Page 2 of 5

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Wed May 24, 2023 1:45 pm
by Lamtjop
Ek laai vir 2 CZ 527 223's, beide skiet beter met 50gr as 55gr vmaxe, so 1 in 9 nie n probleem nie. Skiet selfs die 40gr Noslers mooi. Maks tpl met 55gr vmax is 57,66mm en fabrieks Hornady Vmax ammo 55gr wat klawers skiet se tpl is56,75mm. Met 50gr vmax is tpl 57,15mm.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Fri May 26, 2023 10:19 am
by JGZ
Lamtjop wrote:Ek laai vir 2 CZ 527 223's, beide skiet beter met 50gr as 55gr vmaxe, so 1 in 9 nie n probleem nie. Skiet selfs die 40gr Noslers mooi. Maks tpl met 55gr vmax is 57,66mm en fabrieks Hornady Vmax ammo 55gr wat klawers skiet se tpl is56,75mm. Met 50gr vmax is tpl 57,15mm.
Amper dieselfde tpl as wat ek meet. Teen watter spoed skiet julle die 55gr vmax en wat is die tpl? Ek het n paar 50gr pille wat hier rond lê, kan kyk wat sit maak. Die hornady fabriek ammo wat ek geskiet het groepeer glad nie in die geweertjie nie.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Fri May 26, 2023 2:39 pm
by Lamtjop
Hornady 55gr Vmax fabrieks ammo het 3164fps geskiet, toe laai ek vir selfde spoed, 25,6gr S321. Tpl ook dieselfde teen 56,75mm met 55gr Vmax. Het ook mooi groep gekry met Riflex groen prop 26,3gr, 55gr Vmax@ 3228fps. Met 50gr Vmax @ 3223fps en tpl 57,15mm skiet hulle mooi

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Fri May 26, 2023 9:28 pm
by tripodmvr
JGZ, ek sien ek het berekeninge vir jou en jou pa se gewere gedoen. Het jy die groepe wat probleme gee se spoed gemeet? Indien wel, kan jy dit hier plaas.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sat May 27, 2023 8:38 am
by Fanta300
Skiet jy met of sonder knaldemper?

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sat May 27, 2023 11:27 am
by Lategan1
Menere.

Ek skiet ook .223 en weet van sukkel met.

Vraag is, verkies hy platgat of bootstert koeëls?
Is daar verskil, dalk is platgatte baie makliker in die .223? Dalk verkies die bootsterte warm lading in hierdie kaliber?
Ek dink die dravlak waarna Alwin verwys relatief tot die ander faktore, het wel betrekking, dalk meer as wat mens toegee.

Enige iemand met ervaring, dalk stuur dit hierdie gesprek in ‘n rigting.

Ek het net te veel al gehoor en gelees oor herlaaiers wat lank moet karring om sy dieet te bepaal. Dalk is daar ‘n goeie riglyn waar om te begin wat ook hier kan help.

Beste.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 28, 2023 9:43 am
by Alwin
Lamtjop wrote: Wed May 24, 2023 1:45 pm Ek laai vir 2 CZ 527 223's, beide skiet beter met 50gr as 55gr vmaxe, so 1 in 9 nie n probleem nie. Skiet selfs die 40gr Noslers mooi. Maks tpl met 55gr vmax is 57,66mm en fabrieks Hornady Vmax ammo 55gr wat klawers skiet se tpl is56,75mm. Met 50gr vmax is tpl 57,15mm.
Ek kan beaam wat jy hier sê.

'n Vriend het 'n CZ527 met 1:9" loop waarmee sy dogters meestal skiet. Hierdie geweer het geen probleem met 55gn loodkern koeëls nie.

'n Ander vriend het 'n Ruger American Predator in 223 met 1:8" loop. Hy skiet heeldag klein groepe met 55gn V-Max'e.

