Page 14 of 21

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Feb 27, 2013 11:32 am
by egenis
Ek praat nou maar so uit my mou uit - maar sal dit nie beter wees om direk aan die publiek te kan verkoop nie? Ek sal veel eerder direk van die boer af wil koop en dit in elke geval teen 'n beter prys kry as wat ek R90 rand vir 6 rib tjoppies in Checkers betaal?

Is daar regualsies en goed wat dit verhoed of is dit meer pyn en lyding vir die boer om dit te doen?

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Feb 27, 2013 8:42 pm
by savage(P Coetzer)
Smirre die namibie grens is al vir langer as n jaar oop. Maar slegs vir kallers bestem vir n voerkraal of vir stoet bulle bestem vir teel. Geen namibie bees mag op n veiling in sa verkoop word nie.

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Feb 27, 2013 9:19 pm
by Kalahari
Smirre

Savage is reg, ons het nie meer 'n vryemark stelsel nie, nie vir bees of vir skaap nie. Die sogenaamde slagpale wat waarde wil toevoeg in die binneland (en geline is met dikgatte in leerstoele en O0 vir pelle) het al lankal ons mark heeltemal bed&^%&r en stap na 5 of 10 jaar uit die land en tree af en die Suid-wes boer sit met die gebakte pere.

Hier is geen koopkrag of kompetisie in die mark nie en nou met die min reen soos dit is word die boer sommer lekker uitgebuit en besteel. Ek hoor niks dit die vleispryse voor in die mark aan die afkom is nie.

Beste. Hoop van harte julle SA manne doen beter hierdie jaar as wat dit by ons gaan.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 6:20 am
by wlm
egenis wrote:Ek praat nou maar so uit my mou uit - maar sal dit nie beter wees om direk aan die publiek te kan verkoop nie? Ek sal veel eerder direk van die boer af wil koop en dit in elke geval teen 'n beter prys kry as wat ek R90 rand vir 6 rib tjoppies in Checkers betaal?

Is daar regulasies en goed wat dit verhoed of is dit meer pyn en lyding vir die boer om dit te doen?
Eerstens moet alle vleis wat aan die publiek verkoop word by 'n geregistreerde slagpale geslag en inspekteer word (slagfooi betaalbaar). Gewigsverlies vind plaas (tot soveel as 6% vanaf slag tot verkoop). Saag, verpakking,verkoeling en vervoer kom dan by (nog kostes).
Onthou ook dat die bemarkingsketting van rooivleis (dis nou skaap en bees) seker die kortste is van alle landbou-produkte.
Indien jy bereid is om halwe of heel karkasse te koop is daar waarde vir geld beskikbaar. Vergelyk maar self die pryse wat jy in jou omgewing betaal teenoor die produsentprys vir Lamsvleis van R40-44/kg (btw uitgesluit). Wanneer slegs top-snitte soos lamsboud of rugtjops gekoop word betaal die verbruiker natuurlik 'n premie.
Waar baie privaat verkopers se wins le is by die verkoop van goedkoper grade (te skraal of te vet) teen die prys van A2 of A3 se prys. Moet ook nie vergeet van die 14% BTW wat sommiges in hul sak steek nie.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 7:50 am
by Flip Fouche
savage wrote:Smirre die namibie grens is al vir langer as n jaar oop. Maar slegs vir kallers bestem vir n voerkraal of vir stoet bulle bestem vir teel. Geen namibie bees mag op n veiling in sa verkoop word nie.
Savage

Dit is die reel maar honderde Nam kalwers word by ons op veilings verkoop.Die oorplaatjies en chip word uitgehaal.Daar is in Suid Afrika geen beheer oor die beeste nie.

Groete

Flip

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 7:56 am
by Flip Fouche
BEES SLAGPRYSE IN VRYBURG AREA

A 2/4 R28.00

AB2/4 R25.00

B 2/4 R22.50

C 2/6 R20.00

Bulle R20.00

C 0 R15.00

C 1 R17.00

Groete

Flip

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 8:06 am
by Smirre
More
Ek hoor die voerkrale laai teen R11/kg in suidwes.

Is dit waar?

