Page 2 of 3
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Mon Apr 02, 2012 9:57 am
by Raven
Oom Flip & Bells Man,
Geluk met die lang nekke, ek kan sien die 375 l? na aan die hart - kameelperd en joune
Raves
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Mon Apr 02, 2012 12:02 pm
by Born2Late
Baie mooi,geluk.Dit lyk na n wen kombinasie wat jy daar beet het.
Groete.
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Mon Apr 02, 2012 2:28 pm
by Geno
Geluk aan die twee Fouch?'s!
Julle manne het baie mooi gegooi!
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Mon Apr 02, 2012 8:02 pm
by Flip Fouche
Baie dankie aan al die komplimente.Dit was vir my n besonderse geleentheid.
Baie dankie Stefan en Gotsoma Safaris.
Ek gaan maar eers na die 300WSM kyk voor die 375 Ruger.
Groete
FLIP
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Mon Apr 02, 2012 8:51 pm
by Koos Barnard
Flip, Stefan
Bly julle het lekker gejag, geluk met die kamele. Wat kan 'n mens oor Barnes s?, jy sukkel nooit, hulle base hoef nie vir hulle te praat nie, hulle adverteer hulself. Barnes, my Barnes, my Barneste Barnes!
Mooi loop
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Tue Apr 03, 2012 10:16 am
by Piet Pille
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Tue Apr 03, 2012 10:22 am
by Lourens
Baie geluk Stefaans en Oom Flip!! Dis baie mooi kameelperde daai en die skietwerk was ook puik!! Dis lekker om te sien as hulle so val. Oor die Barnes hoef ek nie veel te se nie, soos oom Koos hier gese het, hulle adverteer hulleself.
Flip Fouche wrote:
Ek gaan maar eers na die 300WSM kyk voor die 375 Ruger.
Groete
FLIP
Oom Flip - soos ek vir Oom gese het, Oom sal nie jammer wees nie, het laasnaweek weer groot marankas met myne gemaak! Laai hom met 165gr Barnes TTSX en Oom sal nooit terugkyk nie!!
Groete,
Lourens
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Tue Apr 03, 2012 10:29 am
by Reggie Gerber
Well done and lovely pics
Those Barnes speak for themselves

Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Tue Apr 03, 2012 10:16 pm
by immelmanw
Daar is nou baie baie baie stock, groete willem
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 8:51 am
by Wouter Roets
Willem
Dit is nou wonderlike nuus! Ek is ook juis laag op die 270gr 375's.
Ek se altyd dat geen koeel onvaalbaar of volmaak is nie maar Barnes in veral die TSX begin daai stelling erg onder druk sit!
Groetnis
Wouter
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 9:10 am
by Frederik
Wouter,
Ek stem saam wil nou nie die post high-jack nie maar as die TTSX kan hou en werk teen 3600 fps in 150gr teen 'n eland bul uit 'n 300 Weatherby wat meer wil jy he. Enigste koeel wat nie deur was nie sal kyk of ek iewers foto van die punt kan opspoor.
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 9:43 am
by Hartskoot Hennie
Hi Wouter.
Kan jy dalk asb. vir ons 'n lading gee om te probeer met die 270gr TSX vir 'n .375H&H?
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 9:46 am
by Wouter Roets
Freek
Ek kan nie glo wat jy nou se nie!

Ek het gedag dis net Impala's wat jou lierries maak! Ek trek net jou been my ou maat!
Dit is een van die dinge wat die Barnes en ander mono's so ongelooflik maak is hulle wye spektrum van werksverrigting. Dalk die een Achillis heel van Barnes is lae inpakspoed. Het al gevind dat hy soms nie volkome oopmaak op inpakspoed laer as 2000ft/sek nie.
Soos ek gese het nie volmaak nie maar bitter naby daaraan!
Hennie gooi al daai inligting op PM dan kyk ons of ons n reseppie aanmekaar kan slaan.
Groetnis
Wout
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 10:24 am
by Gerhard
Hartskoot Hennie wrote:
Hi Wouter.
Kan jy dalk asb. vir ons 'n lading gee om te probeer met die 270gr TSX vir 'n .375H&H?
Hennie,
Ek het jou lading vir die 375H&H met die 270gr TSX pella...

Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 10:37 am
by Koos Barnard
Wouter
Kom nou, as daar Holland & Holland agter die kaliber staan maak dit nie saak of jy Barnes of Impala of 'n elanddr*l laai nie, die bokke sal val

Mooi loop
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 10:46 am
by Stefan764
Wouter Roets wrote:
Willem
Dit is nou wonderlike nuus! Ek is ook juis laag op die 270gr 375's.
Ek se altyd dat geen koeel onvaalbaar of volmaak is nie maar Barnes in veral die TSX begin daai stelling erg onder druk sit!
Groetnis
Wouter
Oom Wouta
Dankie vir die waarheid. Ek het nog nie naastenby so baie jagtogte agter die blad met die 375 en die 270's as jy nie, maar die ou paargoedjies wat ek nou met hom omgedop het met hierdie kombinasie was die zebra (40m) die dier wat nog die verste gevorder het. Feit is, skiet jy die enjin raak gaan dit n vinnage dood wees, daarvan is ek 100% seker (tot iemand my verkeerd bewys met n fotos).
Barnes TSX koele is hier om te bly. Die snelheid waarteen die Kameelperd getref was is uitgewerk op 2287fps en die koeel het so mooi oopgemaak soos julle hom hier sien:
[img width=560 height=420]
http://dl.dropbox.com/u/55333818/TSX%20teen%202880.JPG[/img]
Die koeel het ook in n reguit lyn bly penetreer wat vir my ook baie punte tel. Yes, n ou kan redeneer dat hier nie baie groot bene getref is nie. Ons sal die wel op n volgende toets vasstel
Groete
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 10:46 am
by Frederik
Koos Barnard wrote:
Wouter
Kom nou, as daar Holland & Holland agter die kaliber staan maak dit nie saak of jy Barnes of Impala of 'n elanddr*l laai nie, die bokke sal val

Mooi loop
Goeie een

Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 12:24 pm
by Wouter Roets
Koos
Sal graag wil sien wat die Impala's en elanddr*#le in die 244 H&H gaan doen!

Nee wat dis die Barnes wat die H&H maak en nie anders om nie!

Onthou Stefaans hulle het met daai "swak" Ruger kaliber geskiet!

Moes seker ook maar die Barnes koeeltjie gewees het wat die oomblik gered het!
Groetnis
Wout
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 8:49 pm
by immelmanw
Stefan, het jy nog enige verlof oor?
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Wed Apr 04, 2012 9:03 pm
by Geno
immelmanw wrote:
Stefan, het jy nog enige verlof oor?
Willem,
Ek wonder daai selfde ding!
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Thu Apr 05, 2012 5:31 am
by VdWalt
36 Dae oor drie jaar siekverlof. ... Die winter is rof!

Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Thu Apr 05, 2012 7:31 am
by immelmanw
Mooi man!
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Thu Apr 05, 2012 7:36 am
by Gerhard
VdWalt wrote:
36 Dae oor drie jaar siekverlof. ... Die winter is rof!
He he he
Daai jagte gaan moeilik wees assie BAAS ook hier op die forum rond sluip....

Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Thu Apr 05, 2012 9:07 am
by immelmanw
Stefan is nou vinnig besig om die siekverlog op te gebruik......hy gaan nou in die kraamverlog begin inklim......
Re: 270gr Barnes TSX op Kameelperd
Posted: Thu Apr 05, 2012 9:15 am
by Gerhard
immelmanw wrote:
Stefan is nou vinnig besig om die siekverlog op te gebruik......hy gaan nou in die kraamverlog begin inklim......
ha ha ha ha !!!