Page 12 of 12

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Posted: Mon Nov 29, 2021 7:24 am
by tripodmvr
Met die inligting nou voorsien kan jy so bietjie speel (as jy wil) en kyk wat 58,2/3 sal maak. Teikenspoed is 2465vps op die chrony 5m weg.

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Posted: Sat Apr 05, 2025 6:58 pm
by Stephan du Plessis
Goeiedag.

Verskoon asb, maar ek het 'n lang storie. Ek soek bietjie raat van mense wat meer weet as ek (daar moet baie wees).

Toe ek my roer gekry het, het ek S335 minimum lading gelaai (50.5gr) met 286gr PMP ProAmm punte en CCI200 slagdoppies. Net om te voel hoe die geweer skiet. Die skote het geval waar ek gemik het en voor ek verder kon speel kom daar 'n jag en die bokke val. So dit was die kombinasie wat ek by gehou het. Alles, van rooibok tot kameelperd het voor die lading geval. Nou het daar twee dinge gebeur, eerste is die ProAmms nou bykans op en ons kry nie meer nie en tweede is daar 'n buffel in my toekoms. Ek het toe 286gr Rhino Solid Shank punte gekry en drie patrone gelaai. Weer 50.5gr S335. Eerste probleem was dat die punte se vorm verskil van die ProAmms. Ek moes hulle dus heelwat dieper as die ProAmms seat. Ek het die drie dus gelaai met bykans geen jump. Eerste skoot geskiet, maar toe ek wil oorhaal sit die slot vas! Dit het 'n stewige stamp gekos om hom oop te kry. Ek het egter geredeneer dat ek op minimum lading is en dit is 'n k98 aksie, so ek het die ander twee skote ook geskiet. Slot was styf. Groepering was egter nie sleg. Stywe slot sê vir my druk. Eerste wat ek gedink het was dat die gebrek aan jump die probleem is. Ek het die volgende patrone gelaai met 0.5mm jump. Selfde 50.5gr lading. Groepering was baie goed, 5 skote onder 'n twee rand. Die slot was egter nog styf. Nie soos met geen jump nie, maar beslis styf. Te styf vir buffel jag. Ek het weer 5 patrone gelaai met 49gr (dus 1.5gr onder minimum) S335 en CCI200 slagdoppies. Die jump het ek na 0.8mm toe gevat (TPL op punt was 78.33mm). Ek het vandag die patrone deur die chronograaf gaan skiet. Gemiddelde snelheid was 2135vt/sek, SD 5.02 en ES 12. Slot het mooi oop gemaak, maar die groepering was baie sleg. Die 2135vt/sek is bietjie laer as Somchem se minimum 2172vt/sek met 50.5gr. As ek na die S/L faktor van 43.6 gaan kyk dan kan ek tot by omtrent 55.2gr gaan voor ek by Somchem se maksimum snelheid van 2408vt/sek kom. Ander lede hier laai rondom 54gr S335, ook met CCI200 slagdoppies, met goeie resultate.

Nou is my vrae, hoekom het ek al druk probleme met 50.5gr gehad? Dit sou maar sowat 2200vt/sek gegee het, wat nog ver onder maksimum snelheid/druk is. Wat kan ek doen aan die groepering?

Re: 9.3 x 62 herlaai data

Posted: Sun Apr 06, 2025 5:49 pm
by tripodmvr
Die Rhino is harder as die PMP en 'n goeie sprong help om druk af te bring. Ek sou dit 2mm korter as maksimum maak en dan kyk watter spoed jy kry. Gee my dan die volgende inligting en dan kan Quick Load die nodige berekenwerk doen om te kyk waar die nodes is.

1. Gemete looplengte in mm
2. Gemete dopvolume van 'n geskiete dop wat nog nie hervorm is nie
3. Lading en spoed verkry.

Kyk na Somchem se data hieronder waar 'n Barnes 286gr koeël gebruik is en jy sal sien dat jou spoed hoër is as hul maksimum. Die Rhino is 'n koperkoeël met lood voor in. Kyk op die forum vir Spoor koeëls. Hulle is soortgelyk aan Rhino. Praat met Rudi, hy kan dalk help met verdere raad.

search.php?st=0&sk=t&sd=d&sr=posts&keyw ... et+company

https://www.somchemreload.com/search?c=10&f=126