Page 18 of 41
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Mar 26, 2017 7:52 pm
by Johan Nel
Philip_R wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20170326/b905885a136f31154679b61efbd36e55.jpg
Dit vat net langer as wat mens dink.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Dit is verseker so.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Mar 26, 2017 8:29 pm
by Johan Nel
Ek het self na 'n lang stilte weer my hand aan staal geslaan. Ek het so bietjie probeer on 'n sg "Bird & Trout" mes te ontwerp en het seker 'n goeie agt of meer ontwerpe geprakseer. EK het vandag twee daarvan begin uitsny asook een Dan Comeau se ontwerpe. EK het ook eerstehands waargeneem wat se verskil daar in die kwaliteit van 'grinder' lemme kan wees. Ek kan Norton se Vulcan lemme met die groootste vrymoedigheid aanbeveel.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Mar 27, 2017 10:36 am
by ZKK
Goeie more manne.
Al weer ek, wat op soek is na materiale.
Weet iemand waar kan ek kameelperd been of "maple burl" in die hande kry?
Wil probeer om ietsie met dit te maak.
Groete
ZKK
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Mar 28, 2017 10:37 pm
by Philip_R
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Mar 29, 2017 6:45 am
by JTM
Philip_R wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20170328/00f2f28e3aff52b8793d52d3fb8b1408.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170328/a83631bd0d5d14369b82f6132946d98f.jpg
Nog net blink en skerp maak.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Apr 03, 2017 10:05 pm
by Philip_R
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Apr 04, 2017 8:14 am
by ZKK
Baie nice, watse staal het jy vir die bolsters gebruik?
En watse staal vd mes?
Groete
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Apr 04, 2017 8:18 am
by Philip_R
Ek het dit uit n solide stuk 440 stainless gegrind. Daar is niks laste op die staal nie, alles een stuk. En het plankies uit n stuk Kameeldoring gesaag vir die handvatsel.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Apr 12, 2017 8:30 am
by ZKK
Nog so paar wat ek nou al gemaak het:
Skaapvoet friction folder met n micarta handvatsel
[fva_Sk.jpg]
Biltong kerwer wat ek uit n gebreekte stoel gemaak het (tambotie hout)
[C360_2017-03-01-17-27-21-836.jpg]
En dan my laaste projek.
O1 carbon steel.
[C360_2017-03-01-17-27-21-836.jpg]
[C360_2017-03-01-17-27-21-836.jpg]
[C360_2017-03-01-17-27-21-836.jpg]
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Apr 12, 2017 8:32 am
by ZKK
[C360_2017-04-12-08-24-49-854.jpg]
[C360_2017-04-12-08-24-55-430.jpg]
[C360_2017-04-12-08-25-07-648.jpg]
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Apr 12, 2017 9:04 am
by Viking
ZKK
Jy is op spoed met die mesmakery!!!
Ek wil nog probeer micarta self maak...lyk maar na 'n morsige spulletjie, maar die eindresultaat is altyd iets besonders.
Waar kry jy die mosaic pennetjies?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Apr 12, 2017 9:44 am
by ZKK
Ek het hulle by KMTS gekoop al n hele ruk terug.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Apr 12, 2017 12:55 pm
by Johan Nel
ZKK,
Ek hou van die handvatselmateriaal van die laaste mes. Dit het nogals karakter.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Apr 12, 2017 1:07 pm
by henning
Viking wrote:ZKK
Jy is op spoed met die mesmakery!!!
Ek wil nog probeer micarta self maak...lyk maar na 'n morsige spulletjie, maar die eindresultaat is altyd iets besonders.
Waar kry jy die mosaic pennetjies?
Epoxy resin is net bietjie duur maar, n baie interesante project.
Groete
Henning
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun May 14, 2017 7:47 pm
by Johan Nel
En toe neem dit my meer as ses maande om oor my "Mental block" te kom en te begin met die hef. Mens maak net een keer jou eerste mes en ek was bang ek mors dit op. Die uiteinde was dat ek die hef se maak staan en oor-analiseer en nie tot uitvoer bring nie. Praat van "analasys paralysis"...
Gister die stap geneem en deurgedruk. Ek het nie regtig die gereedskap vir hierdie takie nie, maar het 'n bandskuurder gevat en, nadat ek die gidsgaatjies deur die houtblokkies geboor en die vorm van die hef op die blokkies afgetrek het, die bandskuurder op sy rug gekeer en die blokkies eers een-een begin skuur.
20170513_162756.jpg
Daarna het ek twee tandestokkies gevat en die twee blokkie daarmee geheg deur die gidsgaatjies en verder begin skuur. Nog later die twee blokkies met tandestokkies deur die hef aan die mes gesit en tot so naby moontlik aan die staal afgeskuur. Toe het ek die blokkies weer losgemaak van die mes en die buitelyne van hoe ek die hef gevisualiseer het daarop afgetrek met 'n podlood.
20170513_190126.jpg
Toe het ek die twee blokke weer aanmekaar gesit en op die bandskuurder begin afskuur wat moes af totdat ek tevrede was.
Dis waar ek nou is.