Dan is daar die manne met Sako, Tikka en Howa 223's met 1:8" en 1:9" lope. Oor die algemeen sukkel hulle erg met enige loodkern koeëls wat ligter a 60gn is. Hierdie gewere het almal lekker lang vrybore om die langer en swaarder koeëls wat die lope kan stabiliseer te kan akkomodeer. (Ongelukkig is die magasyne nie noodwendig ook aangepas nie.)

Die probleem is dus nie die 1:9" groefdraai nie, maar waarskynlik die kamerafmetings, meer spesifiek die vryboor, van sommige van hierdie gewere. Daar mag natuurlik ander faktore wees wat die akkuraatheid be-invloed, soos die spesifieke geweer se grille, giere en voorkeure. Hulle is soms kieskeurig.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 28, 2023 10:16 am
by JGZ
tripodmvr wrote:JGZ, ek sien ek het berekeninge vir jou en jou pa se gewere gedoen. Het jy die groepe wat probleme gee se spoed gemeet? Indien wel, kan jy dit hier plaas.
Die 25.7gr het n gemiddelde spoed van 3239 fps gegee met n SD van 13. Dit lyk defnitief of dit is waar die geweertjie wil skiet, behalwe dat dit lukraak skote uitgooi en die ander mooi groepeer.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 28, 2023 10:16 am
by JGZ
Fanta300 wrote:Skiet jy met of sonder knaldemper?
Sonder

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun May 28, 2023 9:35 pm
by Lategan1
@JGZ.

Synde ek self besig is met myne, my uitskieters is sigbaar op 200 en 300m. Ek wil alles doen alvorens ek doppe hoef te skil.

Jy het goeie meganiese raad hier ontvang. Ek sou wel graag @Hercules Louw se opinie wil hoor.

Na aanleiding van jou vraag. Ek het die afgelope naweek werk gemaak daarvan om beter op hoogte te kom en baie opgelees. Eerstens, jou uitskieters is wyd, moontlik deels meganiese probleem soos manne hier uitlig. Jy is nou in die situasie dat jy ook nie wil gesig verloor by jou pa nie!!

Die volgende staan uit en sluit aan by my vorige plasing.

Die 55gr VMax het soms sy uitdagings in die .223, ongeag loopdraai. Soos ander hier aandui, die 40/50/53gr pille loop maklik en akkuraat. Dit beteken nie die 55gr vmax kan nie, sy dieët verg soms meer aandag.

Verskeie skrywes en ander se ervaring het die volgende uitgewys, en dit hou vir my water. Gemene deler, goeie praktyk en tegniek bekend aan herlaaiers.

Die .223 met sy klein dop en nek deursnee, is sensitief vir
en verg:
1) Baie Konsekwente nekspanning van dop tot dop
2) Wisselende Interne dopvolume het groot effek op wisselende druk en groepe. Doppe moet dus geklas word vir meer eenvormige dopvolume en gevolglik uitstaande groepering.
3) Die .223 hou van “neck sizing en gepaardgaande konsentrisiteit” Anders ‘n fyn kopspasie stelling.

My 2c sou dus wees, alvorens jy klomp geld agterna gooi, kontroleer die eenvoudige meganiese aspekte soos ander hier uitgelig het en dan soos hier gelys.

Vir my moet ‘n .223 ten minste 10-15mm groep kan handhaaf, dag in en uit. Ek skiet makoue tot op 400m, konstante 1/2 MOA ‘n vereiste.

Ek het heelwat 53gr nog in onbruik en is na dese lus om oor te skakel.

Ek leer saam.

