Courteney boots... is dit die geld werd?

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by Supacow »

Koop n 8 dan weet jy hys reg tot matriek ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
JacquesSAKO.308
Full Member
Full Member
Posts: 243
Joined: Thu Apr 23, 2015 11:01 am

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by JacquesSAKO.308 »

Probleem is ek is al 10 jaar uit matriek

Sent from my SM-S901E using Tapatalk

User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by 6mmMusgrave »

Naand Almal

Ek het n paar Jim Green Razorbacks wat ek altyd by dave( flash op die forum) op die plaas gedra het. Laasjaar toe ek op die plaas kom is my skoene weg. Vra waar is my skoene nee hulle staan in n swartsak saam ou skoene om weggegooi te word.

Ek grawe hulle uit en hulle was toe al bietjie moeg. Na die naweek op die plaas besluit ek hom hulle huistoe te vat.

N oproep na Jim green en hulle word opgetel en hersool met nuwe inners en veters als vir R650 courier soontoe en terug ingesluit.

Ek gan hulle die res van my lewe kan dra en as hulle ooit totniet gaan is dit nie te duur om weer nuut te kry nie.

Ek dink dis baie goeie waarde vir geld en die skoene dra baie lekker. Ook n opsie om na te kyk.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by Freddie101 »

Die onderwerp is seker nou al klaar tot bootse in die algemeen verander.... Dra ook net Tarzan halfbootse met ogies vir veters al seker vir 15 jr. Het altyd 2pr wat ek afwisselend elke 2de dag dra. Ek verpes daai hakies waarom jy die veters haak. En ook die slipons is te los in die berge. So hulle kos nie plaas se prys en hou gewoonlik paar jaar en is gemaklik aan my voete. Sole het al gebreek en gedaan geraak van party... Maar enige bootse sal seker so maak.

mooiloop
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by Koos Barnard »

"Destyds toe Koos Barnard nog vir Magnum gewerk het, het hy die lof van die Courtneys in 'n artikel besing, soseer so dat ek 'n paar gekry het. Ek het baie jare se goeie diens uit 'n paar Courtney Selous stewels gekry. Dit was uiters goeie stewels."

Ek was aanvanklik baie in my skik met die Courtneys, die kwaliteit van die skoene is baie goed maar hulle het my voete na 'n tyd begin "brand". Hoe langer ek hulle gedra het, hoe groter het die probleem geraak en niemand kon my 'n antwoord gee wat die oorsaak daarvan kon wees nie. Dis toe dat ek hulle vir my tuinhulp gee.
Mooi loop
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by Pappabeer »

Myne was almal 100% die geld werd, maar al vyf my stelle was aansienlik goedkoper as nou,

2x Selous trekker sool
Warrior ripple sool
Vellie ripple sool
Campfire sandaal.

Ek jag waar ek kan met hulle, maar ek is ook oopkop dat wanneer ek in 35-40 grade jag ek liewers ligte tekkies gebruik.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by HeinM »

Koos Barnard wrote: Sat Dec 21, 2024 1:59 pm Dis toe dat ek hulle vir my tuinhulp gee.
Mooi loop
Mooi man!

++>: ++>:
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by win270 »

"Dis toe dat ek hulle vir my tuinhulp gee." Koos, nou brand jou tuinhulp seker weer om eienaarskap van die Courteneys te wysig!! ;D

Let wel die korrekte spelling is "Courteney".
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13520
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by Capt. Yoda »

win270 wrote: Sun Dec 22, 2024 9:07 am "Dis toe dat ek hulle vir my tuinhulp gee." Koos, nou brand jou tuinhulp seker weer om eienaarskap van die Courteneys te wysig!! ;D

Let wel die korrekte spelling is "Courteney".
Ek kom so jaar of 3 terug by n groot maat van my aan en staan en gesels met die tuinman wat da staan en gras sny ma dis vir my snaaks laat hy met n masjien loop en nie opi rideon ry nie want dis n groot stuk gras om so te sny. Ek sien hyt vars stel Courtneys aan en vra my maat nou die het die man bonus gekry?Nee se hy die goed maak sy voete seer en ons het n jag oor 2 maande hyt laat die knaap hul aan trek met 2 stelle kouse sodat hy hulle bq kan in loop vir hom ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Courtney boots... is dit die geld werd?

Post by Glocked »

Capt. Yoda wrote: Sun Dec 22, 2024 1:35 pm
win270 wrote: Sun Dec 22, 2024 9:07 am "Dis toe dat ek hulle vir my tuinhulp gee." Koos, nou brand jou tuinhulp seker weer om eienaarskap van die Courteneys te wysig!! ;D

Let wel die korrekte spelling is "Courteney".
Ek kom so jaar of 3 terug by n groot maat van my aan en staan en gesels met die tuinman wat da staan en gras sny ma dis vir my snaaks laat hy met n masjien loop en nie opi rideon ry nie want dis n groot stuk gras om so te sny. Ek sien hyt vars stel Courtneys aan en vra my maat nou die het die man bonus gekry?Nee se hy die goed maak sy voete seer en ons het n jag oor 2 maande hyt laat die knaap hul aan trek met 2 stelle kouse sodat hy hulle bq kan in loop vir hom ++>:
Klink my die man ken van planne maak ++>:

As hy die storie oorleef het, kan hy maar met gemak sonder plakkies in die karavaan park gaan stort, hy sal nooit weer iets optel nie.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Post Reply