Smirre

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 8:34 am
by Flip Fouche
Smirre

Daar word baie kalwers gelaai.Dit hang ook af waar in Nam en die kwaliteit.Die transport en heffings gelde beloop ongeveer R1.50 na die RSA.Die prys klink vir my tussen R11.00 en R14.00 (Nam $).

Groete

Flip

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 8:38 am
by Kalahari
Smirre

Ek kan nie bevestig van die R11/kg nie, maar dit is heel waarskynlik so, want die jongste veilings pryse is al +- R 13.50 vir speenkalwers, dis nou tollies so die verse sal dalk al onder R13 wees.
Slagpale in Okahandja moes eers in April oopgemaak het na renovering, maar maak nou al middel Maart oop agv slagdruk en bees wat bemark moet word omdat daar nie weiding en reen is nie.

Beste

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 9:57 am
by wlm
Kalahari
Kan julle manne dalk vir my inlig hoeveel lammers nog beskikbaar is in Namibie om binne die volgende maand of 2 te slag.
Julle weet mos ons ouens se pryse in die republiek bly onder druk solank daar groot toevoer uit Nam is.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 1:37 pm
by savage(P Coetzer)
Hopelik word die manne wat daar in die noord kaap die beeste onwettig op veilings verkoop vasgevat. Hulle kan maar die chip en plaatjie uithaal maar die N brand op die wang gaan hulle bitter moeilik van ontslae raak.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 1:53 pm
by Kalahari
wlm

Ek kan regtig nie vir jou aanduiding gee van hoeveel lammers in Suid-wes oor is nie. Die slagpale op die huidige stadium slag seker almal redelik vol as ek na ander boere luister en slagbeurte wat bespreek is.
Die vleis wat buitemarkte het (soos vet ooie en b grade) verkoop ook nie.
Die reen wat nie kom maak dat die meeste manne redelik sterk bemark. Nou indien die reen nie gou kom nie dink ek gaan dit maar redelik beroerd gaan vorentoe met aanbod en vraag en dan die pryse verder afdwing.
By myself is die probleem lammers wat kondisie reg is, maar nie gewig het nie, dus moet ek nog bietjie wag en kyk of die groei nog sal bykom, maar ander boere wat min tot geen reen gehad het het nie 'n keuse nie, nie-markklaar lammers word gelaai en jy self weet wat die gevolge van dit is.

Nou ja, ons hoop die besigheid draai gou anders gaan daar pêre wees :-X

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 3:21 pm
by ROBBIE1
Die vleisbedryf is nie meer lekker nie, dit kan ek julle waarborg. Eks 16jaar in die slaghuis bedryf, maar die afgelope 2 jaar gaan dit al kakker!! Die pryse het op die veilings geval met tot R6/kg, maar ons groothandelaars pryse het tot op hede so digby R2/kg gedaal. Ja ek verstaan die manne se standpunt rondom vervoer, almal weet dit (somiges verstaan dit net nie so lekker nie) maar diesel en petrol neuk net op en op. Dans die ander probleem wat baie mense (verbruikers) nie aan dink nie, die feit dat Eskom in die laaste 3 jaar verdubbel het! Arbeid is n M*@RSE hou op, en dan praat ons nie van huur wat elke jaar eskuleer met 10% nie.................

Sit nou gou dit als bemekaar, van die abattoir af wat 3 keer meer vir krag betaal en se lone elke jaar deur die ANC vasgestel word, dan die groothandelaar in die leerstoel, wat koel en vrieskamers het, hope arbeid, en trokke wat moet aflewer met die stygende brandstof en ewigdurende tolhekke, huur of verband op die gebou, arbeid en breuke! Ek het verlede jaar n koelkamer kompressor vervang, R35,800-00 later..........

Dan kom die vleis by die slaghuis, en als begin weer voor!!

Die boere spring nou hoog oor die min loon van R105-00/dag, maar wat dink julle kos ons werkers ons hier in die stede? My skoonmakers kry al R13/h, n blokman kry min R22/h, so Sophie wat die vloer was kry R104/dag, en Koos wat jou vleis sny R176/dag, dis die minste wat ons hulle mag betaal, en dan moet hulle nog by die Barganing counsel for red meat trade geregistreer word, en ek vir elke een soos Sophie, R144/maand, en elke Koos R289/maan vir PENSIOEN inbetaal!! Dan soek die uif sy cut, en die minsiter sonder finsies sy cut, en dan kan ek dalk vir my dogter n nuwe rokkie koop as daar iets oor is....... hahahahha!!

