Page 12 of 27
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Apr 19, 2018 6:25 pm
by Doepie01
Dweetster wrote:Baie geluk Doep met jou jakkalse. Daar is min so lekker as om n ou slim jak te klits nie.
Ek het self vanaand met n swart rug enkel begin, derek daarna vir 2min steenbok ooi toe stilte vir 15 min. Speel toe met my ander roeper elsneus heel uit ander rigting. Toe ek my lig aansit toe staan ta al 40 mtr van my bakkie af. Ek het so groot geskrik dat ek amper misskiet en skiet net sy brisk oop. Toe hy tjank was daar dadelik n ander reun by. Hy het dit ook nie gemaak nie. Elsneus het mooi gewerk.
Baie geluk aan jou ook Dweetster. Ek hou van die 2 roeper scenario. Goeie plan van jou. As die wind begin dwarrel help dit ook baie. Ek skiet net te min en nog verniet ook, om n 2e roeper te regverdig. Elsneus bly een van my grootste gunstelinge. Snaaks hoe party klanke vir party mense werk en vir ander nie. Ek het bv nog nooit met Jakhuil sukses gehad nie terwyl ander manne sweer daarby.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Apr 19, 2018 6:34 pm
by Joe13
Mooi gemaak. Hou daarvan as jul manne fotos en stories plaas
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Apr 19, 2018 6:45 pm
by naas222
doepie.
ek en wdt het nou die aand met 2 inferno's probeer roep..
ons hulle seker so 70m uitmekaar geplaas.
nie een wou toe speel nie..
weet nie of die golwe bots of receivers nie wil komunikeer nie..
lyk my dan 2 foxpro infirno's werk nie saam nie
weet nie hoe jy en dweetster werk nie..
selfde roepers of verskillend?
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Apr 19, 2018 10:58 pm
by Dweetster
Ek het n inferno en n een of ander River roeper waarmee ek begind het.
Ek doen dit nie normaalweg nie maar het gedink ek wou dit probeer.
Elsneus was nie my eerste keuse nie maar Piet Breedt het my die naweek gese ek moet hom probeer. Ek sien hy het vir Naas ook gewerk..
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Apr 19, 2018 11:03 pm
by Dweetster
Dweetster wrote:Ek het n inferno en n een of ander River roeper waarmee ek begind het.
Ek doen dit nie normaalweg nie maar het gedink ek wou dit probeer.
Elsneus was nie my eerste keuse nie maar Piet Breedt het my die naweek gese ek moet hom probeer. Ek sien hy het vir Naas ook gewerk..
Western River is my ander roeper.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Fri Apr 20, 2018 7:54 am
by stefan.bester3
More Manne.
Help my asb. met Elsneus. Soos verstaan deur oom Hein se gevorderde kursus is Elsneus klein jakke. (Kon dalk verkeerd verstaan het)
Wat sou die rede wees dat die klank nou werk? Is dit ouerskapinstink wat inskop aangesien tewe op hitte raak?
Groete Stefan
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Fri Apr 20, 2018 11:00 am
by naas222
soos ek elsneus het is dit n Teef... jy soek kleintjies/nes met haar
wat of by kleintjies is
of
kleintjies roep?
iemand dit net uitklaar asb
dink hys sukses vol oor dit NOU reuns begin lok wat jimpel raak... en tewe wat die tert by hul mans wil weghou..
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Fri Apr 20, 2018 11:06 am
by Supacow
Mooihuil lok ook hewige reaksie uit nou. Op 3 veskillende gebiede dieselfde ratse reaksies gekry.
Daai reun kom ingestorm soos n bul op hitte!
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Fri Apr 20, 2018 11:13 am
by naas222
supacow...
hoe het jy hom.. teef by kleintjie...
teef opdad nes toe .. roep kleintjies
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Fri Apr 20, 2018 11:52 am
by Supacow
Die kleintjies het glo al pakgekry. Die een het uit sy gebied in die rante gestorm en lood geproe die ander een het geweier om sy kasteel te verlaat diep in die bos
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu May 03, 2018 12:04 pm
by nicolvisagie
Hallo almal
Ek sit en lees nou so lekker deur deur al die vrae, maar kon nog nie 'n antwoord kry op my senario van einde Desmeber 2017 nie.
Ons werker het op 'n jakkalsnes in een van ons leegtekampe afgekom (Carnarvon) en ek het die middag net vinnig daar gedraai om GPS pin te maak. Nie vreeslik rondgeloop of gekrap nie. Ek het toe met sononder na die gate vertrek en het op so 700m van die GPS pin op 'n vrek klomp oë afgekom wat ek maar eers gedink het bakoortjies is. Ek het toe met 'verder inspeksie besef het dat dit niemand anders as ou vossie is nie. Bygesê weet ek dat die reun en teef van hierdie spesifieke plek met doktorale grade rondloop aangesien elke twee "Japie" wat vir my pa sê hy ken van jakkalse al hier geroep het ( EK was gereeld die bestuurder vir hulle en weet dat n 200kg haas wat vir 30min aaneen skree onrealisties is)
Elkgeval ek het toe vir tydjie stil gesit en na 15min 'n kossie baie sag aangesit. Ek was bang dat hulle besig was om te trek en besluit toe maar om hulle een vir een te skiet met die hoop dat die ouers ook deel is van die gedoente. 3 skote was ver en het ek geglo was die ouer geslag. Met nadere inspeksie het ek toe 7 Kleintjies geskiet en weereens die doktors kinderloos gelos.
Nou my vraag is, het ek verkeerd gedoen om hulle te skiet as hulle alreeds so ver van die gate af is? Moes ek hulle steeds gebruik het om die ouers in te roep of was hulle al te groot vir die gedoente?
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu May 03, 2018 12:12 pm
by JacoJ
nicolvisagie wrote:Hallo almal

