Ek bekyk en geniet jou videos baie en wonder nou so. Hoe lank is n tiepiese aand vir jou?
Want hel jy mors met hulle en waneer se jy vir jouself vannaand is nou genoeg want more moet ek werk.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Oct 11, 2018 3:44 pm
by Geno
Dankie Rupert.
Die jakkalsjagtery is 'n groot deel van ons werk, so dit meng nie heeltemal in nie. 'n Tipiese week waar ek moet jag en toerusting smous is wel effe deurmekaar.
Ek sal bv. slaap tot 9h as ek die vorige nag gejag het, dan werk op e-posse, whatsapps bestellings en so aan tot 13h00 en dan slaap tot 17h00 en uit ry na die jagplaas toe as dit naby die huis is of op kit en wag vir donker voor ek uit ry as ek slaap waar ek jag. Dis gewoonlik as ek verder as 200km vanaf Bloemfontein jag. Indien nader, sal ek huistoe ry na die aand se skiet. Ek jag dan tot die jakkalse op raak, die veld dood raak, of tot dit dag lig raak. Dan is dit weer slaap tot 9h en alles van voor af doen. Ek jag wel deesdae baie minder as voorheen. My gesin en smouswerk hou my redelik besig.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Oct 11, 2018 3:51 pm
by Eugene
Geno, verskoon my onkunde, maar kyk jy deur die ATN as jy skiet of skiet jy "van die screen af"?
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Oct 11, 2018 3:53 pm
by Geno
Jy kyk soos n teleskoop deur hom.
Jy kan ook met die scope na 'n foon of tablet toe stream.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Oct 11, 2018 5:28 pm
by naas222
Wat het gebeur daar by jak nom 2.. klink soos n lee kamer
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Oct 11, 2018 5:36 pm
by Geno
Presies net dit. Ek het vergeet om n pit in die loop te sit.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Oct 11, 2018 5:43 pm
by naas222
Kyk dit vat n man op n perd nie n bediende op n donkie om daai fout te erken wat nog te sê wys
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Oct 11, 2018 5:44 pm
by johans
dis maar die moeilikheid van jakkals jag,as jy die volgende dag kan slaap is dit reg,maar as jy heel nag gejag het en 6uur moet jy begin werk met geen slaap deur die dag nie dan sukkel dit
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Fri Oct 12, 2018 7:00 pm
by ricus 1
Will gou by jou hoor Geno. Ek sien die maan was donker maan toe jy geskiet het. Maak dit 'n verskil vir jou? Hoekom ek vra is. Op die plaas Waar Ek Skiet gaan Daar niks Aan op 'n donker maan nie. Ek het nou al 15 jakkalse daar geskiet en elke keer was die maan 40% tot 65%. Groete Ricus
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Nov 20, 2018 10:29 am
by Geno
ricus 1 wrote:Will gou by jou hoor Geno. Ek sien die maan was donker maan toe jy geskiet het. Maak dit 'n verskil vir jou? Hoekom ek vra is. Op die plaas Waar Ek Skiet gaan Daar niks Aan op 'n donker maan nie. Ek het nou al 15 jakkalse daar geskiet en elke keer was die maan 40% tot 65%. Groete Ricus
Ek jag gewoonlik deur die maan siklus. Dit kan wees dat jakkalse by jou nie aktief jag in die donker nie omrede hul nie so goed dan kan sien nie.
Lekker man.. by die 2 de jakkals was daar iets in die voorgrond.. wat was dit?
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Nov 20, 2018 12:17 pm
by Geno
Dis n haas
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Nov 21, 2018 8:54 am
by pieter h
Netjies Geno altyd lekker om die videos te kyk .
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Dec 19, 2018 9:32 am
by Geno
So paar kills van die laaste 6 nagte se jag werk. Daar is 'n klomp met lig en dimmer ook geskiet. 78 in totaal is in die tydperk gedood. https://youtu.be/5ToTCSL276I
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Dec 19, 2018 9:48 am
by pieter h
Netjies Geno bly lekker om na te kyk,julle laat dit altyd maklik lyk.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Dec 19, 2018 10:20 am
by naas222
Wat betaal n boer per ystervark
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Dec 19, 2018 10:21 am
by Marc
Mooi gegooi maat, dis bietjie werk daai
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Dec 19, 2018 11:29 am
by DawieKotze
Siestog! Die arme ou goedjies het ook geen kans as jy hulle eers in die oog het nie!
Netjies Geno! Julle mag maar skiet!
Hoeveel jakkelse is die meeste al wat jy in een aand op 'n plaas geskiet het?
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Dec 19, 2018 11:55 am
by Geno
DawieKotze wrote:
Hoeveel jakkelse is die meeste al wat jy in een aand op 'n plaas geskiet het?