Beste.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon May 29, 2023 6:36 am
by jdpretorius
Net n 1/2c ....as ek sukkel om n geweerkie te kry om lekker te groep, en dink dit is dalk die tippe koeël dan laai ek eers bv. Sierra se GK. Hulle en die Partitions het korter dra vlakke met (gewoonlik) minder drama.....as dit dan nie beter gan nie soek ek elders na die probleem/rede.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sat Jun 03, 2023 2:51 pm
by JGZ
Baie dankie vir almal se hulp. 50gr vmax gelaai en gaan toets sommer op die 25.7gr lading. Die geweertjie skiet nou n koek hou. Die korter puntjies skiet defnitief baie beter in die geweertjie

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sat Jun 03, 2023 3:42 pm
by Lategan1
JGZ wrote: Sat Jun 03, 2023 2:51 pm Baie dankie vir almal se hulp. 50gr vmax gelaai en gaan toets sommer op die 25.7gr lading. Die geweertjie skiet nou n koek hou. Die korter puntjies skiet defnitief baie beter in die geweertjie
Bakgat, die gemene deler des moontlik dan kort dravlakke, soos JD ook uitwys.

Interessantheidshalwe ter ondersteuning hiervan. Een skrywer het genoem in sy drie .223 gewere, verskillende loopdraaie, was die 40gr met min moeite vinnig die akkuraatste. Hy merk verder op dat met die kort TPL, die koeël in al drie reeds die dopnek verlaat het toe die loopgroewe/lands getref is.

Beste.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Wed Jun 21, 2023 1:39 pm
by Lategan1
Kyk na die ES, geen wonder hy kan so lekker flyers gooi nie! Proporsioneel tot die lading is dit beduidend.
IMG_0786.png
Komplimente van Accurateshooter.

Beste.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Wed Jun 21, 2023 4:42 pm
by Ters Hickman
JGZ wrote: Sat Jun 03, 2023 2:51 pm Baie dankie vir almal se hulp. 50gr vmax gelaai en gaan toets sommer op die 25.7gr lading. Die geweertjie skiet nou n koek hou. Die korter puntjies skiet defnitief baie beter in die geweertjie
Interessante thread. Ek het nou eers die struggle gelees...dat 'n vmax punt 'n man nou so kan laat sukkel! ;-)

Ek het 223rem met 24duim loop en skiet ook S321. 1-12 twist. Wou ook niks weet van 55gr vmax nie. Gedink dis maar net 'n raps te lank vir die twist.

Kan jou wel aanraai om 55grein Sierrra Gamekings te probeer. Hulle skiet baie mooi. Selfde node...so by 3240 ft/s rond. Ook daar rondom 25.7grein poeier.

Ters

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Wed Jun 21, 2023 11:44 pm
by JF123
As doppie gewig enigsins dop volume bepaal, dan sal 1.2gr ń verskil van 0.15gr H2O dopvolume beteken. En dit is van hoogste tot laagste. Dit sal die groep ń klein bietjie groter maak, maar nie flyers veroorsaak soos hier bo gewys nie.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Thu Jun 22, 2023 6:33 am
by Apie
223 en goeie ES is nie sommer iets wat jy in dieselfde gesprek kan gebruik nie.

Ons is klomp manne wat 223 klas veldskiet en as jy ‘n ES van 30fps en minder kry kan jy baie tevrede wees.
Ek glo maar dis ‘n funksie van klein dopvolume waar persentasie dopvolume/vullling meer verskil as bv ‘n groter dop soos ‘n 22-250 en dan ook sy kort nekkie en nekspanning.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Thu Jun 22, 2023 7:55 am
by ZKK
More Manne, as ek ook so 2 sent kan ingooi.
Ek het n dikloop Howa .223.
Ek skiet nie sommer verder as 100m nie, maar myne skiet 5 skoot groepe so groot soos n duim nael.
Ek gebruik ook S321 met Sierra 52gr met Lapua doppies.

Ek het ook gesukkel om uitstekende akkuraatheid te kry met 55gr koeels

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Sun Jul 30, 2023 6:13 pm
by Lategan1
Ek nog steeds soekende vir ‘n bevredigende antwoord om die .223 “flyer” probleem uit te skakel, ter aansluiting.

