Het 01-12 Jul verlof ingesit.
Gaan Springbokke jag op
La Rochelle Lodge (tussen Tsumeb en Tsintsibis) en my kudu soek op plaas
Bethanie.
Ek het 3 weke terug op Bethani vir die boer n kudu geskiet, plankdwars gestaan en in die oor, was 'n 1 horing bul wat hulle al lankal soek, die af horing het die plaas eienaar self afgeskiet n paar jaar terug, hy het 178 Kg uitgeslag.
Dit was die eerste bloed wat die 6.5 CR getrek het.
Vir myself gaan ek na n jong bul kyk - dis onmoontlik om in die swarthaak bosse te stap tensy jy n middeleeuse armor suite aan het. So die kudu jag sal hoofsaaklik n voorsit wees.
Ek besef daar is manne wat letterlik oor n duisend KM's ry vir n jag dus ag ek myself bitter gelukkig om albei jagte te kon vasmaak binne 40 km radius van my af.
Hier is kaarte wat my komende jag/skiet-plekke aandui.
La Rochelle Lodge.pdf
Bethani.pdf
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.