Page 2 of 2
Re: .460 Weatherby Magnum
Posted: Thu Jun 05, 2025 12:17 pm
by Hartskoot Hennie
Wouter Roets wrote: Thu Jun 05, 2025 7:52 am
Hennie
Iets wat ek nou raak sien. Daai teleskoop wat jy daarop het lyk soos 2.5-8x36 model. Kyk maar tog of jy nie erens n 1-iets vergroting kan kry nie. Selfs n VX3 1.5-5 sal werk, maar verkieslik n ware 1 vergroting. Om met beide oe oop te kan skiet met die tiepe roere is baie belangrik.
Groetnis
Wouter
Hallo Wouter, ja ek stem heeltemal saam met jou - dankie vir die voorstel. Dis 'n VX-R 2-7x33 op die .460. Ek het 'n VX-3 1.5-5x20 op my .375 wat ek gaan ruil met die .460 sin.
Re: .460 Weatherby Magnum
Posted: Thu Jun 05, 2025 2:49 pm
by Frederik
Mag ek maar inspring en voorstel gaan Red Dot en kry klaar.

Re: .460 Weatherby Magnum
Posted: Fri Jun 06, 2025 12:16 pm
by Wouter Roets
Hartskoot Hennie wrote: Thu Jun 05, 2025 12:17 pm
Wouter Roets wrote: Thu Jun 05, 2025 7:52 am
Hennie
Iets wat ek nou raak sien. Daai teleskoop wat jy daarop het lyk soos 2.5-8x36 model. Kyk maar tog of jy nie erens n 1-iets vergroting kan kry nie. Selfs n VX3 1.5-5 sal werk, maar verkieslik n ware 1 vergroting. Om met beide oe oop te kan skiet met die tiepe roere is baie belangrik.
Groetnis
Wouter
Hallo Wouter, ja ek stem heeltemal saam met jou - dankie vir die voorstel. Dis 'n VX-R 2-7x33 op die .460. Ek het 'n VX-3 1.5-5x20 op my .375 wat ek gaan ruil met die .460 sin.
Hennie dit gaan perfek werk. Daai keuse gaan beide kalibers baie mooi komplimenteer. Niks wat n groot wild jag so opvoeter soos n pap battery nie...
Re: .460 Weatherby Magnum
Posted: Sat Jun 07, 2025 11:10 am
by Alwin
Wouter Roets wrote: Wed Jun 04, 2025 8:54 am
Alwin
My kennismaking met die meneer het gekom deur n groot pel van my destyds wat my gebel het en gevra het of ek hom nie wil help met n klient van hom se geweer wat n teleskoop moet opkry en ons moes hom sommer vir hom ook instel. Niks is daar gese oor die kaliber nie. Ek gaan haal hom en ons ry die paar kilometer uit na ons komando skietbaan buite die dorp. In die rytog vertel hy my die storie van die pierewaaier oom in ons dorp wat vir hom gekontak het en hom gevra het om die kragtigste kaliber vir hom te soek vir n opkomende olifant jag. My maat kon toe n nuwe Weatherby in die hande kry asook amminusie, ringe en n teleskoop.
Nou die pel van my is n groot man en een van my mentors as dit by skiet en jag gekom het so beide van ons het geweet ons sou nou moes konsentreer met die montering en inskiet. Wel die kort is ons het regtig hard probeer, maar 30 rondtes later het ons besef dit is tevergeefs. Oppad terug met n welverdiende bier in die hand vra ek my pel of hy ook voel die bakkie van my skud snaaks op die grondpad, waarop hy toe positief beantwoord. Ek stop toe en met die tot stilstand kom sien ek maar die verdomde pad skud nog steeds! Ek dink beide van ons se retinasas asook ons grysstof was oordentlik getimmer deur die sessie. Die perd en n bench is nie gemaak vir mekaar nie, al vou jy hoeveel baadjies tussen jou skouer en daai geweer op. Jy kan ook nie genoeg Locktite op die beste staal ringe se skroefies sit nie. Ek dink Caldwell se Leadsled het ook die lig gesien agv die nommertjie.
Om te spog met die grootste meneer om die kampvuur is nie vir sussies nie!
Groetnis
Wouter
Dit is seker net regverdig dat die jagter en die olifant die pyn deel?

Re: .460 Weatherby Magnum
Posted: Mon Jun 09, 2025 2:33 pm
by Frederik
Wouter Roets wrote: Fri Jun 06, 2025 12:16 pm
Niks wat n groot wild jag so opvoeter soos n pap battery nie...
Verander my battery elke jaar nog geen probleme nie. Battery kan 3 jaar hou permanent aan op medium "brightness"
Re: .460 Weatherby Magnum
Posted: Mon Jun 09, 2025 3:11 pm
by Hartskoot Hennie
Frederik wrote: Thu Jun 05, 2025 2:49 pm
Mag ek maar inspring en voorstel gaan Red Dot en kry klaar.
Dankie vir die voorstel Frederik.
Ek het wel ñ Aimpoint Micro H-2 gehad, en het hom nie lank gehad nie, toe verkoop ek hom.
Ek verkies net die meer klassieke “look” van die VX-3 1.5-5x20, en ek het ook iets bietjie meer veelsydig gesoek (vir my oë).
Maar ja, ek stem saam heeltemal met jou - ñ red dot sight is ook ñ baie goeie opsie!