Page 18 of 24
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 03, 2020 2:55 pm
by 416Buffel
Drie Kalahari leeus in September se langnaweek. Ander wild in Augustus se langaweek.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 03, 2020 3:13 pm
by Mellies
ruaanb wrote: Fri Jul 03, 2020 2:00 pm
My bul het toe gister die jong bulletjie gekry.
Mooi jongman!
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 03, 2020 5:26 pm
by Lategan1
Lekker man pa se bulletjie. Watter distrik is dit met die kouefront in die agtergrond?
Beste.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 03, 2020 6:40 pm
by ruaanb
Overberg. Erg trots op die mannetjie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jul 03, 2020 6:52 pm
by Lategan1
Gewonder oor die sandgrond op die voorgrond. Jip, dit is n voorreg.
Beste.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Jul 04, 2020 11:43 am
by Grobbieb
dehacked wrote:Ek is Sondag oppad vir 'n week. Lê saans wakker in afwagting en kyk YouTube jag videos elke oomblik wat ek kan. Gewere en pakkasie staan als klaar reg om gelaai te word. Nou is dit vader tyd en sy nukke. Sekondes voel soos ure wanneer jy wil hê dit moet verbygaan en ure soos sekondes wanneer jy nie wil hê dit moet verbygaan nie...
Ons noem dit skiets.
Ry Donderdag vir 3 dae. Kudu en springbokke en dalk n Eland.
Kan nie wag nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun May 02, 2021 7:19 am
by Mellies
Daarsy manne.
Dit is weer sulke tyd.
Vertel bietjie wie ry binnekort waarheen en wat is op die spyskaart.
Ons ry e.k. Dinsdag VRRROEG berge toe.
Rooihartebees
Springbok
Blesbok
Takbok
Rooiribbok
Kudu
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun May 02, 2021 8:13 am
by J.A.N
Ons ry 19 Mei Big Water toe vir
Springbok
Eland
Kudu
Gemsbok
Vlakvark
En miskien Swart Wildebees en Blesbok
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun May 02, 2021 1:14 pm
by Eduard Venter
Ek is nou al so lus vir jag na al hierdie gepraat daarvan. Kon ten minste 2 weke gelede 'n skoot inkry. Vir die res is dit maar jag met kliënte. Dis nie dieselfde nie maar ook lekker.
Ons is sterk op pad huis toe na ons my jagters se laaste bokke opgelaai het. Ek vra toe of dit reg is as ek vir my ook ietsie pot synde hulle klaar is en hulle stem toe in. Kry 'n mooi trop rooibokke (90+) maar hulle beweeg dadelik die ruigtes binne waar dit amper onmoontlik is deur al die takke. Eventueel hardloop hulle weer en wraggies gaan staan 'n ooi heel agter deur die enigste opening op so 200m. Ek sien basies net die gedeelte tussen haar oog en oor en besluit om die skoot te vat.
Groot was my verbasing toe ons daar aankom...
IMG-20210418-WA0032.jpg
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun May 02, 2021 8:11 pm
by Maroelas
Ek draai Woensdagoggend my bakkie se neus in Potgietersrus se rigting.
Het nie laasjaar gejag nie (eerste seisoen in 14jaar wat ek nie gejag het nie), so ek is so opgewonde soos 'n laaitie op Oukersaand!
Maak einde Julie weer 'n draai op dieselfde plaas, dan is dit vriende wat jag.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun May 02, 2021 9:00 pm
by Diesel Dog
[quote="Eduard Venter" post_id=845967 time=1619954043 user_id=8667]
Ek is nou al so lus vir jag na al hierdie gepraat daarvan. Kon ten minste 2 weke gelede 'n skoot inkry. Vir die res is dit maar jag met kliënte. Dis nie dieselfde nie maar ook lekker.
Ons is sterk op pad huis toe na ons my jagters se laaste bokke opgelaai het. Ek vra toe of dit reg is as ek vir my ook ietsie pot synde hulle klaar is en hulle stem toe in. Kry 'n mooi trop rooibokke (90+) maar hulle beweeg dadelik die ruigtes binne waar dit amper onmoontlik is deur al die takke. Eventueel hardloop hulle weer en wraggies gaan staan 'n ooi heel agter deur die enigste opening op so 200m. Ek sien basies net die gedeelte tussen haar oog en oor en besluit om die skoot te vat.
Groot was my verbasing toe ons daar aankom...
IMG-20210418-WA0032.jpg
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
[/quote]
As n klient daai skoot geneem het was hy in die 11.1.11 deur AG Visser
DD
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon May 03, 2021 6:39 am
by Eduard Venter
Haha ja DD net so. Was verseker 'n fout aan my kant omdat ek haastig was. Net bly dit het goed uitgewerk.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon May 03, 2021 10:26 am
by Diesel Dog
Ek het n jagmaat wat saam springbok oes met n 300winmag en hy skiet hulle baie so doubleup koeels is duur.
DD
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 04, 2021 7:00 am
by Mellies
Da vat hy!
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 04, 2021 6:06 pm
by Mellies
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 04, 2021 6:26 pm
by Willeboer
Lekker Mellies, daai lyk nou baie bakgat. Skoon jaloers. Julle moet dit geniet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 04, 2021 9:19 pm
by jankraay
Ek en Eugene besoek more tot Sat die Bosveld...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 06, 2021 7:39 am
by Gian_dP
Amper tyd om pad de Aar toe te vat.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 06, 2021 8:58 am
by joe rocket
jankraay wrote: Tue May 04, 2021 9:19 pm
Ek en Eugene besoek more tot Sat die Bosveld...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Wonder of daar al n bokkie geval het.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 06, 2021 9:18 am
by Capt. Yoda
joe rocket wrote: Thu May 06, 2021 8:58 am
jankraay wrote: Tue May 04, 2021 9:19 pm
Ek en Eugene besoek more tot Sat die Bosveld...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Wonder of daar al n bokkie geval het.
Hulle staan nou eers op vir ontbyt
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 06, 2021 11:24 am
by Baas Rudi
Ons ry more Tweeling toe. Gaan probeer Lechwe, blesbok en springbok plat trek.
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed May 19, 2021 9:34 am
by J.A.N
Op pad Vrystaat toe!
Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 20, 2021 10:07 am
by Rudiejacobs
Ek en Carlc en 2 ander manne ry oor n week Pietersburg toe.
Nuwe plaas wat ons gaan besoek, maar dit lyk en klink baie belowend so ver.
Elande, BWB, rooi bokke en Kudu koeie is op die spyskaart.
Varke is natuurlik “target practice” en word nie alleen gelos nie.


Ons het ook laasjaar net dag jagte kon in kry, so die opgewondenheid loop hoog.
Kan nie wag om onder die melkweg n koue ene te geniet saam goeie pelle nie.
Rudie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri May 21, 2021 9:42 am
by Wouter Roets
Geniet dit manne!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Jun 01, 2021 6:48 pm
by Dale SH
Our group leave early tomorrow morning for the Eastern Cape
Springbuck, Mountain Reedbuck and Kudu on the menu.