Page 2 of 2

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Mon Mar 19, 2012 7:53 pm
by DWB
Daars hy!

Ek het gou vanmiddag my 3 skote gaan skiet.

Baas Wout kom in!

Hier is nou al die gegewens:
Looplengte: 25"
Spiraal: 1:12"
Doppe: Remington
Primers: CCI 250
Dop H2O Kapasiteit: 92.7gr
Koeel: Hornady Interlock 270gr Flat Base (SPRP #3711)
TPL: 90mm
Kruit: S355
Drie skote met 65gr S355: 2186fp/s  2251fp/s  2214fp/s

Nou is dit Baas Wout wat sy magic calculator moet slaan :D

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Tue Mar 20, 2012 7:40 am
by Wouter Roets
Hallo Deon

Die spoed wat jy deurgee lyk baie laag in QL. Het jy alles reg gedoen met die opstel van die chrony?

As ek op die gegewens werk kom ek op n node spoed van 2502ft/sek uit. Begin maar so op 69gr en werk in inkremente van 1gr op. Die spoed sal redelik goed werk met die koeel.

Groetnis
Wout

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Tue Mar 20, 2012 8:39 am
by DWB
Hallo Wouter,

Jong, ek het die Chrony so 4m weg van my af gesit, en dit was binne in 'n 25m binnehuis skietbaan gewees.

Weet nie of daar iets is wat ek gemis het nie.

Ek sal bietjie aan die node werk.

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Tue Mar 20, 2012 9:03 am
by Geno
Deon,
Was daar flourescent ligte. of incandescent ligte daar binne?
Flourescent ligte werk nie saam 'n chrony nie. ;)

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Tue Mar 20, 2012 9:45 am
by DWB
yip daar was 'n paar van hulle, en dan nog die globes bo op die chrony wat nie normaal is nie

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Mon Mar 26, 2012 1:44 am
by Beer (Christo)
Hi Wouter, Deon en Tripod

Ek het nou my eerste herlaai agter die blad. Moet se ek is baie bly ek het nie myself opgeblaas nie of die chrony in sy @#$% in geskiet nie. Dus, 'n goeie begin...vir my... ;D.

My resep was soos volg:
Norma doppe - 2.815"
PMP primers
S355 - lot 008
Nosler Partitions - 300gr koeels
COL - was gemiddeld 3.516" (maar ek het op dieselfde plek op diekrimp groef gekrimp)

3 skote met 65gr S355: 2305fps, 2295fps en 2291fps - groep 27.34mm op 100m
3 skote met 66gr S355: error, 2295fps en 2291fps - groep 39.36mm op 100m
3 skote met 67gr S355: 2394fps, 2359fps en 2368fps - groep 43mm op 100m

Ek is nie die beste skut nie, so ek dink die laaste groep kon beter gewees het met beter skietwerk. Dit is alreeds baie beter as wat ek met die bruin pakkie PMP kon kry. Ek het eers twee skote met 300gr PMP geskiet. Spoed was 2459 en 2478fps.

Met 67gr het die spoed begin optel na 2400fps, geen tekens van druk. Ek dink die gemiddelde spoed met 67gr sal genoeg wees vir bosveld jag, maar gaan die koeel baie meer val as ek dan miskien 'n lang skoot moet vat?  Moet ek nader aan 2500fps probeer kom?

Baie dankie vir hulle tyd.

Groete

Christo

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Mon Mar 26, 2012 8:26 am
by DWB
Mooi man Christo!

Wil net vir my voorkom dat Wouter se aanname dat die chrony waarmee ek toets nie reg werk nie nou net weer bewys is!

Ek het darem ook nou 'n pakkie Barnes TSX 270gr gekry ;D

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Mon Apr 02, 2012 5:25 pm
by DWB
Hallo Almal en Wouter ;D

Ek het toe my eie chrony gekoop en hom vandag teen 1uur in helder sonlig gaan toets:

Die bevindinge was soos volg:

65gr S355. 2200, 2188, 2191
69gr S355. 2332, 2343, 2340
70gr S335. 2382, 2400, 2394

My werwels is nou almal lekker los na die 9 skote uit die bench... ;D

So Baas Wout, as jy dalk weer die calculator sal slaan?
Lyk toe nie of daai ander chrony so ver uit was nie.

Myne vandag op 5m weg van my af, presies level met die koeelbaan en 2/3 na bo gebruik

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Mon Apr 02, 2012 8:24 pm
by Wouter Roets
Hallo Deon

Nou kom jy reg! Gaan vir n spoed van 2499ft/sek. Dit sal so om en by met 72,6gr gebeur.

Groetnis
Wout

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Thu Apr 12, 2012 12:17 am
by Beer (Christo)
Beer wrote: ...
My resep was soos volg:
Norma doppe - 2.815"
PMP primers
S355 - lot 008
Nosler Partitions - 300gr koeels
COL - was gemiddeld 3.516" (maar ek het op dieselfde plek op diekrimp groef gekrimp)

3 skote met 65gr S355: 2305fps, 2295fps en 2291fps - groep 27.34mm op 100m
3 skote met 66gr S355: error, 2295fps en 2291fps - groep 39.36mm op 100m
3 skote met 67gr S355: 2394fps, 2359fps en 2368fps - groep 43mm op 100m

Ek is nie die beste skut nie, so ek dink die laaste groep kon beter gewees het met beter skietwerk. Dit is alreeds baie beter as wat ek met die bruin pakkie PMP kon kry. Ek het eers twee skote met 300gr PMP geskiet. Spoed was 2459 en 2478fps.

Met 67gr het die spoed begin optel na 2400fps, geen tekens van druk. Ek dink die gemiddelde spoed met 67gr sal genoeg wees vir bosveld jag, maar gaan die koeel baie meer val as ek dan miskien 'n lang skoot moet vat?  Moet ek nader aan 2500fps probeer kom?
Menere
Ek staan weerens met die hoed in die hand. Ek het die doppe geweeg, die gemiddelde H2O gewig is 93.92gr. Loop is 25 duim en 1:14 twist. Max TPL is 3.735" gemeet tot by punt van koeel (nie op ogief).

Ek sal dit baie waardeer as een van die QL kenners vir my kan se wat se spoed en hoeveelheid kruit ek na toe moet werk. Laat weet asb indien ek nog inligting moet gee.

Groete Christo

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Fri Apr 13, 2012 9:36 am
by Beer (Christo)
More manne met QL

Ek sien Wouter is uitstedig. Ek verstaan julle manne doen dit in julle vrye tyd, maar as een van julle my vragie bo kan beantwoord sal ek dit baie waardeer. Ek will graag 'n paar toets rondtes vanaand laai vir more se skietbaan sessie

Dankie

Christo

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:14 am
by tripodmvr
Beer wrote: More manne met QL

Ek sien Wouter is uitstedig. Ek verstaan julle manne doen dit in julle vrye tyd, maar as een van julle my vragie bo kan beantwoord sal ek dit baie waardeer. Ek will graag 'n paar toets rondtes vanaand laai vir more se skietbaan sessie

Dankie

Christo
Hou TPL op 3,516. Spoed by node is 2537vps en 68,9 S355 word aangedui. Druk is 4000psi onder maks voorspel maar wees versigtig en hou druk fyn dop.

Re: CZ 375H&H Reloading Data

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:26 am
by Beer (Christo)
Baie, baie dankie