Page 2 of 4

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Jul 24, 2025 1:21 pm
by Wouter Roets
Boys

Wat gaan hier gebeur? Hy gaan daai buffel met een skoot vrek skiet. Die lot van ons gaan lekker met roomys wat stadig afdrup vanaf ons voorkoppe hier rond staan.

Elke jagter gaan van nou af lig vir kaliber konvensionele koeels gebruik wat teen 3000psi oor die maksimum van die kaliber geskiet word. Die knaap gaan dan orders van heinde en verre kry van elke wannabie Sullivan om sy ou Brno of Mauser te laat tacticool.

Eezy peezy lemon sqeezy!

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Jul 24, 2025 1:39 pm
by DWB
Hahahaha ek dink nie jy is verkeerd nie Wout!

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Jul 24, 2025 3:36 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Thu Jul 24, 2025 1:21 pm Boys

Wat gaan hier gebeur? Hy gaan daai buffel met een skoot vrek skiet. Die lot van ons gaan lekker met roomys wat stadig afdrup vanaf ons voorkoppe hier rond staan.

Elke jagter gaan van nou af lig vir kaliber konvensionele koeels gebruik wat teen 3000psi oor die maksimum van die kaliber geskiet word. Die knaap gaan dan orders van heinde en verre kry van elke wannabie Sullivan om sy ou Brno of Mauser te laat tacticool.

Eezy peezy lemon sqeezy!

Hy gaan n skoot gooi met die lever en dan gaan die PH en die backup hul 458lot en 416 leeg maak en hy gaan n foto langs die buffel vat

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Jul 24, 2025 5:56 pm
by OosKaapJagter
Nie alles wat moontlik is, is noodwendig slim nie.

Hierdie is 'n geval van as dit werk, is sy reaksie: "Ek het julle mos gesê."
As dit nie werk nie is dit teenoorgesteld: "Ons het jou mos gesê!"

Die tyd sal leer....

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Fri Jul 25, 2025 8:24 am
by Wouter Roets
Hierdie jag is elke PH se droom. Jy skiet n buffel en jy word nog boonop daarvoor betaal.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Fri Jul 25, 2025 1:40 pm
by Toxxyc
Toyrsi wrote: Wed Jul 23, 2025 3:33 pm
Toxxyc wrote: Wed Jul 23, 2025 2:58 pm
Capt. Yoda wrote: Tue Jul 22, 2025 7:42 pm Its all about the clicks…
Presies. Die perd het al 28,000 views op die video, en hy het nog nie eers die plaas bereik nie. Hy doen iets reg om sy sente te verdien.
Ek sal ongelukkig nooit een van daai wees wat sy vids kyk nie maar nou ja so verskil mense maar.
Selfde. Ek het van sy goed gehou aan die begin, maar na ek stories van die man gehoor het, het ek maar besluit om liefs anderkant toe te kyk.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sat Jul 26, 2025 10:36 am
by Rudiejacobs
Sommer so n grillerige herinering waaroom ek glad nie meer die travant se goed kyk nie.

Moet die aksent wees wat my afsit, want alles anders wat hy praat is "feite".

Rudie.

Sent from my SM-N981B using Tapatalk


Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sat Jul 26, 2025 8:19 pm
by tripodmvr

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Jul 28, 2025 10:19 am
by Capt. Yoda
Julle besef die yster is T-Rex rated?

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Jul 28, 2025 11:15 am
by Toyrsi
Capt. Yoda wrote: Mon Jul 28, 2025 10:19 am Julle besef die yster is T-Rex rated?
Net in die flieks ja.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Jul 28, 2025 7:45 pm
by Sako75
Mens wonder hoeveel hierdie saak dieselfde of verskillend is van die koedoes, elande, wildebeeste, sebras, ens wat met trots met 223s en 243s en ballistic tips geskiet word…..

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 29, 2025 8:01 am
by Riaan Kriel
Sako75 wrote: Mon Jul 28, 2025 7:45 pm Mens wonder hoeveel hierdie saak dieselfde of verskillend is van die koedoes, elande, wildebeeste, sebras, ens wat met trots met 223s en 243s en ballistic tips geskiet word…..
Al daardie diere wat jy noem is minder geneig om te storm, te trap en te gaffel.... en hulle beskou lood nie as antibiotika nie ;) ;D

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 29, 2025 4:24 pm
by kudu375
Ek hou baie van die 45/70

as hy n T Rex kan plat trek, en n klomp indiane en bisons kon skiet, hoekom nie?