20170514_190425.jpg
Die blokkies se binnekante is vooraf mooi gelyk geskuur op 'n plat marmerblad en skuurpapier. Ek sien daar is wel klein gapinkies op plekke. EK dink egter dat 'n rooibruin liner net die ding sal wees om die hef bietjie op te jazz en om te help om die gapinkies te vul.
Volgende stap sal wees om die hefdele aan die hef self vas te sit met epoksie voordat die finale efwerking kan gebeur.
Terloops, die hout wat ek gebruik het is Kaapse Boekenhout van 'n stuk stomp wat ek hier plaaslik raakgeloop en van uitgesny het.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun May 14, 2017 7:51 pm
by Dries101
Johan Nel wrote:En toe neem dit my meer as ses maande om oor my "Mental block" te kom en te begin met die hef. Mens maak net een keer jou eie mes en ek was bang ek mors dit op. Die uiteinde was dat ek die hef se maak staan en oor-analiseer en nie tot uitvoer bring nie. Praat van "Analasys paralysis"...
Gister die stap geneem en deurgedruk. Ek het nie regtig die gereedskap vir hierdie takie nie, maar het 'n bandskuurder gevat en, nadat ek die gidsgaatjies deur die houtblokkies geboor en die vorm van die hef op die blokkies afgetrek het, die bandskuurder op sy rug gekeer en die blokkies eers een-een begin skuur.
20170513_162756.jpg
Daarna het ek twee tandestokkies gevat en die twee blokkie daarmee geheg deur die gidsgaatjies en verder begin skuur. Nog later die twee blokkies met tandestokkies deur die hef aan die mes gesit en tot so naby moontlik aan die staal afgeskuur. Toe het ek die blokkies weer losgemaak, die buitelyne van hoe ek die hef gevisualiseer het daarop afgetrek met 'n podlood.
20170513_190126.jpg
Toe het ek die twee blokke weer aanmekaar gesit en op die bandskuurder begin afskuur wat moes af totdat ek tevrede was.
Dis waar ek nou is.
20170514_190425.jpg
Die blokkies se binnekante is vooraf mooi gelyk geskuur op 'n plat marmerblad en skuurpapier. Ek sien daar is wel klein gapinkies op plekke. EK dink egter dat 'n rooibruin liner net die ding sal wees om die hef bietjie op te jazz en om te help om die gapinkies te vul.
Volgende stap sal wees om die hefdele aan die hef self vas te sit met epoksie voordat die finale efwerking kan gebeur.
Terloops, die hout wat ek gebruik het is kaapse Boekenhout van 'n stuk stomp wat ek hier plaaslik raakgeloop en van uitgesny het.
Netjies! Jy het my nommer skree as jy vashaak!
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun May 14, 2017 8:03 pm
by Johan Nel
Dankie Dries, ek maak so. Ek soek nou eers die regte kleur liner. Ek dink dit gaan die hout komplimenteer.
Ek het gou 'n olielagie op die hout gesmeer om te probeer weergee hoe die hout gaan lyk as dit afgewerk is. Vir my is dit mooi. Dis nie noodwendig in almal se smaak nie.
20170514_195519.jpg
20170514_195535.jpg
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun May 14, 2017 8:12 pm
by Dries101
Johan Nel wrote:Dankie Dries, ek maak so. Ek soek nou eers die regte kleur liner. Ek dink dit gaan die hout komplimenteer.
Ek het gou 'n olielagie op die hout gesmeer om te probeer weergee hoe die hout gaan lyk as dit afgewerk is. Vir my is dit mooi. Dis nie noodwendig in almal se smaak nie.
20170514_195519.jpg
20170514_195535.jpg
Rooi!!!
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun May 14, 2017 8:39 pm
by ZKK
Dit lyk baie nice Johan.
Hierdie is n lelike gogga as hy mens gebyt het.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun May 14, 2017 8:42 pm
by Philip_R
Baie mooi.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon May 15, 2017 10:16 am
by JTM
Sjoe julle manne vorder mooi.
My projekte het doodgeruk op die stadium. Ek hoop om die winter weer aandag te kan gee.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon May 15, 2017 11:41 am
by Jurgen Visser
Dit is baie mooi , maar dit klink vir my na net te veel werk en baie baie baie geduld , ek haal my hoed af vir julle manne
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon May 15, 2017 8:35 pm
by Johan Nel
Dries101 wrote:Johan Nel wrote:Dankie Dries, ek maak so. Ek soek nou eers die regte kleur liner. Ek dink dit gaan die hout komplimenteer.
Ek het gou 'n olielagie op die hout gesmeer om te probeer weergee hoe die hout gaan lyk as dit afgewerk is. Vir my is dit mooi. Dis nie noodwendig in almal se smaak nie.
20170514_195519.jpg
20170514_195535.jpg
Rooi!!!
Post Office Red...

Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon May 29, 2017 6:56 am
by ZKK
Goeie more.
Nog so enetjie wat klaar gemaak is vir n vriend.
Ek het bietjie probeer om n gehamerde finish of die lem te sit.
zzz.jpg
zzz1.jpg
zz3.jpg
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon May 29, 2017 7:59 am
by ruaanb
Netjies, die "look" gee so werksgevoel aan die mes.