Page 19 of 21

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Feb 16, 2016 5:21 pm
by Eduard Venter
[IMG]//images.tapatalk-cdn.com/16/02/16 ... 667f11.jpg[/IMG]

Dit lyk of die vleispryse steeds gaan klim

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Feb 16, 2016 6:11 pm
by cassie_calvinia
(021) 910 3826 - Calvinia Vleis BELLVILLE
Calvinia skaap. dink hul vra die weerk R80/kg vir lam

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Feb 16, 2016 6:24 pm
by henning
Ek het seker so twee weke gelede rondom R60.00 per kilo betaal. Toe koop ek sommer 2 skaape by fruit&veg.
Lyk vir my dit gaan maar knor met die vleis prys.

Groete
henning

Vleisprysse

Posted: Tue Feb 16, 2016 7:01 pm
by Hein (Haan)
Vryburg abattoir vra nou hier by die R90 vir A graat rump. Dit is heel verpak en daar is +- 18kg in n boks.
Los hom so twee weke in die yskas en daai stuk ramp is murg sag.

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Feb 26, 2016 5:02 pm
by Eduard Venter
Brahaman verse 260kg het gister gegaan vir R23,08

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Feb 26, 2016 5:05 pm
by joe rocket
A2 lam in the die Paarl R 84.95

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Feb 26, 2016 7:54 pm
by henning
Ek dink dat Pick&Pay en Fruit&Veg martel die boere want hulle vleis pryse bly die beste.

Groete
henning

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Feb 26, 2016 8:00 pm
by BeesBreet
Ek het Woensdag C-graad vet koeie verkoop en R16 per kilo gekry... Gemiddelde gewig van 530kg

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Feb 26, 2016 8:12 pm
by henning
BeesBreet wrote:Ek het Woensdag C-graad vet koeie verkoop en R16 per kilo gekry... Gemiddelde gewig van 530kg
Ek kan dit amper nie glo nie. Nou wie maak geld met sulke pryse?

Groete
Henning

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Feb 26, 2016 8:49 pm
by BeesBreet
R16 per kilo lewendige gewig, is baie duur vir C-Graad

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Feb 27, 2016 7:43 am
by Eduard Venter
BeesBreet wrote:Ek het Woensdag C-graad vet koeie verkoop en R16 per kilo gekry... Gemiddelde gewig van 530kg
Dis nie sleg nie. Ons koeie het so net oor die R15 per kilo gegaan maar hulle was bietjie maer.

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Feb 27, 2016 7:55 am
by BeesBreet
Ja dinge gaan moeilik raak vir die verbruiker, sien nou my vetstes het amper R17 gegaan... Dis n paar maande terug se supers prys gewees

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Feb 27, 2016 8:33 am
by Flip Fouche
Jip. C-grade gister op Vryburg veiling 13 koeie weeg 666 @ R17.64. Dit was besondere mooi koeie.

Slagpryse hier is vir A-grade R38.50

Groete

Flip

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Feb 27, 2016 8:54 am
by 222 Sako
Slag goed se pryse is baie goed.

Teeldiere is egter heel n ander storie. Boere verkoop koeie met kallers vir wat hul gaan op die veilings, want hulle het nie meer kos vir hulle nie. Dinge lyk maar sleg met die veld en die winter le voor ons. Van die gesaaides by ons rond praat ek nie eers nie.

Die manne wat kan vasklou se teelgoed gaan in goud verander.

Punt wat ek wil maak is, ek is jammer vir verbruiker maar ook vir elke boer wat met n traan in sy oog sy laaste geliefde diere gaan verkoop en weet hy sal dalk nie weer kan boer nie.

Ons kan net op ons kniee bly!

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Feb 27, 2016 10:49 am
by Eduard Venter
222 Sako wrote:Slag goed se pryse is baie goed.

Teeldiere is egter heel n ander storie. Boere verkoop koeie met kallers vir wat hul gaan op die veilings, want hulle het nie meer kos vir hulle nie. Dinge lyk maar sleg met die veld en die winter le voor ons. Van die gesaaides by ons rond praat ek nie eers nie.

Die manne wat kan vasklou se teelgoed gaan in goud verander.

Punt wat ek wil maak is, ek is jammer vir verbruiker maar ook vir elke boer wat met n traan in sy oog sy laaste geliefde diere gaan verkoop en weet hy sal dalk nie weer kan boer nie.

Ons kan net op ons kniee bly!
As gevolg van die droogte het ons nou al ons beeste verkoop behalwe die koeie wat nog kalwers het. Ons voer hulle maar. Ons gaan n groot klomp wild ook moet afhaal hierdie jaar. Ons is woensdag en donderdg geseën met 44mm reën waarvoor ons ewig dankbaar is.

Re: Vleisprysse

Posted: Fri May 20, 2016 6:20 pm
by junglejulian
Het enige iemand n aanduiding van die slagprys van Lam en skaap asook bees die week?

Vleisprysse

Posted: Fri May 20, 2016 6:22 pm
by LDV
Bees A graad 38.5 bloem.
Lam was laasweek R56

Re: Vleisprysse

Posted: Sat May 21, 2016 6:27 am
by Henry 7
Die week R46 vir AB en R44 vir B grade gekry wat blykbaar 'n bulprys is.Moenie dink ons boere kry enigsins daai belaglike pryse nie.

Re: Vleisprysse

Posted: Sat May 21, 2016 9:53 am
by Dewitt
Lam R57
C-graad R38 by ons die komende week

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Oct 29, 2016 9:03 pm
by Eduard Venter
Het enige iemand onlangs beeste verkoop? Ek hoor van koeie wat tot oor die R20 per kilo gaan op party plekke

Sent from my LG-H735 using Tapatalk

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Oct 29, 2016 10:00 pm
by Parker
Eduard Venter wrote:Het enige iemand onlangs beeste verkoop? Ek hoor van koeie wat tot oor die R20 per kilo gaan op party plekke

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Nee mnr gaan bietjie op vleissentraal bosveld en download die nuutste weeklikse pryse. Maar indien jy my kan sê waar jou informant R20/kg gekry het, laat my weet sodat ek daarnatoe kan laai asb.

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Oct 30, 2016 6:49 am
by Eduard Venter
Dankie Parker dis hoorsê gewees dis hoekom ek kom vra het haha.

Sent from my LG-H735 using Tapatalk

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Oct 30, 2016 8:49 am
by BeesBreet
Dit was seker een koei wat "no-vat" verkoop is en daar was n paar meneere wat moes koei slag wat teen mekaar gebu het... dit is beslis nie on moontlik nie.

Vet C graad loop nou tussen R17 en R18 by ons

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Oct 30, 2016 9:03 am
by Eduard Venter
BeesBreet wrote:Vet C graad loop nou tussen R17 en R18 by ons
Dis nie sleg nie. Wat gaan speenkalwers nou by julle? Ekt so paar tollies (+-200kg) wat ek kan verkoop maar ek wil hulle nog bietjie terughou aangesien ons nog redelik weiding het en ek glo dit gaan 'n mooi reënjaar wees.


Sent from my LG-H735 using Tapatalk

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Oct 30, 2016 9:06 am
by BeesBreet
Kalwers het ek nog nie rerig dop gehou nie, weet van n paar wat om en R22 gegaan het, maar ek weet nie wat loop die kalf prys nou nie