Page 18 of 21
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Jan 17, 2016 2:57 pm
by Eduard Venter
Citfield wrote:Ek is in Pta. Ons sal graag bietjie iets wil kry om te slag.
Ons plaas is in dwaalboom dis bietjie ver van pretoria af. So 3 ure se ry en ons het nie fasiliteite om n bees op te sny nie. Ons verkoop maar ons bees lewendig.
Groete
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Feb 08, 2016 3:08 pm
by LDV
Vleisprys in bloemfontein is nogal rof.
het vanogend abatoir pryse gekry
A2-4 bees R38 n kilo
C2-6 Bees R30.5 n kilo.
Lam 2/3/4 R70 n kilo.
Hier le n rowwe jaar vir die verbruiker.
Pryse gan eers begin daal as daar weer genoeg mielies teen onder R3000 n ton gekoop kan word en dit is eers Junie 2017.
Re: Vleisprysse
Posted: Fri Feb 12, 2016 8:44 pm
by Diesel Dog
My slag lammers het vandag R1520.00 uitgeslag.R65/kg .Ek dink hy gaan voor paasnaweek R70/kg slaan.
Re: Vleisprysse
Posted: Fri Feb 12, 2016 8:54 pm
by Andre308
Ek sien hier kom moeilike tye. Dit is al n klomp jaar wat ons beleef waar jong gemiddelde salaris trekkers nie meer eiendom kan bekostig nie. As dinge so aan hou, dan gaan hulle ook nie meer kan kos koop nie.
Brent ruoile se prys is op die grond, en tjop nogsteeds met R12/l.
Ek voel soos n stuk biltong wat opgehang is. Ek sien dinge verdamp uit my budget soos tyd loop, maar daar is niks wat ek kan doen nie.
Re: Vleisprysse
Posted: Fri Feb 12, 2016 8:57 pm
by dehacked
Trek papie trek. Boodskap word elke dag duideliker.
Re: Vleisprysse
Posted: Sat Feb 13, 2016 7:00 pm
by Diesel Dog
dehacked wrote:Trek papie trek. Boodskap word elke dag duideliker.
Waarheen ?Gemiddelde ou in Europa huur woonstel en ry met n f@kken fiets werk toe.
DD
Re: Vleisprysse
Posted: Sat Feb 13, 2016 7:02 pm
by dehacked
Gemiddelde ou in eu get nie met onse mense te doen nie.
Re: Vleisprysse
Posted: Sat Feb 13, 2016 7:19 pm
by Diesel Dog
dehacked wrote:Gemiddelde ou in eu get nie met onse mense te doen nie.
Hulle noem hulle net Oos europeƫrs ,Turke,Marokkane, Algiers ens.
Re: Vleisprysse
Posted: Sat Feb 13, 2016 10:30 pm
by Andre308
Diesel Dog wrote:dehacked wrote:Trek papie trek. Boodskap word elke dag duideliker.
Waarheen ?Gemiddelde ou in Europa huur woonstel en ry met n f@kken fiets werk toe.
DD
Elke plek het maar sy versteekte 11.1.11 in daai lang groen gras wat jou aantrek!
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 10:35 am
by Capt. Yoda
Nee wat hulle kan my nie genoeg geld betaal om in Europa te gaan bly nie, Texas toe sal ek gaan anders sit ek net hier
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 1:31 pm
by Baasvark
Diesel Dog wrote:My slag lammers het vandag R1520.00 uitgeslag.R65/kg .Ek dink hy gaan voor paasnaweek R70/kg slaan.
Reeds plekke in die rand wat die week op R74.00/kg gedraai het....
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 5:29 pm
by Diesel Dog
Baasvark wrote:Diesel Dog wrote:My slag lammers het vandag R1520.00 uitgeslag.R65/kg .Ek dink hy gaan voor paasnaweek R70/kg slaan.
Reeds plekke in die rand wat die week op R74.00/kg gedraai het....
Is dit btw ingesluit?Iets wat die publiek nie altyd van bewus is nie is dat die staat se marge in die waarde ketting die grootste is.
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 5:33 pm
by ruaanb
gister by plaaslike slaghuis R150 per kg vir lion choppies gesien
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 5:54 pm
by Diesel Dog
ruaanb wrote:gister by plaaslike slaghuis R150 per kg vir lion choppies gesien
Dis n bargain vir Cecil se choppies, hulle moet nou al lekker ryp wees.
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 7:15 pm
by johans
die hoe vleispryse is vir ons baie goed.ek voer al van laasjaar april af elke dag.teen r220 n 50kg sak voer kan jy maar die som maak.dit beloop tussen 80-120k n maand en dit het nogsteeds nie gereen nie.
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 7:21 pm
by cassie_calvinia
pryse nou goed, want hier is nie baie lammers nie.
dit sal weer val.
rak die vleis te duur, sal die aanvraag ook minder raak.
iewer kant, sal ons tog nie regtig wen nie
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 8:13 pm
by Diesel Dog
johans wrote:die hoe vleispryse is vir ons baie goed.ek voer al van laasjaar april af elke dag.teen r220 n 50kg sak voer kan jy maar die som maak.dit beloop tussen 80-120k n maand en dit het nogsteeds nie gereen nie.
Ek weet die voerdery is duur en arbeidsintensief ,ek het toe vir my lek voerders gebou wat 1000kg kleingraan kan hou die voerders kan gestel word om die skaape se inname tot 200g per dag te beperk .Ek sit 200 droƫ ooie op een bak en 100 ooie met lammers.die skaape het net met hul tonge toegang tot die kos en as hulle eers besef dat daar altyd kos is kompeteer hulle nie vir krip spasie nie .Die boere in my omgewing het na hulle die stelsel gesien het al 70 bakke bestel.
http://oi65.tinypic.com/24pxlkn.jpg
http://oi65.tinypic.com/2yuy7vd.jpg
http://oi65.tinypic.com/2958oxi.jpg
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 9:53 pm
by savage(P Coetzer)
Wat vra jy vir so bak?
Re: Vleisprysse
Posted: Sun Feb 14, 2016 10:42 pm
by Diesel Dog
savage(P Coetzer) wrote:Wat vra jy vir so bak?
Het jou PM gestuur
DD
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Feb 15, 2016 6:51 am
by Baasvark
Diesel Dog wrote:Baasvark wrote:Diesel Dog wrote:My slag lammers het vandag R1520.00 uitgeslag.R65/kg .Ek dink hy gaan voor paasnaweek R70/kg slaan.
Reeds plekke in die rand wat die week op R74.00/kg gedraai het....
Is dit btw ingesluit?Iets wat die publiek nie altyd van bewus is nie is dat die staat se marge in die waarde ketting die grootste is.
Voor BTW!!!!
Diesel Dog wrote:Baasvark wrote:Diesel Dog wrote:My slag lammers het vandag R1520.00 uitgeslag.R65/kg .Ek dink hy gaan voor paasnaweek R70/kg slaan.
Reeds plekke in die rand wat die week op R74.00/kg gedraai het....
Is dit btw ingesluit?Iets wat die publiek nie altyd van bewus is nie is dat die staat se marge in die waarde ketting die grootste is.
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Feb 15, 2016 7:56 am
by Carl
Ek het Donderdag by Food Lovers gestop. Hulle was nog oop en ek verkies om heel snitte te koop. Die klaar verpakte goed is soms klaar te ryp

