Page 12 of 41
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Oct 13, 2016 5:50 am
by Johan Nel
Hier waar ek werk het ons van die sout chlorineerders gehad waarvan die elemente nogal 'n kalkopbou kon kry. Ons het dan 'n 5% oplossing swembadsuur aangemaak en die element daarin gedompel. Die konkoksie het dan so geborrel en gekook totdat die kalk afgebreek was. Ek aanvaar hierdie is 'n soortgelyke proses. Verdun ek die swembadsuur, of gebruik ek dit net so?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Oct 13, 2016 6:27 am
by Dries101
Gebruik hom soos hy uit die bottel uit kom. Jy kan asyn ook gebruik maar dit vat baie lank
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Oct 13, 2016 8:34 pm
by JTM
Kon toe my 4 blanks reguit maak met redelik min moeite. 12c27 is nie so hardegat in sy rou formaat nie. Ek het 'n groter fight verwag.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 7:20 am
by Pvdw
Hoe het jy dit gedoen Jannie?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 7:22 am
by Pvdw
Vriend van my het stawe 01 Toolsteel te koop. 4x40x500mm. Dis blykbaar mooi plat en het nie reguit maak nodig nie. R315/ stuk.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 8:19 am
by JTM
Ek het twee metodes probeer. Albei werk goed.
Het vir my 'n roller prakseer in die bankskroef. Het drie boute geneem wat lang skagte het net met draad op die end. Sit twee in die hol kant van die lem en een aan die bol kant wat oplyn tussen die middel van die ander twee. Nou begin jy effe die bankskroef toe draai om druk op rollers te plaas. Dan het ek die middel boud aan die bolkant begin draai wat dan maak dat die hele spul roteer en die lem heen en weer dryf. Die rol aksie druk dan die lem in teenoorgestelde rigting en forseer dit reguit. Begin net eers met effe druk en kyk na elke rolslag. Die metode moet ek nog perfek aangesien dit baie tydsaam is om al die rollers op te stel.
Die ander metode gebruik ek 'n ligte hammar en kake van die bankskroef. Draai die bankskroef so 50mm oop en laat lem bo oor gaping lê. Bolkant moet na bo lê. Nou timmer jy reg oor die gaping en soos jy dit doen skuif jy die lem.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 7:36 pm
by Pvdw
Dankie Jannie dis ook hoe ek opgelees het om dit te doen met die vice.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 7:38 pm
by Pvdw
En hier werk ek nog 'n blank se sake.
Die 1 is voor verharding en dir ander daarna.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 7:42 pm
by Pvdw
Al die onderdele gereed.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 7:44 pm
by Pvdw
Epoxy klaar hul wek gedoen
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 7:47 pm
by Pvdw
Klaar
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 7:56 pm
by Johan Nel
Mooi Peet. Hoe het jy die stippeling op die bolster gedoen?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 8:33 pm
by Pvdw
Dental Tungsten Carbite boor wat ek gebruik om tanne mee te maak. Ek vermoed mens kan dalk iets soort gelyk vir Dremel kry.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Oct 14, 2016 9:53 pm
by Viking
Mesmakers moet kan inoverend wees....pragtige mes!
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 15, 2016 12:10 am
by JTM
Goed gedoen daar Pvdw. Ek het vanaand ook een blank aangevat. Het almal net eers gelyk geskuur waar hulle uitgesny is. Is maar rof gedoen en baie afwerking gekort.
Hier is die eerste outjie. Dit het so effe.meer prominente drop-point gekry oordat ek die punt oorverhit het met die skuurwerk. Ek sien ook die punt het maar effe skeef geskuur. My tegniek kort beslis nog werk. Ek.gaan vir eers ook die rug bevel los.
14764787997951.jpg
14764788178133.jpg
14764788288594.jpg
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 15, 2016 2:58 pm
by Johan Nel
Jannie,
Die bevels en algemene slypwerk lyk heel goed vir my ongeoefende oog. Ek dink jy het rede tot trots.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 15, 2016 8:19 pm
by JTM
Dankie Johan. Daar is maar nog 'n betjie werk nodig aan my tegniek. Wat gebruik julle om die senterlyn van die blank te merk. Die boor punt werk nie lekker vir my nie en my verfpen idee was ook nie suksesvol. Is daai blou ingeneurs merk vloeistof maar die manier om te gaan?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 15, 2016 8:39 pm
by Pvdw
Marking blue en 'n steekpasser doen dit vir my.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 15, 2016 10:08 pm
by Johan Nel
Marking blue en ek werk nou aan 'n kontrepsie om lyne te merk.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Oct 16, 2016 7:48 am
by Johan Nel
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Oct 16, 2016 8:47 am
by Dries101
Devider scribes werk soos n bom. Nog nooit iets anders nodig gehad nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Oct 17, 2016 6:52 pm
by Scrappies
Koop n stafie keysteel en grind die een puntjie bietji af tot die 2 strepies mooi in die middel le.
Sent from my SM-N920C using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Oct 17, 2016 8:31 pm
by JTM
Kan jy dalk foto wys van die keysteel bedryf, asb.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Oct 17, 2016 8:51 pm
by Scrappies
Sal goe more vir jou een neem en stuur.
Sent from my SM-N920C using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Oct 17, 2016 9:08 pm
by Scrappies
images (3).jpg
Sent from my SM-N920C using Tapatalk