6mm - watter een

6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: 6mm - watter een

Post by 6.5/284Norma »

Kyk na die 6GT, besig om groot navolging te kry...
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Stef1274
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Stef1274 »

1. Onthou dat die nuwe korter 6mms gemaak is om in 'n AR magasyn te pas. Jy is nie beperk daardeur nie, so jy moet onthou om dit nie te tel aan die pro kant van die lysie nie.

2. Koop iets wat LRP kan gebruik. Jy wil nie elke nou en dan so moet rondry en rondbel en arms en bene betaal nie...
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Wouter Roets »

Pappabeer wrote: Wed Aug 02, 2023 1:09 pm Hou hom .243. As jy nog 10 jaar uit n loop uit kry is dit goed, dan het jy die voordeel van al jou ou komponente wat jy kan gebruik. As jy wil wegbeweeg van die .243 Win af, sit n .243 AI loop op en spaar jouself n gesukkel met n onbekwame CFR.

Heel moontlik die beste raad tot dusver.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13506
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Capt. Yoda »

Snaaks as ek so lees sukkel manne kwaai met 30 grade skouers en donuts, ek skiet al beter end van 10jaar + n 6mm met n 30grade skouer en ek het nog nie een dop met n donut gekry nie
Stef1274 wrote: Thu Aug 03, 2023 7:04 am 1. Onthou dat die nuwe korter 6mms gemaak is om in 'n AR magasyn te pas. Jy is nie beperk daardeur nie, so jy moet onthou om dit nie te tel aan die pro kant van die lysie nie.

2. Koop iets wat LRP kan gebruik. Jy wil nie elke nou en dan so moet rondry en rondbel en arms en bene betaal nie...

Enigste 6mm op daai lys wat Sako222 gepost het wat gemaak is vir n AR is die 6ARC, die res van hulle kom almal van manne af wat lang roere op lang afstande skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Wouter Roets »

Cappy dit gaan oor druk. Daar is selfs manne wat al doughnuts met Ackleys gekry het. Die oomblik as jy bietjie dieper ingaan op sy informasie dan sien jy die man kuier al te lekker bo 70 000psi. Soos die ou spreekwoord se met genoeg krag kan jy jou vinger in jou hol ook afbreek.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Jaco vdW »

Baie dankie vir nog n klomp inligting.

Die gaan n projek wees. Ek sal nog baie navorsing doen en vrae vra.
Hoofsaaklik gaan dit n speel geweer wees, ek het ander wat toegewyde jaggewere is, en daarvoor gebruik gaan word.

Hou asb aan met die gesels hier.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Toyrsi »

Wouter Roets wrote: Thu Aug 03, 2023 9:26 am Cappy dit gaan oor druk. Daar is selfs manne wat al doughnuts met Ackleys gekry het. Die oomblik as jy bietjie dieper ingaan op sy informasie dan sien jy die man kuier al te lekker bo 70 000psi. Soos die ou spreekwoord se met genoeg krag kan jy jou vinger in jou hol ook afbreek.
Die XC's waarmee ek gewerk het se druk was nie eens naby aan maks nie. Die Creedmoors waarmee ek ook gewerk het het hulle hard geskiet sonder dounuts. So dan weet nie.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Wouter Roets »

Toyrsi wrote: Thu Aug 03, 2023 10:18 am

Jacques

Dis darem nie net druk alleen wat die oorsaak is van doughnuts nie. Die dopvervaardiger of beter gestel die metalurgiese samestelling van die dop het ook n groot invloed. Norma doppe wat die vervaardiger is van 6 XS doppe is redelik sag en dus word brassvloei vererger. Lapua wat die meeste seker gebruik word vir die Creed is weer aan die harder kant en dus is brassvloeie minder.

Brassvloei kom van die romp en skouer gedeelte van n dop. Indien twee doppe identiese afmetings het soos bodytaper en skouerhoek sal brassvloei ook identies wees teen dieselfde druk en konstuksie doppe.

Groetnis
Wouter
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Wouter Roets »

Jacques

n verdere vraag, hoe het julle die druk bepaal?

Groetnis
Wouter
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Toyrsi »

Al my ladings word op QL gedoen en ja ek weet dit is nie gemeet nie, maar dit gee n baie goeie aanduiding van wat aangaan.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Toyrsi »

Askies Jaco.
Hijack is verby.
Enige van daai 6mm is reg. Kap hom
Groete
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Malan123 »

Pappabeer wrote: Wed Aug 02, 2023 1:09 pm Hou hom .243. As jy nog 10 jaar uit n loop uit kry is dit goed, dan het jy die voordeel van al jou ou komponente wat jy kan gebruik. As jy wil wegbeweeg van die .243 Win af, sit n .243 AI loop op en spaar jouself n gesukkel met n onbekwame CFR.
Ek stem heelhartig met Dewald saam. Proses is aansienlik makliker en wys my wat die ander nuwe 6mms doen wat die ackley nie kan doen nie >:D
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Dash431 »

