stoffel pantoffel wrote:pieter h wrote:stoffel pantoffel wrote:
Hi naas. Dis by 'n veepos en werker se hy hoor 'n jakkals so nou en dan. Maar waar hy hom hoor is ander kant van sloot so 1km weg van waar gevang. Sloot het water in maar hul sal seker erens 'n plek kry om oor te kom. Moet ek dalk maar gaan roep waar die werker nou en dan een hoor roep?
Sent from my SM-A310F using Tapatalk
Stoffel as jy nader kan beweeg aan waar hy vroeg aand en oggend skreeu Sal jy jou kans verbeter.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek gaan hom vanaand maar weer probeer nader aan sy roep plek. Dankie Pieter.
Enige voorstelle vir roeppe? Kos en enkel jakkals?
Sent from my SM-A310F using Tapatalk
Hi Stoffel.
In enige jag is daar een ding wat baie beek agter weë bly, veral as jy self skade ly.
Location Location Location!
Deur net in die kern gebied van die jakkals te wees is jou kans klaar 90% dat jy hom gaan skiet. Al sit jy in doodse stilte sonder enige roep!
Onthou waneer jy daar aan gery kom met jou bakkie in sy/haar kerngebied dan weet jak se kind gewoonlik eintlik al klaar van jou! En as jy op sy voorstoep gaan sit in doodse stilte is die kans uiters goed dan sy nuuskierigheid gaan oorvat en hy gaan kom ondersoek instel.
Ek persoonlik voel dat te veel van klanke gemaak word en te min van waar jy die klanke speel!
Verder onderskat mense daai goue klank met die naam van STILTE!
Te veel keer het ek gesien en gehoor van mense wat plekke bombardeer met klanke waar jou sukses heel moontlik beter kon wees met geen klank nie.
Ek sê nie verkoop jou roeper nie, maar wees uiters versigtig om n gebied te oor roep!
As jy nie seker is waarmee jy te doen het nie sou ek sê hou by kos. En hou dit by min roep en laaaaang stilte periodes (begin met ten minste 15 min stilte vandat jy op jou stoel geluidloos sit) Hou die volume ook maar laag. Geen jakkals sien kaans vir daai 25 kg haas nie!
As jy seker is dat jy die kern gebied opgespoor het. Dan kan jy maar langer as n uur bly. ( maar ek sal net roep in die eerste uur, daar na stilte...)
As hy nie per ongeluk daardie aand vir sy skoonma gaan kuier het nie is ek redelik seker jy sal sukses behaal!
Goete
Jaco
Sent from my SM-A320F using Tapatalk