Ek is baie lief vir die 45/70, en met n 400gr teen n redelike spoed sal hy nr19 haal op my "ingeval van buffelskiet lysie".
Nr1 is 375H&H met SBC 300gr
Nr2 is n 416 -enige een
Nr4-nr18 is 375H&H met enige ander 300gr

Hierdie is my opinie en kom met my ervaring van GEEN buffels al geskiet en baie Magnum en SA jagters tydskrifte al gelees.

Lekker middag

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Jul 31, 2025 1:51 pm
by Wouter Roets
kudu375 wrote: Tue Jul 29, 2025 4:24 pm Ek hou baie van die 45/70

as hy n T Rex kan plat trek, en n klomp indiane en bisons kon skiet, hoekom nie?

Ek is baie lief vir die 45/70, en met n 400gr teen n redelike spoed sal hy nr19 haal op my "ingeval van buffelskiet lysie".
Nr1 is 375H&H met SBC 300gr
Nr2 is n 416 -enige een
Nr4-nr18 is 375H&H met enige ander 300gr

Hierdie is my opinie en kom met my ervaring van GEEN buffels al geskiet en baie Magnum en SA jagters tydskrifte al gelees.

Lekker middag
Nie baie mense sal n 375 bo n 416 verkies vir buffeljag nie. Jy maak wel n geldige punt oor koeelkeuse en die rol wat dit speel in n suksesvolle jag.

Groetnis
Wouter

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Jul 31, 2025 1:58 pm
by kudu375
Hi Wouter,

Tong in die kies- bang vir recoil, en ek moes ook eerlik wees met myself!
Daar is soveel wonderlike geskikte kalibers, hoekom wil n mens moeilikheid soek met n 45/70?
Groete

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Jul 31, 2025 2:02 pm
by Wouter Roets
Court

Jy praat waarheid. n Oordentlike koeel op die regte plek en jy kan maar jou foon reg kry vir die klomp kiekies saam jou trofee.

Groetnis
Wouter

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Jul 31, 2025 8:10 pm
by Giepie
Want hy kan en hy wil. ;D

Hoeveel van ons is nie ook maar so nie? Ek wik en weeg nou om met my 12Br enkel loop slotaksie Mossberg met slugs te begin jag. Daar is sovaal ander kalibers wat baie beter gaan wees, maar soms wil ek ook anders wees.

Mm, hoe sal 'n slug uit 'n 12br werk op 'n buffel? :laugh:

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Fri Aug 01, 2025 3:33 pm
by kudu375
Giepie wrote: Thu Jul 31, 2025 8:10 pm Want hy kan en hy wil. ;D

Hoeveel van ons is nie ook maar so nie? Ek wik en weeg nou om met my 12Br enkel loop slotaksie Mossberg met slugs te begin jag. Daar is sovaal ander kalibers wat baie beter gaan wees, maar soms wil ek ook anders wees.

Mm, hoe sal 'n slug uit 'n 12br werk op 'n buffel? :laugh:
Giepie,
Ek wil ook weet.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Fri Aug 01, 2025 5:30 pm
by tau
My grootse issue is nie die kaliber nie, maar die veiligheids aspek van 'n lever action.

EK het 'n Sako .308 win Lever action gehad. In my lewe nog nie 'n geweer gehad wat so sensiteef was vir druk nie. Probleem is hy wil dan nie cycle nie en di dop sit vas in die kamer. Baie grootvyf jagte vind plaas in warm hoë humiditeit areas. Jou geweer wat pragtig in die Kaap geskiet het is nou sommer steeks.


Ok die 45/70 is darem 'n rimmer reguit wand dop so hy sal nie sukkel nie.

"n Lever action raas vreeslik as jy wil stil wees in die bos. Dit klink of jy ratte verwissel in 'n D7 vanaf die 60"s ( if you know you know). Nou is die patroon in die loop soos mens op Buffel jag loop, maar as jy hom weer wil veilig maak is dit helse heboom op, koeels spring in die veld in hefboom toe besigheid wat my gebreek het.