Ek sien toe daar is vakuum verpakte Karan Beef snitte, die ander is reeds koelkamer toe. Die ribeye (geen prys) is genoeg vir ons gesin, die heel porterhouse was 119/kg. Ek vra die man moet hom weeg en sommer kyk wat is die prys......
........
R209.99/kg

! Nou ja porterhouse is ook lekker

Re: Vleisprysse
Posted: Mon Feb 15, 2016 11:55 am
by WILLEBEES
Hierdie prys Saterdag gesien in SPAR naby Irene...
As dit nou nie blatante uitbuiting in die ergste graad is nie dan weet ek wragtag nie.
Ek is sprakeloos.
Lyk my sommige besigheid eienaars het sommer besluit om gou ryk te word voor die produsentepryse rerig beigin rof raak...
IMG-20160214-WA0001[1].jpg
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Feb 15, 2016 12:08 pm
by Carl
Die spesifieke produsent het 'n baie groot aandeel in die value chain, baie meer as die gemiddelde boer.
Jy moet darem ook weet Midstream se Spar is amper soos Piet du Toit se wildveiling

nie plek vir arm gatte nie.
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Feb 15, 2016 12:13 pm
by WILLEBEES
Ek dink nog steeds dit is 'n rip-off
Re: Vleisprysse
Posted: Mon Feb 15, 2016 1:07 pm
by Carl
WILLEBEES wrote:Ek dink nog steeds dit is 'n rip-off
Ek stem heelhartig saam met jou!