+1 vir 243 AI
User avatar
Bigfoot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Sep 27, 2015 7:06 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Bigfoot »

243W 243 AI comparison.jpg
243W and the 243 AI
243 6SLR 6XC.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Jaco vdW »

Die .243 AI is n bul van n 6mm!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Gawie(13mm) »

Manne, ek lees nou so deur jul skrywes en wil so half saamstem met almal, maar ek kan nie net boedel oorgee nie. 8)
Almal van ons weet dat wanneer jy 'n nuwe loop opdraai jy die saak van die ander kant aanpak as wanneer jy 'n rak geweer koop.
'n .243 of .243 AI met 'n 24 duim loop skiet 'n 87 V-max teen 3150 vps met 'n dopvulling van onder 90 % S365.

'n 6mm Creed skiet einste 87 V-max of 85 GK teen 3300 vps uit 'n 26 duim loop met 'n vol dop S365 @ 53 000 Psi.

My punt is; kies jou koeël en die spoed waarteen jy hom wil skiet en soek dan die kaliber wat dit gaan regkry met 'n vol dop teen matige druk.

Die verskil tussen die XC en die 6 mm Creedmoor se nek lengte is 0.5 mm.

Ek het al 'n paar 6mm lope opgeskiet en nog nooit 'n doughnut op enige dop gekry nie. Dit sluit Lapua, Sako, Norma en Petersen doppe in.

Synde Kaptein 'n lekker fight mis; Doughnuts word nie gevorm deur afvuur van 'n koeël uit 'n geweer nie, maar deur die matryse wat jy gebruik en hoe jy die gebruik.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13506
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Capt. Yoda »

Gawie(13mm) wrote: Thu Aug 03, 2023 3:34 pm Manne, ek lees nou so deur jul skrywes en wil so half saamstem met almal, maar ek kan nie net boedel oorgee nie. 8)
Almal van ons weet dat wanneer jy 'n nuwe loop opdraai jy die saak van die ander kant aanpak as wanneer jy 'n rak geweer koop.
'n .243 of .243 AI met 'n 24 duim loop skiet 'n 87 V-max teen 3150 vps met 'n dopvulling van onder 90 % S365.

'n 6mm Creed skiet einste 87 V-max of 85 GK teen 3300 vps uit 'n 26 duim loop met 'n vol dop S365 @ 53 000 Psi.

My punt is; kies jou koeël en die spoed waarteen jy hom wil skiet en soek dan die kaliber wat dit gaan regkry met 'n vol dop teen matige druk.

Die verskil tussen die XC en die 6 mm Creedmoor se nek lengte is 0.5 mm.

Ek het al 'n paar 6mm lope opgeskiet en nog nooit 'n doughnut op enige dop gekry nie. Dit sluit Lapua, Sako, Norma en Petersen doppe in.

Synde Kaptein 'n lekker fight mis; Doughnuts word nie gevorm deur afvuur van 'n koeël uit 'n geweer nie, maar deur die matryse wat jy gebruik en hoe jy die gebruik.
Se hulle Gawie

My SLR doen daai met n 105gr VLD 😘 alhoewel ek nou nie jokstories gaan vertel en se dis teen 55k psi nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Rikuss
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sun Jun 30, 2013 10:27 am

Re: 6mm - watter een

Post by Rikuss »

Wouter Roets wrote: Thu Aug 03, 2023 8:03 am
Pappabeer wrote: Wed Aug 02, 2023 1:09 pm Hou hom .243. As jy nog 10 jaar uit n loop uit kry is dit goed, dan het jy die voordeel van al jou ou komponente wat jy kan gebruik. As jy wil wegbeweeg van die .243 Win af, sit n .243 AI loop op en spaar jouself n gesukkel met n onbekwame CFR.

Heel moontlik die beste raad tot dusver.
Oorweeg dan 6 SLR ook. Bietjie doppe voorberei in die begin en daar gaan jy,met langer loop lewe as Ackley.
Full lenght Matrys mag dalk beursie bietjie skud, maar jy kan gewone 243 Wincherster doppe gebruik waar jy weer bietjie kan spaar.
.22 , 22 Hornet, 243 Win, 7x57 , 308 Win,375 H&H, Martini Henry, 12 boor, 410, 9mm
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Arnold »

Ek was nuuskurig en druk toe gou n 243 dop in my 6 Creedmoor se FL die. Sny toe vinnig die nek dat daai ekstra materiaal van die skouer weg is.