Ek sal so lever action vreeslik geniet, maar as jy Kudu, Eland en Buffels jag wat se gehoor so vreeslik goed is jag in baie dig bos gaan jy sukkel.

Hy het darem 'n hamer so veiligheid met gelaaide rondte is dalk beter as wat ek dink??

Maar ek sal saamgaan met my rugertjie om dinge bymekaar te hou as dit moet :)

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Sun Aug 03, 2025 4:07 pm
by Alwin
Giepie wrote: Thu Jul 31, 2025 8:10 pm Mm, hoe sal 'n slug uit 'n 12br werk op 'n buffel? :laugh:
'n Oorlede vriend, wapensmid en voormalige grootwildjagter (PH), het my eendag vertel van 'n avontuurlike jag ('n avontuur is eintlik net 'n swak beplande ekspidisie) in Mosambiek, waar hy gedwing was om 'n buffelbul met 'n 12 Br Brenneke slug te skiet. Skootplasingwas reg en die buffel het saggies gaan lê. Moontlik? Ja. Aan te bevele? Vir seker nie.

Oorlede Kol. Jeff Cooper het 'n leeu of 2 kom jag in SA, en sy keuse van 'n geweer was 'n Marlin 45-70 met "ghost ring" agterste visier. Nie seker van ammunisie nie, maar hy sou vir seker iets beters as, 'n Hornady Interlock gekies het. Sy Marlin was ook meer tradisioneel gemeubileerd, sonder die treinbrug/kaasrasper tipe ding vooraan.

Dit laat my dink aan die tannie van Amerika wat 'n buffelkoei by Hoedspruit kom jag het. Sy het haar PH gevra watter geweer sy moet aanskaf vir die jag. Sy antwoord was om haar gunsteling geweer te bring waarmee sy baie gemaklik is. Dit was toe 'n 270. Hulle het ooreengekom dat sy Winchester Fail Safe ammu moet bring en die geweer daarvoor instel. (Waarskynlik 150gn, maar nie doodseker nie). Die buffeljag was maklik en sy het die koei op 100m deur die hart geskiet, dood op die plek. Sy was erg teleurgesteld. Dit was baie makliker as wat almal haar probeer wysmaak het.

Is dit moontlik om 'n buffel met 'n 45-70 dood te skiet. Met die regte koeël op die regte plek, absoluut ja. Is dit die beste keuse vir die taak? NEE!
Gaan die storie baaaie kyke op youtube kry, (wat natuurlik fondse genereer)? Reeds gebeur.
Die man werk met 'n plan, en die res van ons wonder nog wat aangaan... ++>:

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Aug 04, 2025 8:20 am
by Capt. Yoda
Dit kan moontilik die eerste video van hom wees wat ek kyk...

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Mon Aug 04, 2025 8:29 am
by savage(P Coetzer)
Destyds hoef mens net na 5min van Sê Wie met Niekie te luister om te weet hoekom ons is waar ons is. Nou kry ek daai selfde gevoel deur net te sien hoe groot aangang hy het.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Aug 06, 2025 1:25 pm
by Eduard Venter
Kyk ek het nou nie die video gekyk nie, maar as die jag wettig is sien ek nie probleem nie. Ons jag talle buffels elke jaar met pyl en boog, asook die groot roere. By verre die swakste skote wat ek al gesien het is die groot dubbels met oop visiere. Ek neem aan niemand sou kla as hy dit gebruik het nie?
Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Aug 06, 2025 2:59 pm
by JAGTERSREG-JRM
Eduard Venter wrote: Wed Aug 06, 2025 1:25 pm Kyk ek het nou nie die video gekyk nie, maar as die jag wettig is sien ek nie probleem nie. Ons jag talle buffels elke jaar met pyl en boog, asook die groot roere. By verre die swakste skote wat ek al gesien het is die groot dubbels met oop visiere. Ek neem aan niemand sou kla as hy dit gebruik het nie?
Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Feite ne!!! ;D ;D ;D

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Thu Aug 07, 2025 6:47 am
by Frederik
Is die buffel al plat of gaan ons nog wag om te hoor of dit sukses was?