Nee manne, dis nag!! Kyk daar is die wat mense uitbyt, ek hoor daagliks dat my lamrug wat ek R89-95/kg voor vra, die goedkoopste in die omgewing is. Rump teen R80-00 is ook glo volgen my kliente n baie goeie prys.

Ek dink die verbruiker moet maar net begin rondkyk waar hy koop, goedkoop koop is nie altyd n goeie produk koop nie, maar ek dink jy kan wel n goeie vleisie by n privaat slagter teen n redelike prys bekom.

Sien maar net die ander kant van die saak ook manne, als in hierdie ou landjie van ons is sy mikke in, maar ons sal oorleef!!!

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 4:23 pm
by savage(P Coetzer)
Robbie ek stem saam dat alles optel na n vieslike som toe.
Slaghuise wat n lewe uit slegs vleis moet maak kry ek jammer maar wat my grief is die ketting winkels wat van toeiletpapier to fillet verkoop en wie se oorhoofse koste deur n groot verskeidenheid produkte gedra kan word. Hulle slaghuise maak n relatiewe klein gedeelte van hulle totale besigheid uit maar hulle slaghuise is belaglik duur.
Mens kan sweer die slaghuis moet die hele winkel se kostes dek as mens na hulle pryse kyk.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 28, 2013 5:07 pm
by ROBBIE1
Savage dis waar wat jy se, ek maak niemand sleg nie, verstaan my asb mooi, maar het self n vriend met 2 spar winkels. Hulle moet hulle GP's opjaag vir al die bederfde en gesteelde goed, om die slaghuis op die ou end op n GP van 30% te laat loop. Dit was nou in die nuus van die "waterbuffel" en donkie wat in vleis is.

Ek weet nie hoeveel van die forum lede weet wat die wet werklik toelaat veral t.o.v.wors en maalvleis nie!!! As ek my wors bv: Rooikrans noem, mag n sekere hoeveelheid soja, binnevet en water deelmaak van die mengsel! (Ek sal liewer nie die totale vir julle noem nie, maar in verhouding werk dit uit op slegs 40% skoon vleis!!) Enige wors wat n naam het, mag n slaghuis dit mee doen. Dit is net as jou wors "Boerewors", met geen naam is nie, dat dit 100% vleis, met slegs die vet wat aan die vleis is, moet wees. Ek het net 1 soort wors in my slaghuis, en dis Boerewors, punt!

Ek se weer manne en dames, kyk maar waar jy koop, jou lokale slagter is dalk nog steeds maar soos 30 jaar trug, jou beste roep! Hy ken jou nie net op die naam nie, maar weet ook na n paar keer se aankope, wat jy van hou, hoe dun of dik jy jou tjop of rump soek, en sny hom vir jou vars, nie goed al 2 keer ge-rewrap is om die vervaldatum te verander nie!!

Lekker vleis bly lekker, lekker eet!!!!

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Mar 01, 2013 7:05 am
by egenis
ROBBIE1 wrote:... ek hoor daagliks dat my lamrug wat ek R89-95/kg voor vra, die goedkoopste in die omgewing is. Rump teen R80-00

Courier jy of lewer jy af?
::)

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Mar 01, 2013 7:42 am
by wlm
Kalahari
Dankie vir jou antwoord.
Ek hoop en bid saam met julle vir reen. Ons het Desemder en Januarie baie goed reen gehad, op party plekke selfs die meeste sedert 1924. Nogtans het die geweldige warm Februarie ons veld seer gemaak en ons kyk ook al weer uir vir reen.
Die ligte skraal lammers in die mark is maar 'n tweesnydende swaard, jy kry minder kilogramme en swakker prys per kilo.
Hopelik tel die ekonomie ook bietjie kop op sodat die publiek meer vleis kan koop.
Onthou net, RSA is 'n netto invoerder van vleis. Byt maar vas, ons het die Suidwesboere nodig.

