Page 2 of 2

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Tue Sep 10, 2024 4:51 pm
by Capt. Yoda
Ek het nie FB nie so weet nie of die video werk nie maar kyk maar. Wat ek wel weet is dat wanne jy die bang button druk daar so 60k psi se druk in jou keel is en daai koper koel laat loop daar in die loop af, ek kan nie dink mens gaan erger skade met n koper borsel reg kry nie

https://www.facebook.com/AMPannealing/v ... 259992938/

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Thu Sep 19, 2024 7:39 am
by Drenalinjunkie
Capt. Yoda wrote: Tue Sep 10, 2024 4:48 pm Speedy vervang sy lope soos elke 800 skote so ek weti. Da is ook n video waar Lou Murdica sy lope met n koper borsel op n rod met n boor skoon maak, daai man is BR se baas so hy sou dit nie doen as dit sleg was vir sy lope nie
Net so Siebert. Lou Murdica is een van die beste shooters ooit. Greg van Primal Arms het ook n video gepost waar hy met n boor en koper borsel the loop probeer opdonner... dit het nie gewerk nie...

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Thu Sep 19, 2024 7:50 am
by Lategan1
Drenalinjunkie wrote: Thu Sep 19, 2024 7:39 am
Capt. Yoda wrote: Tue Sep 10, 2024 4:48 pm Speedy vervang sy lope soos elke 800 skote so ek weti. Da is ook n video waar Lou Murdica sy lope met n koper borsel op n rod met n boor skoon maak, daai man is BR se baas so hy sou dit nie doen as dit sleg was vir sy lope nie
Net so Siebert. Lou Murdica is een van die beste shooters ooit. Greg van Primal Arms het ook n video gepost waar hy met n boor en koper borsel the loop probeer opdonner... dit het nie gewerk nie...
Dis die probleem. Hulle kan lope ruil soos broodmeel van die rak af. Hulle kommentaar is dus ongelukkig baie relatief vir ons.

Nietemin, mens kan dit konserwatief doen volgens wat hulle uitwys.

Ek was net so onlangs soos 2 weke gelede gevang met my 7mmRM met skielike 125mm groepe op 200m. Borescope eenvoudig gewys ek maak nie sorgvuldig genoeg skoon nie.
Ook koolstofring gehad.

Ek moet ook bieg, ek nie altyd passievolle skoonmaker nie!!

Beste.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Thu Sep 19, 2024 8:14 am
by Heinds
Ek was self n groot eliminator voorstaander en het nogsteeds hierdie produkte op my skoonmaak rak maar gebruik deesdae thorrowclean (verdunde iosso) en as die loop lank geskiet is sonder n skoonmaak sit ek bietjie iosso by.

Ek borsel die loop dan goed met n nylon borsel en dan is hy klaar en ek trek selfs die borsel terug oor die kroon (waar ek in die verlede die borsel afgedraai het) Hierdie werk vir my die vinnigste en gee goeie resultate. Dit vat gemiddeld so 5-6 skote vir my om weer op my gewone spoed te kom na n skoonmaak sessie.

Ek was in die verlede bang vir abrasives maar het dit afgeskud en gee glad nie meer om oor dit nie want my akkuraatheid het nie afgeneem nie en lope gee baie goeie leeftyd. As hierdie metode werklik iets negatiefs bygedra het tot looplewe of akkuraatheid sou ek dit al gesien het oor n paar lope se leeftyd.

Ek lees toevallig n artikel van Brian Litz wat ook abrasives voorskryf, selfs iets soos JB Borepaste. Jack Neary se hulle gaan deur iosso soos tandepaste en hy hou n wereld rekord 200meter groep met 5 skote van 0.110 MOA. Whats not too like.

Elkeen soen sy vrou op sy manier maar ek sal nie sommer weer ander produkte gebruik nie.

Re: Veldt vs Boretech Opinie/Ervaring

Posted: Thu Sep 19, 2024 10:42 pm
by JF123
'n Fosfor brons borsel is nie 'n staal skuur middel soos JB of Ilosso nie. Dit is seker nader aan die waarheid om te sé dat loop staal is 'n skuur middel vir fosfor brons.

Meeste wat sê dat die borsetjies werk nie goed nie maak hulle gevolgtrekkings van uitgewerkte borsltjies. Ek kan een borsel net 4 of maksimum 5 keer gebruik voordat die borsel so vêr afgewerk is dat die draadjies nie meer die groewe reg skoonmaak nie.

Nog 'n fout wat sommige mense maak is om oorgrote borsetjies te gebruik.