Page 12 of 12
Re: Skietstoel
Posted: Thu Nov 10, 2011 7:43 pm
by Dirkie
Ek is opsoek na n stoel wat iemand vir my kan bou teen n bekostigbare prys. Ek sal meer inligting gee oor die stoel as iemand my kan heil asb. Ek is in die noordkaap,Prieska! Ek het n stoel ma is nie tevrede met hom nie. Groete Dirkie

Re: Skietstoel
Posted: Fri Nov 18, 2011 1:07 pm
by Chris101
Dirkie
Ek MOET bou jy sal wragtig nou by my moet kom draai
Dit is een helse werk
Allan Truter en Freek bou baie bekostigbare stoele.
Ek soek egter na 11jaar se lang nagte bietjie gemak.
Maar gaan van hulle idees gebruik maak.
My sitplek en geweer stewigheid van kardinale belang.
Ek gaan van n Amerikaanse sitplek met rug lening verstel
asook boudverstellings gebruikmaak.
So gemaklik as moontlik.
SOEK nog iedees waarmee ek moet oortrek.
101
Re: Skietstoel
Posted: Fri Nov 18, 2011 1:11 pm
by Chris101
PVDW
Daai geweerbracket waar dit aan stoel vaskom
sal seker hier by my gekoppie word
baie dankie.
101
Re: Skietstoel
Posted: Fri Nov 18, 2011 3:23 pm
by Pvdw
Chris jy is welkom, steel met die oog en doen soos jy goed dink.
Die plan werk mooi vir my.
Peet
Re: Skietstoel
Posted: Mon Apr 29, 2019 2:52 pm
by Schalkvanvuuren
Dagse, ek het sommer n batt rakkie agter op my stoel gesweis, alles draai saam en geen drade wat haak nie.