Was die ouers toe gladnie sigbaar nie?
Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu May 03, 2018 12:18 pm
by NicoSmit
Ek dink jy het jou self gespyker jy moes die kleintjies gelos het al was dit hoe moeilik en gewag het vir die pa en ma
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu May 03, 2018 1:45 pm
by naas222
NicoSmit wrote:Ek dink jy het jou self gespyker jy moes die kleintjies gelos het al was dit hoe moeilik en gewag het vir die pa en ma
sonder vaseline

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu May 03, 2018 6:29 pm
by Doepie01
Nicol, ja jy moes dalk vir die ouers gewag het maar aan die ander kant glo ek n dooie jakkals, al is dit n kleintjie, is n paar lammers ekstra wat ek groot maak. So jy het 7 jakkalse minder. Jy kan egter maar hierdie jaar met paartyd weer die gate dophou. moet nie daar gaan karring voor die tyd nie. Hulle sal weer die nes gebruik so dan skiet jy hulle hierdie jaar. Sterkte
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat May 05, 2018 5:18 am
by Dweetster
Ek kon nog n reun klop gisteraand, weer begin met steenbok 50% vir 30sek. Stil vir 2min. Weer steenbok, toe met my critter n jakkals enkel gemaak. 1min later toe le die reun.
Ander 2jakkals onder my wind in gehol sonder dat ek hulle kon stop.
Ek het dadelik ophou roep en na 15MIN gery. Ek sal hulle ander aand gaan soek.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat May 05, 2018 7:13 am
by naas222
lekker as hulle val...
hoop jou 2 caster semenyas het nie nou slimpies geword nie
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Mon May 07, 2018 8:39 pm
by Dweetster
Naas ja ek het daai ander 2 wat weg gekom het toe gaan soek. Ek is oortuig ek het hulle gekry + belasting......
Want toe die aand om is toe hang daar 6 aan my wa. N goeie aand.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Mon May 07, 2018 8:46 pm
by ricus 1
En Waar is die fotos?
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Mon May 07, 2018 10:45 pm
by naas222
dweetster die manne vra .... sit op ou boet sit op
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Tue May 08, 2018 7:31 am
by cassie_calvinia
Manne
mei maand is op ons.
moeilike tyd? hoekom?
want daar is minder jakkalse. hul is dalk slimmer.
een ding wat ek wil vandag leer, is vergeet van moeilike tyd!! dit bestaan nie.
kry jou resep, pas aan. nou is 'n maatsaf van jou werk deur jaar. as jy goed gewerk het, sal hul nou lekker val. as jy nie nou skiet nie, het jyself die tyd moeilik gemaak vir jou.
ek het laaste 6 nagte 23 geskiet in karoo. seker maar geluk. begin met sommer 2 of 3 jakkals roepe. sommer na 10 nog 'n jakkals roep. wat ek wil se is, kry iets wat werk, en moenie veld toe gaan met 'n moeilikie tyd gedagtes en houdings nie. dan maak jy dit vir jouself moeilik. baie aande gaan nouwel niks geskiet word. onthou ons karoo jakkalse loop in 'n 6km radius, en is nie so kernvas nou nie. wees doelgerig, wees agresief, ken jou jakkals, ken jou terrein en jy sal sukses behaal.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Tue May 08, 2018 7:40 am
by naas222
+100... daai is goeie raad... dankie cassie...
Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Tue May 08, 2018 7:46 am
by JacoJ
cassie_calvinia wrote:Manne
mei maand is op ons.
moeilike tyd? hoekom?
want daar is minder jakkalse. hul is dalk slimmer.
een ding wat ek wil vandag leer, is vergeet van moeilike tyd!! dit bestaan nie.
kry jou resep, pas aan. nou is 'n maatsaf van jou werk deur jaar. as jy goed gewerk het, sal hul nou lekker val. as jy nie nou skiet nie, het jyself die tyd moeilik gemaak vir jou.
ek het laaste 6 nagte 23 geskiet in karoo. seker maar geluk. begin met sommer 2 of 3 jakkals roepe. sommer na 10 nog 'n jakkals roep. wat ek wil se is, kry iets wat werk, en moenie veld toe gaan met 'n moeilikie tyd gedagtes en houdings nie. dan maak jy dit vir jouself moeilik. baie aande gaan nouwel niks geskiet word. onthou ons karoo jakkalse loop in 'n 6km radius, en is nie so kernvas nou nie. wees doelgerig, wees agresief, ken jou jakkals, ken jou terrein en jy sal sukses behaal.
Dankie Cassie vir die goeie raad
Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Tue May 08, 2018 7:54 am

Posted: Tue May 08, 2018 8:40 am
by Dweetster
Dankie Cassie, ek moet se ek het vir Naas daai selfde vraag gevra, aanhouer wen.
Dis lekker agter vroulief se rug maar daar broei net ander jakkalsies" die ware jakke is in die veld.
Naas help my met my foto's plaas. Sal hom vra om die vrug op my arbeid te wys.