Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ja Deon, ons is maar net bekommerd oor jou, die rubber beskerming goedjies wat jy gebruik, wil wil lyk of jy dit laat pas kleur gewys met die jou kledingstukke. Volg week, skiet jy dalk saam met die NRL/PRS manne (hul het mos kleurvolle, gebrande kappies) en wat maak jy dan met daai rubber dingetjie?
Ek kon darem ook my rekening oopmaak vir 2026.
Hierdie bababulletjie gejag op die plaas waar ek 'n aftreejoppie het. My .375 gebruik met 300gr Spoor en reduced lading van 50gr S335 wat die koeël so teen 1765vps uitspoeg. Skietafstand was 44m. Ek het die koedoe voorgesit op 'n plek waar ek die afgelope paar weke baie koedoebulle sien beweeg. Was die oggend so 5.30 op my pos en het die bul teen 6.45 geskiet.
Vir diegene wat wonder of die Spoor teen so 'n lae snelheid oopmaak; hier is die bewys. Die koeël het die bok skuins van voor op die regterblad getref, die bladbeen gebreek, is bo-oor die hart waar dit al die "plumbing" afgesny het en ek het die koeël by die laaste ribbebeen aan die verste kant van die lyf herwin.
Ek hou van die ligte lading in die .375H&H. Dit voel of jy 'n .30-06 skiet en op kortafstand het dit genoeg slaankrag vir enige van ons boksoorte.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Terwyl ek op die plaas was het ek sommer gevaarlike grootwild ook gejag. Die jakkals het my gestorm en ek kon daarin slaag om hom op 65m plat te trek net voor hy my wou byt. Die bobbejaan is verras op 58m. Hierdie een was 'n reus, die swaarste mannetjie wat ek nog ooit geskiet het. Ook 'n ou bobbejaan. Sy tande was al erg afgeslyt en heeltemal vergeel... anders as die een wat ek in Desember geskiet het waarvan die tande nog spierwit was.
Beide jakkals en bobbejaan is ook met die 300gr Spoor geskiet. Ek hou maar daarvan om goed bewapen te wees teen die gevaarlike goeters in die karoo. Hê-hê !!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Fri Jan 16, 2026 5:51 pm, edited 2 times in total.
Ek het darm 2025 redelik lekker afgesluit. Klipharde jag in koppe en rotse en lelike ruigtes vir n draadbreker bul. Die Ruger Guide met sy houtkolf en Reflex was n plesier om te dra in die berg, Helse ervaring en tussen bloed sweet en reen het ons reggekom
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
DWB wrote: Fri Jan 16, 2026 8:43 pm
Kobus jou wetter!!! Baie Geluk!!!!
Geen idee gehad hoe bul lyk nie maar toe nie te sleg uitgedraai nie. Nie stokou bul nie maar bosse darm hard. Kan nie glo wa daai bul beweeg nie, somme plekke het ek op my bas gesit en afgeklim na volgende rotse. Die perd seil da tussen deur een poot agter ander poot. Was nogals n belewenis. Langs storie kort toe ons ruk op ons kniee was en opstaan toe bulk hy en kom met n gejuig. Sal anderdag hele storie vertel