die blad. Moet se ek is baie bly ek het nie myself opgeblaas nie of die chrony in sy @#$% in geskiet nie. Dus, 'n goeie begin...vir my...

.
My resep was soos volg:
Norma doppe - 2.815"
PMP primers
S355 - lot 008
Nosler Partitions - 300gr koeels
COL - was gemiddeld 3.516" (maar ek het op dieselfde plek op diekrimp groef gekrimp)
3 skote met 65gr S355: 2305fps, 2295fps en 2291fps - groep 27.34mm op 100m
3 skote met 66gr S355: error, 2295fps en 2291fps - groep 39.36mm op 100m
3 skote met 67gr S355: 2394fps, 2359fps en 2368fps - groep 43mm op 100m
Ek is nie die beste skut nie, so ek dink die laaste groep kon beter gewees het met beter skietwerk. Dit is alreeds baie beter as wat ek met die bruin pakkie PMP kon kry. Ek het eers twee skote met 300gr PMP geskiet. Spoed was 2459 en 2478fps.
Met 67gr het die spoed begin optel na 2400fps, geen tekens van druk. Ek dink die gemiddelde spoed met 67gr sal genoeg wees vir bosveld jag, maar gaan die koeel baie
meer val as ek dan miskien 'n lang skoot moet vat? Moet ek nader aan 2500fps probeer kom?
Baie dankie vir hulle tyd.
Groete
Christo