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Mar 03, 2013 8:01 pm
by wlm
Nou lyk dit so vir eerskomende week. A2/3 R38.00 en C2/3 R28.00
Hoor van onder R35.00 in Nam.

Re: Vleisprysse

Posted: Mon Mar 04, 2013 5:59 pm
by Jassie
Manne nou lyk dinge nie meer mooi nie.

Die "retail" het die publiek nou mooi geleer hoe noedels met 'n chemiese wortel en beetsous smaak. Inteendeel, het die verbruiker vergeet hoe vleis smaak? R38-00 is nie 'n prys vir produsent nie. Veral as stukke/pakkies vleis nog steeds in die laat negentigs ronddraf (120% winstoeslag). Verder lees ek in die pers dat voedsel inflasie steeds hardnekkig vorentoe beur, maar teen die huidige neiging van die produsente prys van vleis en groente is dit mos eerder deflasie.

Vir my is die redenasie (bo genoem) van meer vra omdat jy minder verkoop ook gatkant voorentoe en 'n swak besigheids beginsel- hoekom vra jy dan nie maar 'n R-miljoen vir die laaste kilo nie- wag tot dit vrot is en maak dan jou besigheid toe.

Al wat ek weet is dat iemand besig is om wetend en/of onwetend produsente se gatte toe te steek. Ek hoop hulle het ander eetgoed om aan die publiek te verkoop as die boere ook nie meer daar is nie.

Oor kommunikasie in die bedryf wil ek my nie eers uitspreek nie- die man op straat raak, na my oordeel, net meer en meer oningelig. Dus voer iemand op hierdie front ook maar die boere 'n "vrugtige"windjie.

Miskien leer iemand my iets wat ek nie geweet het nie. Dit voel net dat die boodskap nou gou moet kom.

Help my asb
JAS

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Mar 05, 2013 8:50 am
by ROBBIE1
Ek het sopas vleis bestel van die groothandelaar af, Cgraad ooie R41-50+btw, A2/3 lam R48-95+btw. Die daling in pryse kom nie deur na ons slaghuise toe, weet nie hoe lank dit dan nou eintlik vat om die mark te bereik nie??????????

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Mar 05, 2013 5:12 pm
by wlm
Robbie
Ons abattoir laai in Durban af so ek weet nie wat aan die rand gebeur nie. Ek hoor (so dit is nou nie evangelie nie) dat Nam-lammers die week in Durban af afgelaai word vir tussen R35 en R39.

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Mar 05, 2013 6:35 pm
by Kalahari
wlm

Ons bruto slagpys is hierdie week gemiddeld tussen R35 en R36.50. Elke week omtrent met R1 of R2 negatief.

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Mar 05, 2013 6:39 pm
by wlm
Ons wissel van R38-50 tot R40-00. C-grade af na R28-00, Dit beteken meer as R100 per ooi.

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:41 am
by Chevvy SS
Kalahari wrote:wlm

Ons bruto slagpys is hierdie week gemiddeld tussen R35 en R36.50. Elke week omtrent met R1 of R2 negatief.
Kalahari, is julle nog steeds 1 op 6?

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Mar 06, 2013 9:41 am
by Kalahari
Chevvy more

Ons is nog 1 op 6 huidig, maar dinge verander nou. As die slagpale jou nie binne 21dae met slagbeurt kan akkomodeer nie, moet hulle jou brief gee, hierdie brief moet jy 2x kry ( 2 slagpales). Met hierdie briewe kan jy dan skaap oor die grens vat om in SA te slag.
Daar is nog 'n 2de opsie, maar dit is net vir NIE MARKKLAAR diere. Veilings gehou vir slegs hierdie diere en dan kan kopers van SA ook inkom, maar die diere gaan dan uitsluitlik vir die voerkrale. Dus is die grens basies oop, maar met sekere voorwaardes en ek dink sodra die ergste stof gaan lê het gaan die grens maar weer toegaan en ons sal terug wees op die ou stelsel wat NIE vryemark is nie! >:(

So ons sal maar moet kyk wat nou gaan gebeur. Daar is dalk sprake dat die Nam regering gaan kyk na subsidies vir droogte boere.

Groete
Johan