Bo en behalwe alles reeds hier genoem, het ek op vele leesstof afgekom oor hoekom klein doppie patrone hierdie verskynsel so sterk uitlig. (22.250 word ook gereeld genoem) Sonder om in al die detail te gaan, is my benadering dat ek fokus op dit wat ek kan beheer. Wat wel uitstaan oor die “onbeheerbare” in .223 is die belangrikheid van konstante en eweredige loopgroewe, veral eweredige gelyke eerste kontak met die groewe, konstante koeël ogiewe, verskil in lope se binne deursnee ens. Hierdie aspekte geld in mindere of meerdere mate vir alle kalibers. (Geometriese akkuraatheid)

Die 55gr koeëllengte en stabiliteit kan wel moontlik ‘n probleem wees in sommige 1:12 lope, maar nie in die vinniger lope nie. Ek laat dit dus eers buite rekening.

Die .223 is nie werklik bekend vir ernstige “doughnuts” nie. Die dop kan ligte graad van metaalvloei na sy kort nek ervaar.
Hulle is ook bekend vir hul kort kamers, daarom word oor die algemeen diep “geseat”, ongeag stadige of vinnige lope en of ligte of swaarder grein koeëls. Die verskynsel verdwyn skynbaar nie by die .223’s wat wel langer kamers het nie, soos lede ook hier uitgelig het.
Baie .223 patrone word gekrimp en dit moet in gedagte gehou word tydens herlaai.

Die ongelyke binnekant van die dopnek het skynbaar ‘n groot effek op konstante nekspanning en vrylaat van die koeël. Die ligte voorkoms van doughnuts en ou krimpe se interne verdikkings, vererger dit.

Die oplossing voorgestel is om ‘n “reamer” te gebruik en daardeur te verseker dat die dopnek intern netjies silindervormig skoongesny is. Ek kon voorheen voel dat my doppe/koeëls wel nie 100% eweredig “seat” in die verskillende doppe nie.

Die toets vir dopnekke se defekte, is die bekende praktyk. Neem geskiete dop uit jou geweer, hou vertikaal en laat sak ‘n koeël met swaartekrag in, of liggies indruk tot verby nek/skouer aansluiting.

Indien die koeêl by die skouer/nekaansluiting vassteek, weet ons dit is doughnuts.
Indien ‘n koeël op wisselende hoogtes in die doppe vassteek of effe strammer ingaan bokant die nek/skoueraansluiting, illustreer dit die onkonsekwente silindervormigheid van die nekke. Laat sak die koeêl van verskillende hoogtes in om te toets. Bv. 3mm val, 6mm val.

Hou in gedagte dat met 2.221” TPL die volgende koeëls die skouer/nek aansluiting kruis:
Sierra 55gr Varminter, V-Max 55 en 53gr.
Met 2.26” TPl stop die korter Sierra by die aansluiting.

Ek het uitgegooide S&B geskiete doppe geneem en getoets.
Het ‘n Forster reamer gekoop en skoongesny. Die voorkoms is presies soos per my info. Sien foto’s met die blink waar die reamer gesny het. (Minder sigbaar op foto as werklik). Let op, elke dop het ‘n blink ring waar die gevreesde donut voorkom, die interne krimp verdikkings by die bek is gesny en dan ook op wisselende hoogtes in onderskeie doppe. Die koeëltoets val nou vry in.

My volgende stap is om al 150 doppe te anneal, met reamer te sny en op 200 en 300m baan te toets. [eers ream dan anneal]

Enige iemand met soortgelyke ervaring of wat ook so toets sal doen? Kan dalk lig werp op baie manne se uitskieters.
Beste.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon Jul 31, 2023 7:19 am
by LUAN
Instede van dop nekke ream kan jy nie net n expander mandrel gebruik en so die binne maat van dop nekke eweredig maak?

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon Jul 31, 2023 9:43 am
by Lategan1
Luan, ek is deur alles.

Vollengte, Lee LCND necksize alleenlik, Redding Body + LCND, Anneal, Timney sneller, oorgepak en in ander kolf, en laastens exp. mandrel afsonderlik en saam met Lee LCND. Alle bietjies het gehelp, nie uitgeskakel nie. Ook ander koeëls, bv. 55gr Varmageddon, verskynsel steeds daar. My ES/SD 20-40 is swakker wanneer alleenlik neck size.

