Spoor Bullet Company.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Safari Bullet Company.
Ek dink mens onderskat baie keer hoe hard groot diere se bene op koeels kan wees.
Hierdie koeel het darem 'n "fail safe" in. Al verloor hy onwaarskynlik sy lood, is daar nog 80% van hom wat sy werk gaan doen!
Hierdie koeel het darem 'n "fail safe" in. Al verloor hy onwaarskynlik sy lood, is daar nog 80% van hom wat sy werk gaan doen!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Safari Bullet Company.
Daar is nie 'n perfekte koeel maar Rudi se SBC koeel kom baie naby.
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Safari Bullet Company.
Ek het al partitions gehad wat getumble en al sy lood, voor en agter verloor het. So ook 'n accubond wat sy lood heeltemal verloor het. Foto's van die brass en lood wat herwin was, was vir nosler ge epos en na n klomp daaglikse e posse van oor n tydperk van twee maande het ek opgegee. Hulle stel nie belang om te help nie. Ten minste as iets met Rudi se punte fout gaan, is hy in ons midde en antwoorde word gegee en oplossings gevind. Sodra sy 7mm punte gereed is gaan ek dit beslus gebruik.
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: Safari Bullet Company.
Alle punte kan/gaan lood verloor.
Laas naweek 'n vlakvark aspris direk van voor geskiet in die hoop om die koeël te herwin.
Norma Oryx 180g
Trompsnelheid 2750fps
Afstand 107m
Herwinde gewig 106g Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Laas naweek 'n vlakvark aspris direk van voor geskiet in die hoop om die koeël te herwin.
Norma Oryx 180g
Trompsnelheid 2750fps
Afstand 107m
Herwinde gewig 106g Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Safari Bullet Company.
Sjoe Cobus.
Watter been het jy getref? Nekwerwels?
Beste.
Watter been het jy getref? Nekwerwels?
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Safari Bullet Company.
Ons almal ken Swift Aframe as een van die beste groot wild koeels.
Selfs hulle het so nou en dan n af dag.

Selfs hulle het so nou en dan n af dag.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: Safari Bullet Company.
Net voor die voorste blad in (amper die kuiltjie- sy het effens skuins gestaan) en teen die oorkantste ribbes afgehardloop. 'n klomp ribbes gebreek en in die derms opeindig. Was 'n groot soektog. Geen groot been wat ek kon sien nie.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 317
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Safari Bullet Company.
'n 150gr .308" SBC koeël uit 'n blouwildebeesbul. Die koeël is uit 'n .30-'06 geskiet teen 2880vps. Die bul het skuins na die skoot toe gestaan op ±290m, die koeël het die dik skouerbeen getref, is skuins deur die borsholte en is in die oorkantste ribbes herwin. Gewig van die herwinde koeël is 144.1gr (96%).


- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Safari Bullet Company.
Vandag het n klieent van my rooibok van agter, deur die bout geskiet en koeel is op die oorkantste blad gekry. 9.3x62 285gr SBC








Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 317
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Safari Bullet Company.
Twee 180gr SBC koeëls uit 'n elandbul (.30-'06 teen ±2600vps) beide skote op ±200m. Met die eerste skoot het die eland effens skuins weg van on af gestaan, die koeël is in die vou agter die blad in en het in die oorkantste blad gestop. Die bul het ±50m gehardloop en gestop. Ek kon bloed by die inskietwond sien uitstroom. Die bul het geval maar weer opgestaan, omdat die eland op die rand van 'n diep kloof was het ek die jagter weer laat skiet. Die skoot was op die blad en het net agter die oorkantste blad gestop.




- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Safari Bullet Company.
Waars die like Knoppie.
Netjies.
Wag nog vir die 160gr 7mm koele.
Netjies.
Wag nog vir die 160gr 7mm koele.
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 317
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Safari Bullet Company.
Wanneer kom die 160gr 7mm Koeëls?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Safari Bullet Company.
Ek hoop om in die volgende 2 weke voorraad te kan begin op bou.tau wrote:Wanneer kom die 160gr 7mm Koeëls?
Manne wat 7mm wil he, moet my solank begin PM sodat ek hulle name op die lys kan sit sodat ek kan sien hoeveel om te maak.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Safari Bullet Company.
Rudi se .284 1:9 loop se heil mag dalk by 165-170gr lê?Wonder wat jy gaan besluit?Rudi Fischer wrote: Fri Sep 22, 2023 5:39 amEk hoop om in die volgende 2 weke voorraad te kan begin op bou.tau wrote:Wanneer kom die 160gr 7mm Koeëls?
Manne wat 7mm wil he, moet my solank begin PM sodat ek hulle name op die lys kan sit sodat ek kan sien hoeveel om te maak.
Grootste mark dalk 160gr of swaarder vir vinniger lope? Miskien stilletjies swaarder pille vir jouself en later bekendstel?
Ek hou van alles in die .284, jou loopdraai sit so effense ekstra “twist” by, ook met jou langer loop.
Net voorspoed.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Safari Bullet Company.
Ek gaan my 160gr skiet vir meeste jag afstande maar as ek weet ons gaan verder skiet (400-600m) sal ek die 168gr Accubond LR skiet.Lategan1 wrote:Rudi se .284 1:9 loop se heil mag dalk by 165-170gr lê?Wonder wat jy gaan besluit?Rudi Fischer wrote: Fri Sep 22, 2023 5:39 amEk hoop om in die volgende 2 weke voorraad te kan begin op bou.tau wrote:Wanneer kom die 160gr 7mm Koeëls?
Manne wat 7mm wil he, moet my solank begin PM sodat ek hulle name op die lys kan sit sodat ek kan sien hoeveel om te maak.
Grootste mark dalk 160gr of swaarder vir vinniger lope? Miskien stilletjies swaarder pille vir jouself en later bekendstel?
Ek hou van alles in die .284, jou loopdraai sit so effense ekstra “twist” by, ook met jou langer loop.
![]()
![]()
Net voorspoed.
Beste.
Die 160gr is amper net so lank soos die 180gr .30 so is “amper” n 175gr in n Konventieele koeel wat al klaar lank is.
Dink die grooste mark is maar 7x57, 7x64 en 7mm RM.
Alhoewel meeste Amerikanse 7mm RM hou van 140-160gr.
Die Duitsers het van dag een af gehou van n swaarder koeel teen stadiger spoed.
Die besigheid is nog in sy baba fase en moet nog baie “teething problems” uit sorteer , meestal met volume produksie (ek wil so 2500 koeels n week maak met die selfde kwaliteit wat mense leer ken het)
Moet net n manier om load shedding kry.
Ek sal verseker later kyk na ander kalibers en gewigte.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Safari Bullet Company.
Ja nee die 160gr sal in meeste 7mm werk. EN die 1;10 sal hom kan stabiliseer. Ek soek vir my Pa se 7mmRM hy jag net en ek dink die koeel gaan perfek vir hom werk.
Ek jag met 175gr ELD-x en sjoe ek gaan swaar weggaan vanaf hulle vir langafstand jag wat ek met hulle doen.
Ek jag met 175gr ELD-x en sjoe ek gaan swaar weggaan vanaf hulle vir langafstand jag wat ek met hulle doen.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 317
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 317
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Safari Bullet Company.
Jis dit is baie indrukwekkend!
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Safari Bullet Company.
Say no more…
Ek vermoed die 160gr gaan ook uitstekend presteer in die 7mmRM!
Baie mooi.
Beste.
Ek vermoed die 160gr gaan ook uitstekend presteer in die 7mmRM!
Baie mooi.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Safari Bullet Company.
Daai 350 gr A-frame was uit my .416 Ruger. N mooi beer het op 25-30m opgestaan en ek het hom in die kop geskiet. Omdat ek hoër as hy gestaan het, het die koeel afwaarts beweeg en letterlik deur sy hele ry bo tande aan die regter kant gegaan, tande is seker die hardste media vir n koeel om deur te penetreer op n dierRudi Fischer wrote: Wed Sep 06, 2023 6:28 pm Ons almal ken Swift Aframe as een van die beste groot wild koeels.
Selfs hulle het so nou en dan n af dag.
![]()
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Safari Bullet Company.
My Pel het 'n klompie 500gr SBC softs deur my gekoop vir sy .458Lott.
Gister het hy die fotos aangestuur na hy 'n klient opgeback het op 'n groot buffelbul.
Spoed is onbekend, maar ek vermoed dit sal rondom 2250fps wees.


Gister het hy die fotos aangestuur na hy 'n klient opgeback het op 'n groot buffelbul.
Spoed is onbekend, maar ek vermoed dit sal rondom 2250fps wees.


Goed, beter, 6millimeter!
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Safari Bullet Company.
Wanneer begin jy uitvoer VSA toe Rudi? Die manne wat RNe soek daar is in die pekel sedert die Woodleigh brand. Dit gaan nog maande, dalk n jaar neem voor hulle weer Woodleigh sien. Hornady het ophou RNe maak en so ook Sierra ProHunter.
Dis basies Norma Oryx as n semi RN wat oorbly, en wonderlik op vlaktewild werk, maar nie gekik is vir gevaarlike wild nie
Ek dink as jy bloot as n sponsor op AfricaHunter.com registreer sal jy n kleinhuis vol verkoop aan die tradisionaliste daar. Gee 5 pakkies vir 5 jagters of PHe om n verslag oor te skryf en jou kop,is deur.
Dis basies Norma Oryx as n semi RN wat oorbly, en wonderlik op vlaktewild werk, maar nie gekik is vir gevaarlike wild nie
Ek dink as jy bloot as n sponsor op AfricaHunter.com registreer sal jy n kleinhuis vol verkoop aan die tradisionaliste daar. Gee 5 pakkies vir 5 jagters of PHe om n verslag oor te skryf en jou kop,is deur.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Safari Bullet Company.
Dit was nie om n Aframe af te skiet nie.Pappabeer wrote:Daai 350 gr A-frame was uit my .416 Ruger. N mooi beer het op 25-30m opgestaan en ek het hom in die kop geskiet. Omdat ek hoër as hy gestaan het, het die koeel afwaarts beweeg en letterlik deur sy hele ry bo tande aan die regter kant gegaan, tande is seker die hardste media vir n koeel om deur te penetreer op n dierRudi Fischer wrote: Wed Sep 06, 2023 6:28 pm Ons almal ken Swift Aframe as een van die beste groot wild koeels.
Selfs hulle het so nou en dan n af dag.
![]()
Ek is mal oor hulle en dink nog steets dis een van die mooiste koeels op die mark.
Dit was bedoel om dinge in konkeks te sit.
Dink die mark is gespoil met of mislei deur valse bemarking waar elke koeel 100% moet behoud of dis n fail.
Ek het al Woodleigh FMJ gesien uit Buffels wat heeltemal gedisintegreer het. En dan die selfde koeel uit Olifant wat lyk asof jy hom weet kan laai en skiet.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!



