Spoor Bullet Company.

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
Post Reply
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Gou vanoggend gaan wetpacks skiet met SBC 338 225gr

Geskiet uit my 338 WM teen 2780fps

Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Arnold »

Daai lyk baie mooi, soos altyd ;)
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by jdpretorius »

Shoe, daai lyk netjies !

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by Frederik »

Boring boring boring die koeels bly net presteer.

9 Mei gaan loop ek en toets die 7mm 160gr op wild.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by DWB »

Netjies!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Apie »

Ek dink ‘n 85gr SBC uit my 6x45 @ 2650fps gaan ‘n bosveld masjien wees!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Apie wrote:Ek dink ‘n 85gr SBC uit my 6x45 @ 2650fps gaan ‘n bosveld masjien wees!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis juis my plan vir my 6x45 ook.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Michael vanzyl
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Mon Nov 25, 2019 11:56 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by Michael vanzyl »

Hi Rudi.

Hoop dit gaan goed.

Sal jy asb vir my pryse kan gee op die 308 koeels?

My nommer is 084 584 0405.

Baie dankie
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

.338 225gr in vol produksie.

Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Louisdewet
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Louisdewet »

Lekker Rudi!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Het nou baie voorraad van 7mm 160gr , .308 150gr en 180gr
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by Lapua »

Johan Nel wrote: Sun Mar 31, 2024 2:41 pm Daai .264 in 130gr op die lysie van toekomstige koeëls het my nou opgewonde!
Absoluut
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Pvdw »

Rudi Fischer wrote: Mon May 13, 2024 6:34 pm Het nou baie voorraad van 7mm 160gr , .308 150gr en 180gr
Ek is sommer lus en koop 'n 7mm!!
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Daar word dalk n 270 en 6.5 die week getoets.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Basjan123 »

Is daar dalk 6,5 120 gr op die kaarte asb?
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Philip J »

Rudi Fischer wrote: Wed May 15, 2024 10:17 am Daar word dalk n 270 en 6.5 die week getoets.
FANTASTIES!
Groetnis
Philip
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

So bietjie die naweek gevorder met koeel ontwikkeling.

.277 150gr
.264 140gr

Ek besluit nog of dit n 6.5 140gr gaan bly of n 130gr gaan word.
Daar sal verseker n 130gr in .277 wees.


.277 150gr
Image

.264 140gr
Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 198
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Dash431 »

Ek koop sommer n 270
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Diesel Dog »

Rudi laat weet sodra ons 6.5 koeels kan bestel .Gaan einde Jullie eland jag en will hulle in my 6.5x55 ai probeer met rel 26 skat hier by 3050fps vir 140gr.

DD
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Diesel Dog wrote:Rudi laat weet sodra ons 6.5 koeels kan bestel .Gaan einde Jullie eland jag en will hulle in my 6.5x55 ai probeer met rel 26 skat hier by 3050fps vir 140gr.

DD
Naand DD

Skiet hulle later die week in wetpacks in.
En as ek happy is met akkuraatheid en werksverrigting dan behoort dit so twee weke weg te wees .
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by jdpretorius »

Daai 150 gr .277 maak n 270win dalk net meer van ñ volwaardige bosveld kaliber.....ek hou duime vas dat hy mooi maak.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by Frederik »

Was die naweek weg vir 'n lekker jag teen die Limpopo en ek dink ek het die 7mm 160gr koele mooi getoets.
skiet 2600fps uit my CZ 550 7x57.

1 x Koedoe koei quartering frontal blad in net voor blad ander kant uit op blad sy het 40 meter gemaak. skoot afstand 120 meter sy het 78kg uitgeslag
1 x Koedoe koei amper plank dwars net agter blad in op blad uit sy het 30 meter gemaak. Skoot afstand 100 meter sy het 82kg uitgeslag
1 x groot eland koei guartering voor linker been in en koeel gevind oorkanste blad net onder die vel. Skoot afstand 70-80 meter sy het net 30 meter gemaak. Sy het 196kg uitgeslag.
1 x groot rooibok ram aspris op knoppe geskiet om die bok daar te lat val in en uit skoot afstand 90 meter net daar geval. hy het 40.2kg uitgeslag
Laastens moes vark beer wat nie mooi geskiet is deur ander jagter gou vinnig afmaak met lae kopskoot vark was bakleierig, koeel is nie gevind nie maar vark het net daar gerol afstand 15 meter.

Ek is baie gelukkig met die koele fotos sal volg hulle groepeer mooi bitter min vleisskade en my verbaas op die eland. Ek moet byvoeg persoonlik as ek weer daar gaan jag sal ek die 375 liewers wil vat met die eland nie omdat die koeel nie gaan werk nie maar 160gr is maar lig op groot eland as jy op 'n hoek moet skiet.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1868
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Dog ek gee julle so bietjie feedback.

So het gister middag Bullet Files in QL gemaak vir die 6.5 140gr en 270 150gr.

Hulle gister aand gelaai en gou vanoggend gaan skiet om spoed te kry sodat ek kan ordentlik laading maak vir as ek volgende week Wetpack en vir groepe skiet.

Was op 100m gewees.

Ek het perongeluk my laaste skoot met die 6.5 getrek. Maar het darem n begin punt nou.

270 150gr
Image

6.5 140gr
Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Zane de Beer »

Nog so bietjie van Rudi se medisyne...

150gn SBC in my vrou se .308Win teen 'n rapsie oor 2800fps (VV N540)
SBC150.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by Frederik »

My lekker uitstappie met die 7x57 en die 160gr SBC koeels gelaai teen 2600fps uit my CZ550

Image
Koedoe koei no.1 amper plank dwars gestaan skoot in op die voorkant van blad en uit net agter die blad anderkant. Hart skoot
Skoot was so 120 meter sy het so 40 meter gemaak voor sy gaan le het.

Image
Koedoe koei no.2 nie heeltemal dwars gestaan nie net agter blad in en op blad ander kant uit sy het sy 30 meter gemaak Hart Skoot
Skoot was so 100 meter vroeg oggend.

Image
Eland koei sy het 196kg uitgeslag was 'n moeilike skoot want voorlyf het meer frontaal gestaan en die agterlyf meer dwars.
Het skoot in voor die regter been in my regter kant koeel is deur die swaar borsbeen en het opgeeindig net onder vel oorkanste skouer.
Skoot was geneem op 80 meter sy het dadelik mooi reaksie gewys en gespring en net 30 meter gemaak natuurlik eers so 5 minute gewag voor ons nader gegaan het.

Image
Jammer oor die swak foto maar moeilik om die 400kg dier te skuif vir fotos ;D
Ingangs wond voor regter been.

Image
Koeel net onder vel op oorkanste skouer.

Image
Koeel onder vel

Image
Eland deur helfte gesny sien die min skade deur die dik borsbeen

Image

Image

Image

Herwinde koeel 151gr uitgeweeg van die oorspronlike 160gr

Laastens rooibok ram so op 70 meter mooi dwars gestaan op knoppe geskiet dat hy daar val vir spesiale foto.
Koeel in en uit natuurlik.

Image
Links 7x57 rooibok meet 24 1/4" en regs jonger ram met die 6.5x55 2 minute uitmekaar geskiet uit selfde trop.

Ek is baie gelukkig hoe die koeels presteer het hulle skiet raak op papier en werk mooi in die veld vleis skade was minimal jammer ek het nie heeltyd in die koelkamer rondgehang en meer fotos daar geneem nie maar meer tyd in die veld spandeer.
Post Reply