Die exp. mandrel elimineer nie die interne verdikkings voldoende nie. Daarom reamer.

So nou reamer, dan kyk ek. Ek het 200 Lapua wat ek nie sal sny alvorens hulle almal geskiet is nie. Punt is volgens ander se opinie en ervaring, doen ook dieselfde.

Ek probeer altyd om nie doppe te skil of ream nie. Ek wil skiet, nie herlaai nie! Ongelukkig op makoue en konstante afstande 300-400m, is die voorkoms in hoofsaaklik elevasie, ‘n ergernis.

Beste.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon Jul 31, 2023 9:58 am
by Arnold
Die beste resultate wat ek nog gekry het, sonder om te begin nekke sny (buite), was deur 'n LEE collet die te gebruik.

Die 223 is vreeslik sensitief en 'n node is nie sommer weier as 0.3gr nie. Ek doen dus ladings in 0.1gr stappe waarvoor my kruitgoeier ook eintlik nie eers akkuraat genoeg is nie. Dan het ek die seating diepte in 0.003" gestel om te sien of ek iets beter kan kry.

Met die klein doppie bly ES 'n probleem vir my en ek wonder of dit sal afkom as ek 'n beter skaal kry.

Wat ek gevind het deur dieselfde lading te skiet is dat my skiet tegniek ook 'n baie groot verskil gemaak het en groepe maklik verdubbel.

Hierdie groep is omtrent freerecoil geskiet en ek is oortuig dat ek hierop sal kan verbeter en daai boonste skoot meer inlyn bring. Hopelik skiet hy op veredere afstand ook mooi.
WhatsApp Image 2023-07-19 at 10.28.20.jpg
Ek moet ook sê dat die Federal 205 Match slagdoppies my groepe laat krimp het instede van CCI450 wat ek gebruik het. So die 223 is maar sensitief maar selfs die slegter groepe is nie altyd so groot nie ;D

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Mon Jul 31, 2023 10:23 am
by Capt. Yoda
Lategan1 wrote: Sun Jul 30, 2023 6:13 pm Ek nog steeds soekende vir ‘n bevredigende antwoord om die .223 “flyer” probleem uit te skakel, ter aansluiting.

Bo en behalwe alles reeds hier genoem, het ek op vele leesstof afgekom oor hoekom klein doppie patrone hierdie verskynsel so sterk uitlig. (22.250 word ook gereeld genoem) Sonder om in al die detail te gaan, is my benadering dat ek fokus op dit wat ek kan beheer. Wat wel uitstaan oor die “onbeheerbare” in .223 is die belangrikheid van konstante en eweredige loopgroewe, veral eweredige gelyke eerste kontak met die groewe, konstante koeël ogiewe, verskil in lope se binne deursnee ens. Hierdie aspekte geld in mindere of meerdere mate vir alle kalibers. (Geometriese akkuraatheid)

Die 55gr koeëllengte en stabiliteit kan wel moontlik ‘n probleem wees in sommige 1:12 lope, maar nie in die vinniger lope nie. Ek laat dit dus eers buite rekening.

Die .223 is nie werklik bekend vir ernstige “doughnuts” nie. Die dop kan ligte graad van metaalvloei na sy kort nek ervaar.
Hulle is ook bekend vir hul kort kamers, daarom word oor die algemeen diep “geseat”, ongeag stadige of vinnige lope en of ligte of swaarder grein koeëls. Die verskynsel verdwyn skynbaar nie by die .223’s wat wel langer kamers het nie, soos lede ook hier uitgelig het.
Baie .223 patrone word gekrimp en dit moet in gedagte gehou word tydens herlaai.

Die ongelyke binnekant van die dopnek het skynbaar ‘n groot effek op konstante nekspanning en vrylaat van die koeël. Die ligte voorkoms van doughnuts en ou krimpe se interne verdikkings, vererger dit.

