Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
DWB wrote: Tue Dec 31, 2024 7:52 am
Ek het seker dan al eelte op my skouers.
My 404 se loop is al vir die 2de keer blink gedra.
Ek kan steeds my loop weg wys van wie voor my is, en doen dit ook so.
As geweer nie op my skouer is nie is hy in my hand, die terrein bepaal dit.
As hy eers sy lêplek op die skouer het dan sit hy mooi.
Tussen bosvarke oor honde, plase met buffels en dan self grootwild jag moes mens maar leer dat slings nie werk nie.
Moet nogals met jou saamstem. Wag ek sal byvoeg is as mens gevaarlike goed jag 375 en op is da nie n band naby nie. Plekke wa ek al in was sal jy jouself so vas koek dat jy nie gou sal uitkom nie.
Ja ek dra die geweer “Afrika Styl” maar ook in die hande. As jy kilos doen help dit as jy posisies kan verander en veral met dubbel. Linkerhand, regterhand, linker skouer en regter skouer. Oor die algemeen as da man voor jou is probeer jy ma roer in jou hand dra en veral n ruigtes.
Bitter min van my gewere het belde op en verkies maar om n ding in die hand te dra maar as ek n geweer dra wat n band het hou ek van loop na onder (asof da dan minder stremming op jou rug is).
As 'n nuwe jagter moet ek sê wanneer daardie skoot klap is dit nogal moeilik om te onthou om weer vinnig de slot oor te haal. Bokkoors maak mens onnosel.
Dit was vir my moeilik om my swaar loop geweer te dra met die draband oor die skouer. Die geweer wou die heel tyd horisontaal draai. Ek het ook probeer om loop ondertoe te dra, maar dan het die loop aan elke takkie en bossie wooroor ek getrap het gehak.
As alles in die lewe dieselfde was was die lewe maar vrek BORING!!! Elke man se vrou is nie noodwendig almal se vrou keuse nie. Veiligheid eerste dan kan jy hom aan die voorvisier ook dra as jy wil......