'n Ordentlike lang nek 243. Daai nek is net so effe langer as n 6 BR se nek Image

Image

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13506
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Capt. Yoda »

Rikuss wrote: Thu Aug 03, 2023 3:59 pm
Wouter Roets wrote: Thu Aug 03, 2023 8:03 am
Pappabeer wrote: Wed Aug 02, 2023 1:09 pm Hou hom .243. As jy nog 10 jaar uit n loop uit kry is dit goed, dan het jy die voordeel van al jou ou komponente wat jy kan gebruik. As jy wil wegbeweeg van die .243 Win af, sit n .243 AI loop op en spaar jouself n gesukkel met n onbekwame CFR.

Heel moontlik die beste raad tot dusver.
Oorweeg dan 6 SLR ook. Bietjie doppe voorberei in die begin en daar gaan jy,met langer loop lewe as Ackley.
Full lenght Matrys mag dalk beursie bietjie skud, maar jy kan gewone 243 Wincherster doppe gebruik waar jy weer bietjie kan spaar.
Ek sal nie deur al die moeite gaan en n geweer bou om Winchester doppe te skiet dan doen ek eder die maklike opsie en bou n 6Creed en skiet Lapua doppe van die rak af.

Ekt my eerste SLR kla geskiet met 100 Lapua doppe maar dit vat taamlik werk om hul teg te kry en jy moet jou reamer reg spec, ek skiet nou die laaste klomp jare Sako doppe en is meer as gelukkig, as ek nou da aan dink skiet ek Sako doppe in al my gewere behalwe een en ek gaan hom ook nou oor sit op Sakos

Vir jag kan Win doppe dalk werk maar ek het in die begin 300 gekoop want Robert Whitley het gese dis wat hy gebruik ma al klas jy hulle is hul 11.1.11 om die beste te se.

Loop lewe is n moeilike ding om te bepaal maar met N160 verwag ek baie naby aan 3000 skote voor ek die loop gaan wil af haal as ek kyk na hy hy nou na 1200 lyk, die voordeel van die 243 size doppe is laat jy kruit soos N160 en N165 kan gebruik wa die XC en Creed net bq te klein is, ek skiet hom wel nie hard nie 108gr Eld teen 3090fps met 42.7gr N160

Soos Gawie se, besluit watse koel jy hoe vinnig wil skiet en kyk dan watse dop jy soek. Kyk dan hoe beskikbaar daai doppe is, ek sal nie maklik n ander 6mm skiet nie want ek verstaan die ding beter as wat ek enige vrou verstaan ma da is makliker opsies

Ek het al XC en Creed doppe van 243 doppe gemaak en soos daai foto van Arnold wys is dit n mooi dop. Daar is n “Deep 6” wat basies dit is.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 6mm - watter een

Post by Andre308 »

Arnold wrote: Thu Aug 03, 2023 4:37 pm Ek was nuuskurig en druk toe gou n 243 dop in my 6 Creedmoor se FL die. Sny toe vinnig die nek dat daai ekstra materiaal van die skouer weg is.

'n Ordentlike lang nek 243. Daai nek is net so effe langer as n 6 BR se nek Image

Image

Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Stap 1 - Nou vat jy daai lang nek Creedmoor en noem hom n 243-Creedmoor BR.

Stap 2 - Dasher hom nou dan het jy n 243Ackley met die naam 243-Creedmoor Dasher.

Eweskielik het die 243Ackley se naam verander en verkoop hy weer soos soetkoek aan n klomp PRS en Veldskiet skuts wat die nuwe warm kaliber soek.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: 6mm - watter een

Post by SakoTrippel2 »

Ons is nou besig so ons kan net sowel aangaan... Gee nou daai oukie wat Arnold gemaak het 'n 40deg Skouer en mens kom pretty much by 'n Kwagga uit. Jy werk hom met 6Rem Ackley Die wat mens net bietjie modify.

Ekt 'n interessante storie ontdek in 'n workshop in die Vrystaat eendag.... Ek tel daar 'n Dop op wat op 'n rakkie staan en vra die oom is dit 'n Kwagga? Hy sê effe ontsteld.. Wat is 'n Kwagga? Daai is my ontwerp! "Hulle" het net sy naam verander.

Nou ja iemamd het daai selfde idee al meer as 10 jaar terug gehad.

Ek weet van 'n paar wat ligte uitskiet maar Capt Yoda sal van my verskil... Hyt 'n slegte ondervinding met een.

Wat is die skouer op daai 6mm HK?
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13506
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Capt. Yoda »

Is die HK nie maar basies n 6XC Improved nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: 6mm - watter een

Post by SakoTrippel2 »

Ja dit is, maar eks nie seker of dit 30,35 of 40 is nie
Last edited by SakoTrippel2 on Fri Aug 04, 2023 9:16 am, edited 1 time in total.
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: 6mm - watter een

Post by Toyrsi »

Ek dink eerder hy is n 6mm SLR/Ack
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Post Reply