Die oplossing voorgestel is om ‘n “reamer” te gebruik en daardeur te verseker dat die dopnek intern netjies silindervormig skoongesny is. Ek kon voorheen voel dat my doppe/koeëls wel nie 100% eweredig “seat” in die verskillende doppe nie.

Die toets vir dopnekke se defekte, is die bekende praktyk. Neem geskiete dop uit jou geweer, hou vertikaal en laat sak ‘n koeël met swaartekrag in, of liggies indruk tot verby nek/skouer aansluiting.

Indien die koeêl by die skouer/nekaansluiting vassteek, weet ons dit is doughnuts.
Indien ‘n koeël op wisselende hoogtes in die doppe vassteek of effe strammer ingaan bokant die nek/skoueraansluiting, illustreer dit die onkonsekwente silindervormigheid van die nekke. Laat sak die koeêl van verskillende hoogtes in om te toets. Bv. 3mm val, 6mm val.

Hou in gedagte dat met 2.221” TPL die volgende koeëls die skouer/nek aansluiting kruis:
Sierra 55gr Varminter, V-Max 55 en 53gr.
Met 2.26” TPl stop die korter Sierra by die aansluiting.

Ek het uitgegooide S&B geskiete doppe geneem en getoets.
Het ‘n Forster reamer gekoop en skoongesny. Die voorkoms is presies soos per my info. Sien foto’s met die blink waar die reamer gesny het. (Minder sigbaar op foto as werklik). Let op, elke dop het ‘n blink ring waar die gevreesde donut voorkom, die interne krimp verdikkings by die bek is gesny en dan ook op wisselende hoogtes in onderskeie doppe. Die koeëltoets val nou vry in.

My volgende stap is om al 150 doppe te anneal, met reamer te sny en op 200 en 300m baan te toets.

Enige iemand met soortgelyke ervaring of wat ook so toets sal doen? Kan dalk lig op baie manne se uitskieters werp.

Beste.
Ek kan met alle dankbaarheid nee se

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Tue Aug 01, 2023 7:52 am
by Lategan1
@ Arnold
“die Federal 205 Match slagdoppies my groepe laat krimp het instede van CCI450 ”

Die F205M kom sterk deur as die gunsteling by baie. Sy dikte is sterk eienskap. CCI450 staan weer sterk met balletjiepoeier, bv. CFE223.

@ CaptYoda
Ek op jou bladsy en het dit probeer vermy. Na 4-jaar se irritasie stap ek nou die volle pad! Dit sal hopelik help dat ek met my Lapua doppe direk na “neck reamer” kan oorgaan en sodoende die ketting van baie groepe en verstellings uitskakel. Tot dusver het ek die gebruik van die Lapua doppe uitgestel omrede ek nie enige wil verloor in ‘n koringland of veldskiet nie. Sal beperk tot bankskiet.

Jou Forster werk mooi met die reamer.

Beste.

Re: Wat veroorsaak dat die 223 skote so uit gooi?

Posted: Tue Aug 01, 2023 9:07 am
by Arnold
@Lategan1, wat is ladingontwikkelingsmetode wat jy volg op die 223?

Ek het nie soseer 'n probleem met die nekke sny aan die binnekant nie maar het nou ook vir 'n ruk bietjie "gesukkel" omdat ek wou hê die geweer moet op 'n node skiet waar hy net nie wou nie. As ek sê die geweer wou nie mooi skiet nie was dit 3/4 duim groepe instede van minder as 1/2 duim ... dit is mos mens se verwagting van die klein doppies.

Ek wou hom op lading 9 skiet, waar GRT wys daar is 'n node, maar dit wou net nie saam kom nie. Op lading 4, waar daar ook 'n node wys skiet hy egter baie kleiner groepe op 100m. Mens sou dit seker beter kon kry op node 9 met seating diepte en meskien probeer ek dit eendag maar vir nou is ek gelukkig met die 45fps minder en mooi groepe.
223Rem.jpg